SOE vra R155 miljoen van Nkandla-argitek terug

Deel op

Die Spesiale Ondersoek-eenheid (SOE) probeer om meer as R155 miljoen van die sogenaamde Nkandla-argitek, Minehle Makhanya terug te kry, het RSG berig.

Hulle bestempel hom as die hoofrolspeler wat primêr verantwoordelik was vir die verhoogde koste van die veiligheidsopgraderings by president Jacob Zuma se woning op Nkandla in KwaZulu-Natal.

Die eenheid het ‘n dagvaarding teen Makhanya bekom.

Die eenheid se finale verslag oor sy ondersoek na Nkandla sal na verwagting aanstaande week bekendgemaak word.

‘n Forensiese advokaat van die eenheid, Ashish Gosai, sê Makhanya is onwettig deur die Departement van Openbare Werke aangestel.

Hy is die eerste van ‘n aantal individue en maatskappye wat deur die eenheid genoem word in dokumente wat hulle volgens berigte beplan om te vervolg.

Makhanya se optrede het na bewering daartoe gelei dat kostes van die gemagtigde R27 miljoen, wat deur Openbare Werke goedgekeur is, die hoogte ingeskiet het.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.