Buitelandse besit van myne gekritiseer

Deel op

Julius Malema se Ekonomiese Vryheidsvegters het ‘n sterk bondgenoot gekry in hul oproep dat die regering sogenaamde oordragpryse in die mynbedryf ondersoek.

Malema het hande geklap tydens ‘n vergadering van die parlement se portefeuljekomitee oor minerale hulpbronne Woensdag, toe die mynmagnaat en ANC-lid, Bridgette Radebe ‘n beroep op die Parlement gedoen het om dringend op te tree teen die praktyk van oordragpryse in die mynbedryf en nakoming met die mynbou-handves.

Radebe het voorgestel dat ‘n aantal probleme in die sektor – insluitende die arbeidsmarkonluste en diensleweringsprobleme in die mynbougemeenskappe – vermy kon gewees het as dit nie was vir die belastingontduiking van Suid-Afrikaanse myne nie.

Radebe het die parlementêre vergadering namens die Suid-Afrikaanse Mynbou-ontwikkelingsvereniging toegespreek. Die liggaam verteenwoordig myne in swart besit. Die komitee het die mynbousektor se unies en ander liggame, insluitend die Kamer van Mynwese genooi om uitdagings vir die sektor te bespreek.

Radebe het die regering gevra om stappe teen mynmaatskappye te neem wat versuim om te voldoen aan die transformasie en bemagtigingsteikens van die mynbou-handves.

Sy het mynmaatskappye daarvan beskuldig dat maatskappye in “buitelandse besit” versuim om die eienaarskaps-, plaaslike aankope- en veredelingsteikens na te kom. “Vir so lank as wat jy mense het wat jou ekonomie besit, sal hulle jou lot bepaal en die tyd het aangebreek vir ons dat daar aan die handves voldoen word. Ons kan nie voortgaan om te sit en slaap nie,” het Radebe gesê.

Radebe het daarop gewys dat die handves bepaal dat vanaf 1 Mei 2014, moet mynmaatskappye nie minder nie as 26% van eienaarskap aan “histories benadeelde” Suid-Afrikaners oorhandig en dit het nie gebeur nie. Sy het gesê haar vereniging het navorsing gedoen oor 49 maatskappye wat op die Johannesburgse Effektebeurs genoteer is, en gevind dat dié maatskappye R2,57 triljoen werd is. “As elkeen van daardie 49 maatskappye ten minste 26% aktiewe deelname aan die histories benadeelde Suid-Afrikaners gee, moet ons ‘n R669-miljard van aktiewe deelname in die hande van swart mense sien, maar dit gebeur nie.”

Sy blameer die gebruik van oordragpryse hiervoor en het bygevoeg dat die praktyk gelei het tot diensleweringsonrus, Marikana en baie arbeidsonrus, en ook ‘n invloed uitoefen op landelike gemeenskappe en die krisis in die land in die algemeen.

Sy het ook gesê dat dit belangrik om te vra hoeveel van die genoteerde maatskappye het ‘n swart uitvoerende hoof en of dit ‘n plaaslike swarte is. “Hoeveel van hulle het buitelandse swartes in diens in plaas van die bevordering van ons plaaslike swartes en maak hulle ‘n bespotting van ons transformasie deur te sê hulle is SEB, maar die mense kom uit die naburige lande?”

Radebe het gesê terwyl Suid-Afrika verhoudinge met naburige lande nastreef, moet dit “nie ten koste van die maak van ‘n bespotting van transformasie” wees nie.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.