DA te gretig dat Ebola uitbreek, sê minister

Deel op

Die Minister van Gesondheid, Aaron Motsoaledi sê hy is teleurgesteld in die optrede van Jack Bloom van die DA wat bewerings oor ‘n pasiënt rakende Ebola gemaak het, sonder dat hy enige bevestiging het.

“Ons is oorval met oproepe na mnr Jack Bloom ‘n verklaring uitgereik het. Hierdie verklaring het die media in ‘n toestand,” het hy Donderdag aan verslaggewers gesê by die Edenvale-hospitaal in Johannesburg.

Bloom het geen bevestiging gehad van die vermeende geval nie, maar nogtans ‘n verklaring uitgereik. Motsoaeldi het Bloom se uitlatings oor Ebola as onverantwoordelik bestempel.

Motsoaledi het Donderdag ‘n dringende nuuskonferensie in Johannesburg gehou na gerugte die rondte gedoen het dat ‘n vrou van Guinee, wat in Suid-Afrika behandel word, Ebola het. “Ek kan nie toelaat dat die land gaan slaap met onsekerheid oor wat gebeur nie.”

Die minister het bevestig dat die vrou nie Ebola het nie, en dat geen Ebola-gevalle in Suid-Afrika aangemeld is nie.

Hy het onderneem dat Suid-Afrikaners onmiddellik ingelig sal word indien daar ‘n Ebola-geval in Suid-Afrika is.

Hy sê dit sal groter skade doen om inligting oor moontlike Ebola-gevalle weg te steek as om die publiek volledig in te lig.

Die DA se woordvoerder oor gesondheid het verklaar dat daar ‘n geval van vermoedelike Ebola is nadat ‘n pasiënt in Johannesburg van Conakry, Guinee, aangekom het op 28 Julie deur die OR Tambo Internasionale Lughawe.

Bloom het gesê die “Gautengse departement van gesondheid moet volledige inligting gee om openbare vrese te besweer, en enige mense wat in noue kontak met hierdie spesifieke pasiënt was, moet dadelik opgespoor word.”

Motsoaledi het gesê Bloom sal teleurgesteld wees om te hoor dat die swanger vrou negatief getoets het, na streng toetse.

“Ons wil nie hierdie onverantwoordelikheid hê nie. Van wat ek aflei van hom [Bloom], jeuk hy regtig vir ons om Ebola te hê. As hy glo Ebola bring roem, moet hy ‘n bietjie wag, “sê Motsoaledi.

“Hoekom is ‘n persoon opgewonde as hierdie land Ebola kry? Dit is nie in ons belang om enige Ebola-geval te verberg nie. Dit sou eintlik meer chaos veroorsaak. Hoe gouer ons dit openbaar, hoe beter.”

Hy het gesê as gevolg van Bloom se “kwaadwilligheid”, is selfs addisionele toetse op die vrou gedoen. Die resultate, wat deur die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes ontvang is, was ook negatief.

Motsoaledi het gesê Suid-Afrika is gereed. “As daar iets gaan gebeur in Suid-Afrika, glo ons dat dit in Gauteng sal begin. As daar ‘n uitbraak van Ebola in beide Charlotte Maxeke en Steve Biko hospitale is, sal 200 gesondheidswerkers gereed wees om hulle aan te raak,” het Motsoaledi gesê.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.