Afrikaanse kinders vaar beter in Wiskunde

Deel op

Prof. Elizabeth Henning van die Sentrum vir Onderwyspraktyk aan die Universiteit van Johannesburg (UJ) het Woensdag op die Suid-Afrikaanse Onderwysnavorsingsvereniging (Saera) se konferensie in Durban gesê Afrikaanse kinders vaar beter in Wiskunde.

Sy het gepraat oor ’n navorsingstudie oor wiskunde wat die afgelope vier jaar deur die UJ onder gr. 1- tot gr. 3-leerlinge in Gauteng gedoen is, het Beeld berig.

Wiskunde word dalk beter in Afrikaans begryp as in Engels wys die jongste navorsing onder sowat 3 000 kinders in Gauteng.

‘n Toets wat in Duitsland ontwerp is, is vir die navorsing gebruik. Die toets is van Duits na Afrikaans, Engels, Zoeloe en Sotho vertaal.

Die navorsingspan het ook bevind dat die Afrikaanse kinders in sekere vrae deurgaans beter vaar as die kinders wat in ander tale getoets is. Die voorlopige gevolgtrekking is dat die Afrikaanse taalstruktuur moontlik in sekere probleemformulerings beter vaar, het sy gesê.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.