Van die Oekraïene tot Gasa

Deel op

Van die Oekraïne tot Gasa is daar geopolitieke risiko’s wat swaar weeg, met nog talle verwikkelinge daar buite wat nie die nuus haal nie.

Die Amerikaanse middeltermynverkiesings kan ‘n Republikeinse oorwinning in die Senaat en die Huis beteken wat die sukkelende presidentskap kan ontspoor en die VSA kan lamlê.

Amerikaanse kiesers voel nie meer dat hulle ‘n invloed op beleidsbesluite van hul regering het nie. Obamacare, grense wat nou oopstaan vir bruin immigrante en ‘n algemene verveling met die presidentskap kan aan die Demokrate later vanjaar ‘n pak besorg wanneer kiesers na die stembus gaan.

As die president beheer van die Kongres verloor, sal hy nie in staat wees om beleggingsvertroue in sy land te herstel nie.

Skotse onafhanklikheidsreferendum

As kiesers sê “ja” vir Skotse onafhanklikheid, sal dit Brittanje in trurat gooi. Britte raak paniekerig dat ‘n oorwinning vir die “Ja”-stem kan ‘n morsige geskil tussen Edinburgh en Londen sal veroorsaak oor hoe om onafhanklikheid te definieer.

Dit sal skokgolwe stuur deur Britse markte en die pond terwyl Skotland sy geldeenheidopsies oorweeg. Meer belangrik, miskien, is dat die Verenigde Koninkryk se voortbestaan ​​in twyfel getrek mag word, en Brittanje sy vetoreg in die Verenigde Nasies en die G7 nie meer seker is nie.

Die gevolge vir die Britse ekonomie kan enorm wees en die pond laat tuimel.
 
Anti-korrupsie veldtog in China

Politiekery oor anti-korrupsie in China kan sakevertroue in Asië se ekonomiese reus nadelig raak, en die wêreldwye ekonomiese herstel uitstel.

Na jare van gryp-wat-jy-kan groei daar is baie wie se rekords nie heeltemal skoon is nie. Die probleem is dat sulke individue se einde ook die einde van dele van China se ekonomie kan beteken.

Selfs net gerugte oor ‘n uitvoerende hoof kan belegging raak en laat ontspoor wat ‘n domino-effek op die ekonomie kan hê.

Daar wag dus nog groot opwinding voor 2014 sy asem uitblaas.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.