Mugabe: SAOG moet eienaarskap van hulpbronne neem

Deel op

Die president van Zimbabwe, Robert Mugabe het die lande in Suider-Afrika aangemoedig om hulle afhanklikheid van buitelandse steun te verminder.

Hy sê hulle moet eienaarskap van hulle natuurlike hulpbronne, soos grond en minerale neem, het RSG berig.

Mugabe het ‘n beraad van die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap in Victoria Falls toegespreek.

Hy meen die voortgesette afhanklikheid van die goedgesindheid van die buiteland stel die eienaarskap van die SAOG in die gedrang.

Mugabe wil hê dat waarde tot die grondstowwe gevoeg moet word in plaas daarvan om dit onverwerk teen lae pryse te verkoop.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.