Gevaarligte flikker vir Suid-Afrikaanse banke weens politiek

Deel op

Soos ons almal weet, is Suid-Afrika se groot vier banke, Standard, ENB, Absa en Nedbank, twee weke gelede deur Moody, die groot Amerikaanse kriedetgradeerder, afgegradeer. In vandag se Business Day verskyn ‘n artikel deur die redaktrise van dié koerant, Hillary Joffe, waarin sy die “teorie van hulp aan banke” uiteensit. (Terloops, ek en Joffe was saam studente by Wits, het saam vir die studentekoerant geskryf en was ook saam op die studenteraad. Hoewel ek veel meer van bankwese as sy weet, sal geen Nasperskoerant byvoorbeeld hierdie rubriek publiseer nie.)

Volgens daardie teorie moet die belastingbetaler nie al die risiko dra vir bankrot banke wat bygestaan moet word nie, maar ook effektehouers en ander banke. Daarom is die groot vier banke in Suid-Afrika, tesame met Capitec, beveel om African Bank (Abil op die aandelebeurs) te herkapitaliseer.

roodt_fbfotoMoody is egter nie net begaan oor African Bank nie. As ‘n mens kyk na die balansstate van Suid-Afrikaanse banke, dan bestaan hul bates uit lenings wat toenemend aan swart Suid-Afrikaners toegestaan word. Trouens, as ‘n mens na hul reklame kyk, dan stel hulle nie meer belang in blanke kliënte nie, want feitlik al die advertensies is op die sogenaamde “swart diamante” of opkomende swart middelklas gemik. Dit is nou die begunstigdes van die twee miljoen staatsdiensposte wat onder die ANC geskep is, asook regstellende aksie.

African Bank het eenvoudig roekeloos aan swart verbruikers geld sonder enige sekuriteit begin uitleen. Die vorige hoof van risikobestuur by die bank het vir sy “beleid” ongeveer R85 miljoen aan vergoeding ontvang en speel blykbaar in Skotland gholf terwyl Absa en ander banke van mense se spaargeld uit hul rekenings vat om African Bank-verliese goed te maak. Die Sunday Times het sy kru kommentaar op die voorblad geplaas: “Fok hulle.”

Die onsegbare geheim van die Amerikaanse bankkrisis is dat dit óók deur lenings aan riskante kliënte in die swart ghetto’s van die VSA veroorsaak is. Die liberale Clinton-regering het naamlik ‘n wet gemaak om banke te verplig om aan swartes geld te leen en om sogenaamde “rooi-omlynde gebiede” te verbied. Omdat die banke nie self daardie risiko wou dra nie, het hulle die lenings gesekureer en herverpak en op die finansiële markte verkoop. Die beleggers wat sulke lenings aangekoop het, wou hul risiko insgelyks verseker deur sogenaamde kredietwanbetalingsruiltransaksies (CDS’e oftewel credit default swaps). Laasgenoemde verteenwoordig afgeleide instrumente wat soos alle afgeleides oor hefboomkrag beskik, en daarom verantwoordelik gebruik moet word. Toe wanbetalings toeneem, het dit ‘n rimpeleffek op die hele finansiële stelsel gehad en het die beleggingsbank Lehman-broers eerste bankrot gespeel omdat hy veral in die wanbetalingsruiltransaksies aktief was. Maar selfs die grootste Amerikaanse banke moes deur die Amerikaanse Federale Reserwe en die belastingbetaler ondersteun word, omdat almal skielik met aangetaste bates op hul boeke gevang is.

Hier waar ek in die noorde van Johannesburg woon, sien ek gedurig duur swart Mercedesse, BMW’s, Bentleys, Porsches en ander motors wat ver oor een miljoen rand kos wat deur die nuwe swart elite bestuur word. Hoewel swartes deesdae maklik ryk word uit sogenaamde swartbemagtigingstransaksies en dalk kontant vir sulke motors betaal, sou ek raai dat heelwat van hulle ook met skuld gekoop is.

