Swarte wat staatsgrond verkoop gevonnis

Deel op

‘n Swartman wat op 94 aanklagtes van bedrog skuldig bevind is nadat hy staatsgrond verkoop het, is met vyf jaar tronkstraf gevonnis.

“Richard Zikhali kon 10 jaar tronkstraf gekry het vir sy misdaad, maar die landdros het in ag geneem dat hy reeds vier jaar in die tronk gesit het, omdat hy sedert sy inhegtenisname in 2010 borgtog geweier is,” het Motsamai Motlhaolwa, woordvoerder van die departement, gesê.

Zikhali se vrou, Hlengiwe Ximba, het ook op korrupsieaanklagte skuldig gepleit en is tot ses jaar in die tronk gevonnis, waarvan drie opgeskort is.

Jacob Mamabolo, LUK in die Gautengse departement van menslike nedersettings, het die vonnisse verwelkom en gesê hy hoop dit wys mense dat misdaad nie winsgewend is nie. “Die man het by die staat en by arm mense – wat baie geld verloor het – gesteel.”

Hy het mense gewaarsku om nie slagoffers van bedrog te word nie, veral nie as misdadigers voorgee dat hulle vir die regering werk nie. “As enigiemand grond koop, moet hulle by die departement of hul plaaslike regeringsverteenwoordiger aanklop, om te hoor of die transaksie wettig is. As ‘n transaksie uit die kattebak van ‘n kar geskied, moet rooi ligte begin flikker.”

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.