‘Hitler het nie genoeg uitgemoor nie’

Deel op

​’n Franse parlementslid is Dinsdag swaar beboet nadat hy glo gesê het Adolf Hitler, Nazi-leier, het “dalk nie genoeg sigeuners uitgemoor nie”.

Hy het voorheen appèl aangeteken teen die vonnis, maar het Dinsdag sy saak verloor.

Gilles Bourdouleix (54), burgemeester van Cholet, het in Julie 2013 ‘n oop stuk grond besoek wat onwettig deur ‘n nomadiese sigeuner-groep beset is, en toe die gewraakte woorde aan ‘n joernalis gefluister.

‘n Plaaslike koerant het die volgende dag daaroor berig en groot opslae gemaak. Die woedende burgemeester het die joernalis daarna vir ‘n “petit merde” uitgekryt, en is daarvoor ook aangekla.

Intussen het die burgemeester se vrou doodsdreigemente ontvang, Sy regsverteenwoordiger sê sy woorde was binne ‘n uiters vyandige konteks geuiter toe hy tydens sy besoek openlik deur die onwettige besetters gedreig is.

Hoewel hy in Januarie 2014 skuldig bevind is aan die goedpraat van ‘n misdaad teen die mensdom is sy boete eers opgeskort. Die staat het geappelleer en ‘n appèlhof het besluit hy moet wel met die boete gestraf word.

Bourdouleix hou vol hy is onskuldig en dat sy woorde in konteks nie as kwaadwillig beskou kan word nie. Die sigeuners skep ‘n yslike misdaadkopseer waar hulle teenwoordig is, sê inwoners wat hom ondersteun.

Bourdouleix het ‘n geskiedenis van konflik met die sigeuners. In 2006 het hy met ‘n petisie aan 36.500 burgemeesters in Frankryk oorreed dat plaaslike owerhede spesiale magte gegee word om onwettigge besetters van grond te verwyder.

In November 2012 het hy gedreig om te bedank, na ‘n “nuwe inval” van sowat 20 karavane in sy gebied. Die reisigers het die volgende dag die pad gevat.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.