Swartes in Suid-Afrika het, nes hul eweknieë in die VSA, nie ‘n baie goeie rekord as dit by betalings kom nie. Nêrens in swart woonbuurte betaal die inwoners vir water en elektrisiteit nie, wat reeds ‘n groot finansiële kopseer vir die munisipaliteite en Eskom skep. Jare gelede het ons ‘n bediende gehad wat tot ons uiterste verbasing eendag met ‘n Woolworths-kaart huis toe gekom het. Sy is intussen vort en vir ‘n lang tyd het daar steeds rekenings en aanmanings van Woolworths by ons adres opgedaag. Nodeloos om te sê, is daardie skuld reeds lankal afgeskryf. Die hoeveelheid sulke kleiner bedrae verbruikerskuld aan winkels, banke en ander kredietverskaffers wat reeds afgeskryf is, moet nog veel groter as die huidige herkapitalisering van African Bank wees.

Enige bank is kwesbaar vir die geringste toename in slegte skuld. Volgens die Basel-voorskrifte moet banke ten minste 8% kapitaal teenoor hul lenings hou. As slegs 8% van skuldenaars nie betaal nie, is die bank met ander woorde onmiddellik bankrot.

Radikale grondhervorming lê voor die deur. Na raming bedra die uitstaande skuld op plase en boerderye R90 tot R120 miljard. Dit is meer kapitaal as waaroor die groot vier banke saam beskik. Indien alle plase dus soos in Zimbabwe sou verval, sou die hele bankstelsel in Suid-Afrika insgelyks in duie stort. Moontlik sou die Reserwebank en die belastingbetaler soos in ander lande tot die redding van die banke kon kom, maar as Gill Marcus selfs vir African Bank in spaarders se rekeninge moes gaan krap, lyk dit nie asof daar ekstra kontant by die regering en die Reserwebank rondlê vir ‘n veel groter reddingspoging as die huidige nie.

Ideologie en die voorliefde vir alles wat swart is – noem dit maar Afrosentrisme by gebrek aan ‘n polities korrekte term – het onlosmaaklik deel van die SA finansiële stelsel geword. Juis daarom is dit gedoem om vroeër of later te misluk.

Vrou en kinders tydens die Groot Depressie van die 1930s
Vrou en kinders tydens die Groot Depressie van die 1930s

As die Afrikaner nie wil teruggaan na die dertigerjare toe ons voorouers by sopkombuise moes toustaan of as bywoners op plase moes gaan bly nie – hoewel dié keer mag daar nie meer plase in ons besit wees nie – sal ons moet besef dat ons so gou moontlik ‘n eie bank in die buiteland moet oprig.

Ons weet nie presies hoeveel Afrikaners se spaargeld is reeds die afgelope paar weke deur die banke weggeneem nie, maar selfs daardie bedrag was dalk al genoeg om ‘n nuwe bank mee te begin het!

Benewens spaargeld by banke, hou vele pensioenfondse ook aandele in banke. Ons het gesien hoe Abil se aandele van een dag tot die volgende niks werd was nie. Gill Marcus praat nie van die beleggers in Abil-aandele se kapitaal van R12 miljard wat ingeslyks in die niet verdwyn het nie, maar dis insgelyks ‘n verlies wat verreken moet word. Die markkapitalisering van die vier groot banke is ten minste ‘n halftriljoen rand (R500 000 000 000) werd. Dít alles kan in die swart gat van polities korrekte lenings verdwyn.

Ons het hier al die elemente vir ‘n ineenstorting presies soos ons dit in die VSA en sommige Europese lande soos Griekeland gesien het: Afrosentrisme, swak toesig deur die Reserwebank, roekelose krediet en die lekkergeloof van: “Dit kan nie hier gebeur nie.”

Baie Afrikaners met wie ek praat, sê vir my: “Ek gee nie om nie. My geld is klaar oorsee.” Feit is egter dat solank ons in dié land woon, gaan ons ‘n finansiële stelsel nodig hê om mekaar te kan betaal, asook om huise, motors en entrepreneurskap te finansier. Om ten minste die helfte van ons kapitaal in ‘n veilige plek soos Switserland te hou, terwyl ons voortgaan om normaalweg sake in Suid-Afrika te doen, lyk vir my na die beste opsie om te ontkom aan die heksebrousel wat die banke en Gill Marcus besig is om vir ons voor te berei.

Die internet het ons van tyd en ruimte bevry. Dis tyd dat ons dit tot ons voordeel gebruik, ook wanneer dit by ons banksake kom.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.