‘Spioene se gedrag ondersoek’

Deel op

Die minister van staatsveiligheid, David Mahlobo hy het die inspekteur-generaal van intelligensie, advokaat Faith Radebe versoek om ondersoek in te stel na die gedrag van mense van die Staatsveiligheid-agentskap.

Dit volg na berigte van wangedrag van sekere lede van die agentskap, het RSG berig.

Mahlobo sê die ondersoek sal gedoen word in terme van die oorsigwet op Intelligensiedienste. Hy sê daar sal streng opgetree word teen enigiemand wat die agentskap in oneer bring.

Bewerings van onder meer swartsmeer-veldtogte, afpersings en smokkelnetwerke is teen lede van die agentskap gemaak.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.