Toro Rosso stel jongste F1-bestuurder ooit aan!

Die F1-span Toro Rosso wat voorheen die Minardi-span was het so pas aangekondig dat Max Verstappen, die seun van Jos Verstappen wat in 2003 vir Minardi gejaag het, hul nuwe bestuurder vir 2015 sal wees. Verstappen junior is slegs 16 jaar oud en vervang vir Jean-Eric Vergne, die veteraan in 2015.

Max Verstappen: net 16 jaar jonk.
Max Verstappen: net 16 jaar jonk.

Vergne wat nou eers 24 is, het in 2012 vir Toro Rosso begin jag en die spanbaas Franz Tost het bevestig dat Vergne nog ‘n kans in F1 verdien. Dit sal beslis net nie by Toro Rosso wees nie.

Verstappen sal 17 jaar oud wees wanneer hy in Maart 2015 sy eerste F1-wedren aanpak.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.
  • Rooikop

    Moet die laaitie nie nog op skool wees nie?

    • Dolk

      Goeie more Rooikop! Jy vra dit… Ek dink hy vra dit dalk van baie volwassenes – wanneer hy hulle sien bestuur… 😉