Franse dorpie heet ‘Dood met alle Jode’

Deel op

‘n Joodse groep het sy skok en woede uitgespreek na die ontdekking dat ‘n klein Franse dorpie nog steeds ‘n Middeleeuse naam La Mort aux Juifs of “Dood met alle Jode” dra.

Die Simon Wiesenthal-sentrum dring by die Franse minister van binnelandse sake aan om dit te verander.

Die Simon Wiesenthal-sentrum se direkteur van internasionale sake, Shimon Samuels, het aan die Franse minister belas daarmee, Bernard Cazeneuve, gesê hy is “geskok oor die bestaan ​​van ‘n dorpie in Frankryk wat amptelik genoem word ‘Dood met alle Jode’. Dit is uiters skokkend dat hierdie naam onder die radar gebly het in die 70 jaar sedert Frankryk bevry is van Nazisme en die [pro-Nazi] Vichy-regime.”

Maar die adjunk-burgemeester van die dorp van Courtemaux, wat jurisdiksie het oor die dorpie La Mort aux Juifs, 100 kilometer suid van Parys, is nie oortuig nie.

“Dit is belaglik. Hierdie naam het nog altyd bestaan​​. Niemand het iets teen die Jode nie, natuurlik nie. Dit verbaas my nie dat dit weer opduik nie,” het Marie-Elizabeth Secretand gesê, aan AFP.

“Hoekom ‘n naam wat teruggaan na die Middeleeue of selfs verder verander? Ons moet hierdie ou name respekteer. In ‘n vorige munisipale raadsbesluit, ten minste 20 jaar gelede, is reeds geweier om die naam van hierdie dorpie, wat bestaan ​​uit ‘n plaas en twee huise te verander,” het sy bygevoeg.

In 1992, het ‘n anti-rassisme organisasie by die Minister van Binnelandse Sake en die owerhede gepleit om die naam verander te kry, maar tevergeefs, het AFP berig.

Dit is nie die eerste keer dat die naam van ‘n Europese dorp ‘n herrie veroorsaak nie: In Mei het die inwoners van ‘n Spaanse dorpie vernoem Castrillo Matajudios [waar ‘Matar Judios’ beteken ‘vermoor Jode’] gestem om dit te verander. Die naam is nou Castrillo Judios, Koppie van die Jode – die ouer naam van die dorp.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.