Suid-Afrikaner in Johannesburg opgeneem vir Ebola-toetse

Deel op

‘n Suid-Afrikaner wat by mynbedrywighede in Liberië betrokke is, is in die Charlotte Maxeke akademiese hospitaal in Johannesburg vir Ebola-toetse opgeneem.

Die sewe-en-dertig-jarige man is volgens ‘n woordvoerder van die departement van gesondheid, Joe Maila ‘n lae risiko vir die siekte, maar protokol moet glo gevolg word.

Die departement sal die toetsuitslae openbaar maak sodra dit beskikbaar is.

Liberiese amptenare vrees dat Ebola binnekort kan versprei deur die hoofstad se grootste krotbuurt nadat inwoners ‘n kwarantynsentrum vir gevaarpasiënte geplunder het en met items soos bebloede lakens en matrasse weggekom het.

Die geweld in die West Point krotbuurt het laat Saterdag plaasgevind omdat inwoners kwaad is dat pasiënte uit ander dele van Monrovia na die kwaratynsentrum gebring is, het Tolbert Nyenswah, assistent minister van gesondheid gesê.

Sewentien Ebola-pasiënte word intussen steeds in die Liberiese hoofstad, Monrovia vermis. Die pasiënte het uit kwarantyn gevlug nadat gewapende mans hulle afsonderingseenheid bestorm het.

Die mans beweer dat die epidemie ‘n versinsel is. Die polisie sê die aanvallers het die deure afgebreek en begin plunder.

‘n Woordvoerder van die Gesondheidswerkersvereniging in Liberië sê daar was 29 pasiënte in die eenheid. Nege van hulle is dood nadat hulle gevlug het, terwyl nog drie by familielede opgespoor is.

West Point inwoners het op ‘n “plundertog” gegaan en items by die kliniek gesteel wat waarskynlik besmet is, het ‘n senior polisiebeampte gesê. Die beampte het aangedring op anonimiteit omdat hy nie gemagtig is om die pers in te lig nie. Die inwoners het mediese toerusting en matrasse en lakens wat bloedvlekke het, gevat het hy gesê.

“Al tussen die huise deur kon jy sien hoedat mense op die vlug slaan met items geplunder van die pasiënte,” het die amptenaar gesê, en bygevoeg dat hy nou bang is “die hele West Point sal besmet word”.

Sommige van die items geplunder was sigbaar gevlek met bloed, braaksel en ontlasting, sê Richard Kieh, wat in die omgewing woon.

Die voorval skep ‘n nuwe uitdaging vir Liberië se gesondheidsbeamptes wat reeds sukkel om die uitbraak onder beheer te kry.

Geleë tussen die Montserradorivier en die Atlantiese Oseaan, is West Point is die tuiste van minstens 50,000 mense, volgens ‘n 2012-opname.

Ebola het reeds 1145 mense in Wes-Afrika gedood, insluitend 413 in Liberië, volgens die WGO.

Ander lande regoor Afrika worstel met Ebola se verspreiding.

Sedertdien het drie ander gesterf in Nigerië aan die siekte, volgens syfers wat vrygestel is oor die naweek.

Een Nigeriese dokter het die siekte oorleef en is Saterdagaand na sy huis gestuur en vyf ander bevestigde gevalle het amper ten volle herstel, het die Minister van Gesondheid Onyebuchi Chukwu in ‘n verklaring Saterdagaand gesê.

In Oos-Afrika, sal Kenia passasiers verbied wat reis van die drie Wes-Afrikaanse lande wat swaar getref is deur Ebola. Die verbod is effektief vanaf middernag Dinsdag vir alle grensposte met reisigers wat uit of deur Sierra Leone, Guinee en Liberië reis, het gesê Kenia se Ministerie van Gesondheid verklaar.

Nigerië is nie ingesluit in die verbod nie en dit sluit ook gesondheidswerkers en Keniane wat terugkeer van dié lande uit.

Kenia Airways vlieg meer as 70 vlugte per week na Wes-Afrika. Verskeie lugdienste het reeds vlugte na Sierra Leone, Guinee en Liberië opgeskort insluitend die Britse Lugdiens, Emirate Airlines, Arik Air en ASKY Airlines.

In Indië is ook drie vermoedelike gevalle van die siekte in Delhi aangemeld.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.