Zoeloekoning het nog nie grondeis ingedien nie

Deel op

Die Hoof-grondeisekommissaris het berigte ontken dat ‘n multimiljardrandse grondeis deur die Zoeloekoning Goodwill Zwelithini, en ander tradisionele leiers ingedien is, het RSG berig.

Nomfundo Gobodo sê hulle het nog geen eis van dié aard van die koning ontvang nie. Hy sê meer as 12.000 nuwe eise is reeds ingedien.

Die Ingonyama Trust het verlede maand gesê hy sal die koning help om die eis vir grond in minstens vier provinsies in te dien.

Die eis sal grond insluit wat sedert 1838 afgeneem is.

Ingevolge die wetgewing vir grondeise kan slegs grond geëis word wat sedert 1913 afgeneem is.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.