Withuis probeer vasstel of Amerikaner onthoof is

Deel op

Die Amerikaanse Withuis sê intellegensie dienste probeer vasstel of beeldmateriaal wat na bewering wys hoe ‘n Amerikaanse joernalis deur militante van die Islamitiese Kalifaat (ISIS) onthoof word, geloofwaardig is.

Die joernalis in die video is na bewering James Foley. Foley het twee jaar gelede in Sirië vermis geraak nadat hy deur gewapende mans ontvoer is oppad na die grens met Turkye, het RSG berig.

Nog ‘n Amerikaanse joernalis wat verlede jaar in Sirië vermis geraak het word in die video gewys, met ‘n boodskap dat sy lewe afhang van Amerika se optrede in Irak.

Amerika het die afgelope twee weke ‘n aantal lugaanvalle teen teikens van die Islamitiese Kalifaat uitgevoer, maar het tot dusver nie verder by die konflik betrokke geraak nie.

Foley se ma Diane het in ‘n boodskap op Facebook ‘n beroep op die militante gedoen om die lewens van die oorblywende gyselaars te spaar.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.