Hamas-leier oorleef Israelse bomaanval

Deel op

Die Palestynse groep Hamas sê ‘n Israelse lugaanval Woensdag in Gasa wat Hamas se militêre leier geteiken het, was onsuksesvol.

Mohammed Deif, die leier van Hamas se militêre vleuel, Izz el-Deen al-Kassam Brigade, was nie by die huis toe die aanval uitgevoer is nie.

Sy vrou en kind is in die bomaanval dood wat volgens ooggetuies ‘n groot skudding veroorsaak het.

“Die hoof van die Izz el-Deen al-Kassam-brigades Abu Khaled lewe nog en neem die leiding van die militêre operasie,” het ‘n bron naby aan die Islamitiese beweging aan AFP gesê, wat Deif se nom-de-guerre gebruik het.

Die Israeliese vegvliegtuie wat ten minste vyf bomme op ‘n huis in die Sheikh Radwan omgewing van Gasa City laat Dinsdag gegooi het, was ten minste die vyfde Israeliese poging om Deif te vermoor.

Agt jaar gelede is Deif saam met ander top Hamas militêre amptenare op die grondvloer van ‘n drie-verdieping huis in Sheikh Radwan getref. Nege lede van ‘n familie op die boonste verdieping van die huis is vermoor, maar Deif en sy kamerade het ontsnap.

Die jongste aanval het sy vrou Widad, 28, en hul baba seun, Ali, saam met mede-inwoners Wafaa al-Dalo, 48, en haar twee seuns, Ahmed 18, en Mustafa 14, gedood. Die huis is in puin gelê.

Ronen Bergman, ‘n Israeliese joernalis wat spesialiseer in veiligheid het navorsing vir ‘n boek oor Israel se intelligensie en teen-terrorisme pogings gedoen.

Bergman sê: “Deif is die enigste top militêre figuur in Hamas wat so lank oorleef het. Die feit dat hy in staat is om verskeie sluipmoordpogings te ontsnap en te herstel van ernstige beserings het aan hom die beeld en prestige van ‘n koeëlvaste legende verskaf.”

“Dit was soos ‘n aardbewing,” het ‘n buurman, Abu Fayez al-Shorafa, die kragtige skudding van die aanval beskryf. “Almal het uitgegaan om te kyk wat gebeur het.”

Deif, nou 50, het ‘n simbool van Hamas se uithouvermoë geword.

Duisende Palestyne het ure later die begrafnisse bygewoon van Deif se vrou en kind in die Jabalya-vlugtelingekamp.

Die Palestyne het Dinsdag en Woensdag sowat 180 vuurpyle afgevuur op Israel, maar die meeste is onderskep. Geen ongevalle is in Israel aangemeld nie.

Israel het meer as 100 lugaanvalle sedert Dinsdag in die Gasastrook uitgevoer. Hamas het 23 sterftes, onder wie Deif se vrou en kind bevestig.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.