Indiër wat vrou doodsteek probeer selfmoord pleeg

Deel op

‘n Indiër wat na bewering ‘n vrou in Bryanston noord van Johannesburg met ‘n skerp voorwerp doodgesteek het, is onder polisie-bewaking in die hospitaal.

Die Randburg Landdroshof het gehoor dat Yengesen Pillay probeer het om sy eie lewe te neem.

Hy is Dinsdag in Pietermaritzburg in hegtenis geneem, nadat hy vir drie dae van die polisie gevlug het. Hy word daarvan aangekla dat hy sy vrou Saterdag vermoor het.

Die man wat glo sy vrou vermoor het deur haar nagenoeg 50 keer met ‘n skerp voorwerp te steek, het probeer selfmoord pleeg.

Yusuf Baba, die staatsaanklaer, het Woensdag in die Randburg-landdroshof gesê Yengesen Pillay is in die hospitaal opgeneem en dat hy onder polisiebewaking is.

Pillay sal op aanklag van moord teregstaan wanneer hy op 28 Augustus in die hof verskyn.

Dit is onduidelik hoe of wanneer Pillay probeer selfmoord pleeg het.

Die vrou is omstreeks 17:00 Saterdagmiddag by die ingang van ‘n kantoorpark in Bryanston opgemerk. ‘n Vrou en haar kind het verby die kantoorpark gery en die gewonde vrou by die ingang sien lê waar sy beswaarlik nog asem gehaal het weens bloedverlies.

Die motoris het die nooddienste ontbied en paramedici was binne enkele minute op die toneel

“Die beseerde vrou het skaars reageer en het gesukkel om asem te haal. Hulle het haar dadelik met ʼn ambulans na die MediClinic Sandton geneem vir verdere behandeling,” het Werner Vermaak, woordvoerder van ER24, gesê.

Die vrou is later by die hospitaal dood verklaar.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.