Prins se motorkade aangeval

Deel op

Rowers met Kalashnikov-aanvalsgewere het ‘n Saoedi-Arabiese prins van €250 000 in kontant en ‘sensitiewe dokumente’ beroof toe hulle sy motorkade van die Saoudi-ambassade in Parys aangeval het.

‘n Gesteelde voertuig waarin die agt gereis het om die aanval uit te voer, is later uitgebrand gevind.

Volgens die Franse polisie was die motorkade van die Saoediese ambassade in die noorde van Parys by Port de la Chapelle op pad na die lughawe by Le Bourget, toe die voorval plaasgevind het.

Niemand is in die aanval beseer nie.

Die owerhede ondersoek die saak. Hulle glo die aanvallers moes baie goeie inligting gehad het.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.