Namibië se ekonomiese vryheidsvegters kry bestand

Deel op

Namibië se Verkiesingskommissie het die registrasie van die Namibiese Ekonomiese Vryheidsvegters as ‘n politieke party goedgekeur.

Julius Malema se EFF het dus ‘n amptelike susterparty in Namibië. Die Namibië Ekonomiese Vryheidsvegters (NEFF) is ‘n “radikale linkse”, anti-kapitalistiese en anti-imperialistiese beweging, het die sakeman en politikus Epafras Mukwiilongo vroeër gesê.

Mukwiilongo, “bevelvoerder” van die NEFF het gesê die nuwe party sal meeding in die nasionale verkiesings in Desember.

Namibië se Mukwiilongo was voorheen ‘n lid van beide die regerende Swapo en die opposisie Congress of Democrats.

Hy en sy adjunk, voormalige opposisie-jeugleier Kalimbo Iipumbu, het reeds gesprekke met Malema gevoer.

Die twee mans dra ook rooi uitrustings en rooi barette soortgelyk aan dié van die EFF, maar met ‘n NEFF-logo.

Mukwiilongo het gesê die skepping van die NEFF is die “geboorte van ‘n reus” wat veg vir ekonomiese vryheid en het die Swapo-regering van “kapitalistiese belange” ten koste van sy burgers beskuldig.

“Ons regering is besig om deur die bemagtiging van die Chinese en Indiërs plaaslike sakelui te vernietig,” het Mukwiilongo vroeër aan AFP gesê.

“Ons is ‘n baie ryk land wat kan sorg vir homself as die regering industrialisering en die verwerking van ons minerale in Namibië verseker,” het Mukwiilongo gesê.

Mukwiilongo gesê sy party sal ook homoseksualiteit teiken met befondsing uit Uganda.

“Vandag manipuleer/beïnvloed die imperialiste ons nasie deur homoseksuele praktyke,” het Mukwiilongo gesê.

“Die NEFF is verbind tot die vereniging van alle Namibiërs om hierdie bose praktyk uit te roei.”

Die M&G het intussen berig dat net ‘n handjievol regeringsamptenare van Swapo wat saamwerk met onder meer Kanadese maatskappye uit die olievonds aan die kus baat.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.