Vliegongeluk skep ‘n probleem vir pro-BRICS Brasilië

Deel op

Brasilië se presidensiële verkiesing wat in Oktober plaasvind, sou vir die huidige president Dilma Rousseff ‘n maklike oefening gewees het, totdat ‘n vliegongeluk Rousseff se lustelose teenstander, ekonoom en voormalige goewerneur van Pernambuco, Eduardo Campos se dood veroorsaak het.

Op 13 Augustus is berig dat die vliegtuig met Campos, ‘n Brasiliaanse presidensiële kandidaat in die derde plak agter die meer konserwatiewe Sosiale Demokratiese Party-kandidaat Aecio Neves – ‘n ekonoom en ‘n kampioen van soberheid – neergestort het in ‘n residensiële gebied van Santos in die Sao Paulo-staat van Brasilië.

Campos was die kandidaat van die voorheen linksgesinde maar nou “pro-besigheid” Brasiliaanse Sosialistiese Party.

Soos met die Britse, Australiese en Nieu-Seeland se linkse partye, die Kanadese liberales en die Amerikaanse Demokratiese Party, is die linkses oorgeneem deur globalistiese korporatiewe belange.

Dit is duidelik dat daar sedert onthullings van die Amerikaanse NSA (National Security Agency) se spioenasie op die e-pos en selfone van Dilma Rousseff en haar ministers, Rousseff se gevolglike kansellasie van ‘n staatsbesoek aan Washington, en Brasilië se gasvryheid teenoor die Russiese president Vladimir Poetin en ander BRICS-leiers op ‘n onlangse beraad in Fortaleza, Washington ongelukkig blyk te wees.

Die State Department sou dus op soek wees na swak skakels in Rousseff se mondering om onstabiliteit te skep soos wat hulle in ander lande in Latyns-Amerika graag doen.

Rousseff, wat van Washington ‘n vyand gemaak het deur die BRICS-aankondiging oor die vestiging van ‘n BRICS-ontwikkelingsbank om te kompeteer met die Wêreldbank, se kanse vir ‘n herverkiesing was uitstekend tot 13 Augustus toe Campos en vier van sy veldtogadviseurs, saam met die vlieënier en mede-vlieënier, dood is in die ongeluk met hul Cessna 560XL.

Die ongeluk het die leisels gegee aan Marina Silva. In 2010, Silva het ‘n verrassende 20 persent van die stemme gekry vir die leierskap van die Groen Party. Eerder as om by die Groenes vanjaar te bly, het Silva gekies om by Campos se pro-besigheidsinisiatief aan te sluit.

Silva word tans beskou as die Sosialistiese Party se beste kans om Rousseff te verslaan as president in die Oktober-verkiesing.

Silva, ‘n evangeliese Christen in ‘n grootliks Rooms-Katolieke land, is een van George Soros se gunstelinge. As ‘n leier van Brasilië se Amasone-reënwoud beskermingspogings, is Silva al baie geprys deur die omgewingsgroepe gefinansier deur Soros se Open Society Institute.

Silva se veldtogretoriek is deurspek met sulke Soros kodefrases soos “volhoubare samelewing”, “kennissamelewing” en “diversiteit”.

Silva is ook meer gematig as Rousseff oor Israel se beleid teenoor Palestina. As ‘n Pinkster Christen, is Silva ‘n lid van ‘n denominasie wat kernlidmaatskap vir die wêreldwye beweging van “Christelike Sioniste” bied.

Haar kerk ondersteun Sionistiese Joodse organisasies soos B’nai B’rith en die Wêreld Joodse Kongres as volg:

“Volgens die Skrif, het Israel ‘n belangrike rol om te speel in die eindtye. Toe die moderne nasie van Israel gestig is in 1948, en die Jode begin terugkeer het van oor die hele wêreld, het die Bybelgeleerdes geweet dat God aan die werk is en dat ons heel waarskynlik in die laaste dae verkeer.”

In 1996, was Silva bekroon met die Goldman Environmental-prys, wat gestig is deur Goldman Insurance Company stigter Richard Goldman en sy vrou, Rhoda Goldman, ‘n erfgenaam van die Levi Strauss klerefortuin. In 2010, is Silva deur die buitelandse beleidstydskrif, geredigeer deur David Rothkopf, ‘n voormalige besturende direkteur van Kissinger Associates, as “top globale denker” aangewys.

Die volledige besonderhede van die oorsaak van Campos se vliegongeluk sal waarskynlik nooit bekend gemaak word nie. Bystand in die ondersoek van die ongeluk is deur die US National Transportation Safety Board (NTSB) en die Federal Aviation Administration gedoen. NTSB en FAA ondersoekbeamptes sal nie hul ondersoek openbaar maak nie.

In verskeie vliegongelukke soos dié van die Panamese President Omar Torrijos in Panama, die Ecuadoriaanse president Jaime Roldos, was daar min vlugdata, ook bekend as ‘n “swartboks” op die vlug.

In Zurich, Switserland het die polisie hul eie ondersoek gedoen wat ontdek het dat die amptelike Ecuadoriaanse regeringsondersoek uiters swak gedoen was. Die Ecuadoriaanse regeringsverslag oor die ongeluk het versuim om te noem dat die vliegtuig se enjins afgeskakel is voordat die vliegtuig in die kant van ‘n berg ingeploeg het.

Soos met Roldos se vliegtuig, het Campos se Cessna nie ‘n vlugdata-opnemer gehad nie. Verder het die Brasiliaanse lugmag aangekondig dat twee uur van die klank van die kajuit se stemopnemer aan boord nie die gesprekke tussen die vlieënier, mede-vlieënier, en grondbeheer op 13 Augustus weergee nie.

Die kajuit stemopnemer aan boord van die noodlottige Cessna 560XL is vervaardig deur L-3 Communications, Inc van New York. L-3 is ‘n groot Amerikaanse intelligensiekontrakteur wat die National Security Agency van baie van sy ondersese kabelafluistervermoëns deur middel van ‘n NSA ooreenkoms met L-3 se Global Crossing filiaal voorsien.

Die VSA en Soros is op soek na verskeie maniere om BRICS-lande te ontwrig.

Soros se poging om die Chinese Politburo binne te dring met Bo Xilai het platgeval toe hy en sy vrou is in hegtenis geneem en in die tronk gestop is vir korrupsie.

Indië en Brasilië is die fokus vir Soros se huidige ontwrigting van BRICS. Hoewel Narendra Modi se regse regering in Indië nog nuut is, is Indië se minister van buitelandse sake, Sushma Swaraj, ‘n uitgesproke en toegewyde bondgenoot van Israel.

Brasilië se Marina Silva, in die leierskap van ‘n BRICS-land, is dalk so bestuur ten einde ‘n “Trojaanse perd” in te stuur teen die toenemend belangrike ekonomiese blok.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.