Fanie Cloete se holocaust-ontkenning…

Deel op

Fanie Cloete se bewering dat Stellenbosch nog altyd ’n “tweetalige instelling” was, ontken dit wat Jan Smuts ons “eeu van onreg” (die negentiende eeu) genoem het. Ná 1806 het die tweede Britse besetting gevolg waartydens Engels stelselmatig in die Kaap afgedwing is. Verengelsing was trouens een van die oorsake van die Groot Trek.

roodt_fbfotoOm dus te beweer dat “die voorganger van die US, die Victoria College, was ’n Engelse instelling wat stelselmatig na die Vryheidsoorlog deur Nederlandse/Afrikaanse nasionaliste omskep is in ’n meer Afrikaans-vriendelike organisasie” is om dié geskiedenis van koloniale besetting en gedwonge verengelsing onder Lord Charles Somerset en ander te ontken. Cloete kan net sowel argumenteer dat Nederland eintlik Duits as taal behoort te aanvaar omdat:

  1. Duits ’n veel groter (wêreld)taal is.
  2. Nederland gedurende 1940-1945 deur Duitsland beset is en alle Nederlandse universiteite dus op daardie stadium eintlik “Duitse universiteite” was.

Net so behoort die Grieke eerder Turks die onderrigtaal aan hul universiteite te maak, Poolse universiteite Russies te aanvaar en die Tsjegge ’n keuse tussen Duits en Russies te maak, aangesien hulle eeue lank deur die Oostenrykers beset is en toe deur die Russe.

Engels is in Suid-Afrika egter geen gewone taal nie. Dit is ook die taal waarin volksmoord op die Boere gepleeg is, met die volgende veelseggende mening deur Sargent, die toentertydse Onderwysminister van die Britse besettingsmag in ’n brief aan Lord Milner:

“We must appeal to England, and ask the sisters and daughters of those who have been fighting for the Empire to come out and complete that part of the work which their male relatives are unable to accomplish. Our military police had gathered the greater part of the child population into these camps and … I feel that the opportunity during the next year of getting them all to speak English is golden”.

Nadat die ware feite aangaande die oorlogsmisdade van die Britse besettingsmag tydens die Tweede Vryheidsoorlog byna ’n eeu lank in belang van “versoening” onderdruk is, weet ons vandag dat die Britte alle geboue, selfs kerke, afgebrand het. Ook het hulle en die sogenaamde “gewapende swartes” die Boerevroue en -dogters sistematies verkrag (tot 35% van alle Boerevroue is verkrag) en natuurlik is vroue en kinders in die konsentrasiekampe uitgehonger en toegelaat om van siekte te sterf onder omstandighede wat die hele beskaafde wêreld aan die einde van die negentiende eeu geskok het.

Die vestiging van Engels as heersende en oorheerserstaal is onlosmaaklik verbind aan die volksmoord op die Boere. Deur ’n Engelse Victoria College as “natuurlik” voor te stel, is Fanie Cloete besig met holocaust-ontkenning.

Die vraag is waarom Cloete en sy sestig mede-hensoppers wat die US met ’n dubbelmediumopsie wil verengels om Milner en veral Sargent se oogmerke te verwesenlik, so fanaties in hul koloniale haat jeens Afrikaans en veral die “Afrikaanse nasionalisme” volhard?

Enersyds is daar ’n element van lafhartigheid hierby betrokke. Die meeste pas bekeerde ondersteuners van die Afro-fascistiese ANC (soos bv. Anton van Niekerk, nog ’n lid van die “groep van sestig” wat ’n tweetalige en binnekort Engelse Stellenbosch voorstaan) was voorheen ewe klakkelose volgelinge van die NP en die Broederbond. Hulle val eenvoudig in by die ideologie van die dag, of dit nou apartheid of die huidige anglofiele negrologie is. Andersyds verteenwoordig die voorstanders van Engels aan Stellenbosch ook ’n filistynse groep wat weinig, indien enige, waarde aan taal, kultuur, letterkunde of ’n historiese erfenis heg. Soos Kalief Omar wat die biblioteek van Alexandrië afgebrand het, is hul enigste vraag: dien hierdie plek my god Allah, of nie? Overgezet synde: dien Stellenbosch die heersende ideologie of nie?

Op ’n dieper sielkundige vlak is daar natuurlik interessante elemente in Fanie Cloete se vele skrywes, ook in Die Burger. Duidelik skep hy ’n byna sadistiese behae in die komende afgang van Afrikaans aan Stellenbosch. Elkeen van sy briewe drup van leedvermaak oor Afrikaner-magteloosheid, soos ’n voyeur by ’n verkragting. Terselfdertyd is daar ’n masochistiese ondertoon, want Cloete self sal natuurlik ook uiteindelik die spit afbyt as transformasie sy gang gegaan het en Stellenbosch volledig in ’n Afrika-universiteit omskep is.

