Die vreemde ontmoeting van Senator McCain met ISIS

Deel op

Amerika het hernieude lugaanvalle teen vestings van die Islamitiese Kalifaat in Irak uitgevoer, na dreigemente van die militante om ‘n tweede Amerikaanse joernalis te onthoof.

Pres. Barack Obama het bevestig dat die joernalis James Foley wel onthoof is en dat die video van Foley se dood eg is.

Die video wat vermoedelik in die Irakse of Siriese woestyn verfilm is, toon ook ‘n tweede Amerikaanse joernalis, Steven Sotloff, wat deur die groep aangehou word.

Die Kalifaat sê Foley is vermoor nadat Obama opdrag gegee het vir die lugaanvalle teen hul vestings in die noorde van Irak.

In Mei 2013 het Senator John McCain ‘n oënskynlike onwettige besoek gebring naby Idleb in Sirië via Turkye om te ontmoet met die leiers van die “gewapende opposisie” van Sirië. Sy reis is nie bekend gemaak nie, tot ná sy terugkeer na Washington.

Hierdie reis is moontlik gemaak deur die Syrian Emergency Task Force, ‘n Sionistiese organisasie gelei deur ‘n Palestynse werknemer van AIPAC, het The Passionate Attachment onthul. Mouaz Moustafa is glo ‘n navorser by die Washington Institute for Near East Policy.

In foto’s wat vrygestel is tydens McCain se besoek is die teenwoordigheid van Mohammad Nour, ‘n woordvoerder vir die Al-Nosra Front – dit wil sê, al-Kaida in Sirië – opgemerk waar hy saam met die Amerikaanse senator verskyn.

Nour het 11 Libanese Sjiïtiese pelgrims in Asas ontvoer. Toe McCain gevra word oor sy verskyning saam met die ontvoerder, het die senator beweer Nour het homself in die foto ingenooi sonder dat hy geweet het wie dit is.

Die saak het ‘n groot opskudding in Libanon veroorsaak en die gesinne van die ontvoerdes het ‘n klag voor die Libanese regbank teen Senator McCain vir medepligtigheid in die ontvoering gelê. Uiteindelik is ‘n ooreenkoms bereik en die pelgrims is vrygelaat.

Kom ons veronderstel dat Senator McCain die waarheid gepraat het en dat hy misbruik is deur Mohammad Nour.

Die doel van sy onwettige reis na Sirië was om die hoofde van die personeel van die Vrye Siriese leër te ontmoet. Volgens hom is die organisasie “uitsluitlik Siriërs” wat veg vir “hul vryheid” teen die “diktatorskap”.

Nog ‘n foto van John McCain en die hoofde van die Vrye Siriese leër het egter sy weg na die internet gevind. In die linker voorgrond sit Ibrahim al-Badri, waarmee die Senator praat, en neffens hom brigadier-generaal Salim Idris.

Terug van sy onwettige reis, het John McCain verklaar dat almal wat verantwoordelik vir die Vrye Siriese leër “gematigdes is wat vertrou kan word”.mccainisis

Maar sedert 4 Oktober 2011, is Ibrahim al-Badri (ook bekend as Abu Du’a) op die lys van die vyf mees gesoekte terroriste deur die Verenigde State van Amerika. Vandaar dus die onwettigheid van McCain se ontmoeting.

‘n Losprys van tot $10 miljoen word trouens aangebied vir enigiemand wat met sy inhegtenisname help.

Die volgende dag, 5 Oktober 2011, is Ibrahim al-Badri selfs ingesluit op die lys van die VN-sanksieskomitee as ‘n lid van Al-Kaida.

Daarbenewens het Ibrahim al-Badri, bekend onder sy nom de guerre as Abu Bakr al-Bagdadi, ‘n maand voor die ontvangs van Senator McCain, die Islamitiese Staat in Irak en die Levant (ISIL/ISIS) op die been gebring terwyl hy nog deel uitmaak van die personeel van die “baie gematigde” Vrye Siriese Leër.

Hy spog dat hy op sy eie die aanval op die Taj en Abu Ghraib tronke in Irak gereël het waar hy gehelp het om tussen 500 en 1000 jihadiste te laat ontsnap wat dan by sy organisasie aangesluit het. Hierdie aanval is gekoördineer met ander gelyktydige tronkontsettings in agt ander lande!

Hierdie saak is so vreemd dat Interpol op 3 Augustus 2013 ‘n nota uitgereik het daaroor en die hulp van die 190 lidlande versoek het.

Dit blyk dus dat daar getuienis bestaan dat die Vrye Siriese Leër, die Al-Nosra Front en ISIS saamgestel is uit dieselfde individue wat voortdurend tussen die verskillende organisasies migreer.

Wanneer dié mense dus sê hulle verteenwoordig die Islamitiese Kalifaat wat die ongelowiges uitroei, bly hul tegnieke ongelukkig presies dieselfde. Hulle gaan hulle voort met dieselfde soort terreur van die ander twee organisasies: Verkragting, marteling, onthoofding en kruisigings.

Senator McCain en sy metgeselle het nie die inligting in hul besit oor Ibrahim al-Badri aan die State Department oorhandig nie en ook nie gevra vir die beloning nie. Hulle het ook nie die anti-terrorisme komitee van die VN ingelig oor hul ontmoeting met die terroris nie.

In geen land in die wêreld, ongeag hul politieke stelsel, sou ‘n mens aanvaar dat die leier van die opposisie in direkte kontak, en in die openbaar vriendelik, met ‘n baie gevaarlike terroris verkeer nie.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.