Wit ingenieur in lokval gelei op N2

Deel op

‘n Elektriese ingenieur van Somerset-Wes is op die N2 naby Macassar in ‘n lokval gelei, gesteek en deur die polisie geïgnoreer.

Frans Welgemoed, 29, het gesê hy het oor bakstene onder ‘n brug naby Macassar gery wat sy band geskeur het, maar hy het aangehou ry totdat die vonke van die voorwielnaaf gevlieg het.

Die band is heeltemal vernietig deur die bakstene op die N2. Welgemoed is in ‘n lokval gelei.

“Ek weet wat gebeur met mense wat stop langs die N2,” het Welgemoed gesê ná die beproewing waarin hy aangeval is deur twee swart mans, gesteek is in die skouer en beroof is.

Die rooftog was die jongste in ‘n reeks van soortgelyke hinderlae op die N2.

Welgemoed was op pad na sy werk in Montague Gardens net na 06:00 toe hy onder die brug oor die bakstene gery het.

“Dit was te laat om te swenk om die stene te mis. Ek sou in die kant van die brug vasgery het.”

Hy het het aanjou ry sonder om te stop want hy het geweet dis die “einde van my lewe.”

“Dit was donker. Toe ek nie verder kon ry nie, het ek gestop om vinnig te probeer om die wiel te ruil.”

Hy is deur twee swartes genader wat hom aangeval het. “In daardie stadium het my adrenalien gepomp en ek het nie geweet ek is met ‘n mes gesteek nie.”

Welgemoed het gegly en geval op die gras eiland. Hy het daar bly lê, terwyl die twee swartes sy motor geplunder het, met sy aktetas, huissleutels en ander items, voor hulle in die rigting van Macassar verdwyn het.

Hy het die polisie daarna gebel, maar hulle het nie opgedaag nie. ‘n Polisievoertuig het selfs verby hom gery, uitgeswenk en hom geïgnoreer.

Sy vrou het hom uiteindelik kom haal en na ‘n hospitaal geneem waar hy vir die steekwond in sy skouer behandel is.

Dan Plato, die DA se LUR vir veiligeheid, se enigste raad was dat motoriste nie bakstene moet optel nie, want hulle gaan aangeval word.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.