Inwoners van die voormalige bruin woonbuurt Riverlea in die suidweste van Johannesburg het Maandagoggend verbygaande voertuie op Nasrecweg, naby die N17, met klippe bestook.
“Betogers gooi klippe na motors en steek buitebande aan die brand,” het hoofsupt. Wayne Minnaar van die Johannesburgse metropolisie gesê.
Motoriste word aangeraai om die Nasrec- en Hoofrifweë in die gebied te vermy.
Een van die inwoners, Anthony Willaims sê daar daar was sedert 1964 nog geen ontwikkeling in die gebied nie. Hy sê dat die inwoners `n reeks griewe het wat hulle aan die Demokratiese Alliansie se raadslid, Lynette Pretorius wil oordra.
Een van die klagtes is die gebrek aan die ontwikkeling vir die jeug.
Minnaar het gesê die protesaksie het omstreeks 06:00 begin en het motoriste aangeraai om alternatiewe roetes te gebruik.