Cloete se clichés oor apartheid is intellektueel op dieselfde vlak as die uitsprake van die ANC-jeugliga, wat natuurlik ook beroemd (of berug) is vir die “kill a Boer, kill a farmer”-slagspreuk. Volgens Cloete, lei “volledige parallelle onderrig in SA… onvermydelik tot apartheidstipe rasgebaseerde klasse en elke ekstra taalstroom verminder produktiwiteit en navorsingstyd vir dosente. Dis onvolhoubaar en kan op lange duur net selektief toegepas word.”

Die vraag is nou: hoe het ons dit reggekry om gedurende die hele twintigste eeu afsonderlike universiteite in Afrikaans en Engels te bedryf, honderdduisende studente op te lei en van hierdie land die juweel in Afrika te maak, indien sulke praktyke “onvolhoubaar” is?

Hoe “volhoubaar” is Afrika-universiteite wat volledig in die koloniale tale bedryf word en waar klasse soms jare lank nie plaasvind nie? Geletterdheid op die kontinent is besig om af te neem. Hoe geslaagd is die swart universiteite in die voormalige tuislande wat reeds jare lank volledig in Engels bedryf word en wat telkens die nuus haal weens korrupsie, wanbestuur, ongereelde klasse, ens.? Moontlik het Cloete al gehoor van Fanie Olivier se viktimisering en jarelange hofstryd ná hy ’n korrupte rektor aan die Universiteit van Venda aan die kaak gestel het?

Maar die aandrang op Engels en op “transformasie”, selfs die slagspreuk “kill a Boer, kill a farmer” wat gereeld deur swart studente geskree word, is op sigself ’n aandrang op groter segregasie en dus apartheid! Die oogmerk van “integrasie” en “transformasie” is geensins ’n samelewing met groter “diversiteit” (wat dit ook al mag beteken), verdraagsaamheid, ens. nie, maar juis een van Afrosentriese hegemonie en rassistiese verdrywing van blankes. Indien Cloete my boek The Scourge of the ANC gelees het, sou hy bewus gewees het van die volgende passasie wat ek hier in Engels aanhaal sodat hy dit beter kan verstaan (of juis nie? want die Engels van hensopper-Afrikaners laat soms veel te wense oor):

In order to swamp the remaining Afrikaans universities with English-language students, he (Kader Asmal) merged them with some notoriously corrupt, inefficient and bankrupt institutions that would presumably drag the flower of Afrikaans higher education down to their level. When the registrar at the Vrystaatse Universiteit went to meet with its merger partner, the University of Qua-Qua, a bankrupt institution where lectures sometimes never start for the entire year, he was bluntly told by a student mob that they did not wish to see white people on their campus. He meekly left and has since been trying to fathom how one can merge with an institution that favours black domination and segregation. At UNISA the rector, Barney Pityana, not only spent millions of rands on a mansion that had already been sold by the university, triggering a two-million rand penalty in the offer to purchase by the new owner, but also redecorated it in style. During his inaugural speech he flew into a rage of ethnic cleansing against the Afrikaner academics that had created and built up UNISA, vowing to drive them out of the institution. (Scourge, bl. 50)

Chris Brink se nuwe taalbeleid aan Stellenbosch staan daarom in diens van die komende etniese suiwering van Afrikanerstudente en -akademici aan die laaste oorblywende Afrikaanse universiteit suid van die Oranjerivier. Die element van territoriale verowering wat met verengelsing gepaardgaan, kan nie misgekyk word nie. Trouens, in die koshuise aan die Universiteit van Pretoria druk swart studente hulself letterlik in daardie terme uit. Sodra ’n koshuis ’n swart meerderheid verkry, word daar gesê, “we have conquered it”. Net soos honderd jaar gelede toe Engels in konsentrasiekampe aan Vrystaatse en Transvaalse kinders “geleer” is, het ons hier te make met die taalkundige sy van ’n verowering.

Ek is bevrees Cloete se vertroue in die vervloë retoriek oor apartheid is misplaas. Vyf-en-twintig jaar gelede het dit indruk gemaak, of nie eens nie. Ná Zimbabwe en met ’n swetterjoel internasionale boekpublikasies oor die tema van Afrika-mislukking, juis as gevolg van “negrologie”, swart bewussyn, die swart identiteit en dergelike begrippe, verkeer outoritêre Afrikaregerings in die beskuldigdebank en nie meer die veel verguisde blanke Afrikaners nie. Hoe Cloete die ANC se arbitrêre taalbeleid en afdwing van Engels wat met al die finesse van Zimbabwe se grondhervorming geskied, intellektueel, moreel of selfs polities kan verdedig, gaan my verstand te bowe.

Nie net ontken Cloete en ander hensopper-Afrikaners die volksmoord op die Boere nie, maar ook Rwanda, Darfoer, die Kongo, Burundi en ander massamoorde wat hul oor die afgelope tien jaar in Afrika afgespeel het. Verengelsing soos die ANC en sy meelopers van die Chris Brink-tipe dit in Suid-Afrika toepas, maak deel uit van die greep van Afro-fascisme en negrologie waarin die kontinent verkeer.

Arme Afrika! Arme Stellenbosch!

Vir die eerste keer gepubliseer in 2005 op LitNet.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.