Geweld in Mosselbaai na kragdiewe ontkoppel word

Deel op

Dertig protesgangers verskyn vandag in die Mosselbaai-landdroshof op aanklagte van openbare geweld na gewelddadige protesoptrede sedert die naweek.

Nagenoeg 80 mense is sedert Sondag in die Kwanonqaba-township naby Mosselbaai in die Suid-Kaap in hegtenis geneem, het RSG berig.

Vier-en-dertig het Donderdag in die hof verskyn, waar die saak tot 4 September vir verdere ondersoek uitgestel is.

Die geweld het uitgebreek nadat onwettige kragaansluitings verwyder is.

Die Mosselbaaise munisipaliteit sê die geweld is polities-gemotiveer.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.