Handevat kan gevaarlik wees

Deel op

Onder die opskrif, “Bladskud versprei siekte”, is die volgende berig gepubliseer. Ek haal dit volledig aan.

“‘n Handdruk versprei tien keer meer bakterieë as wanneer mense mekaar net met ‘n vuis-tikkie groet, het Walliese navorsers bevind. Met alternatiewe maniere van groet, waar die liggaamskontak kortstondig is, kan die verspreiding van aansteeklike siektes beperk word, het die navorsing aan die lig gebring. Dr Dave Whitworth van die Aberystwyth-universiteit, leier van die projek, het gesê mense dink selde oor die gesondheidsimplikasies van ‘n groet. As mense egter oortuig kan word om ‘n ander vorm van groet as die handdruk te gebruik, soos ook die ‘high five’, kan die verspreiding van aansteeklike siektes beduidend beperk word. Pres Barack Obama van Amerika en sy vrou, Michelle, is bekend daarvoor dat hulle graag met ‘n vuis-tikkie groet” (Die Burger, 30 Julie, p 9).

By wie en wanneer het die Obamas hulle voorliefde vir vuisvorming ontwikkel? Hulle het dit heel moontlik by bevrydingsaktiviste soos Martin Luther King jr tydens die swart Amerikaners se burgerregtebeweging geleer. Dit is bekend dat die Obamas voorheen heelwat meer militant anti-blank was as wat hulle hulle deesdae voordoen. Die vuiswysery van ons plaaslike sogenaamde vredemaker en versoeningsikoon, Nelson Mandela, asook dié van ander ANC-kamerade, is dalk ook aan King en diesulkes se voorbeeld van hardegatheid ontleen. Daar is so baie opsigte waarin siek aspekte van die Amerikaanse samelewing plaaslik nageaap word, danksy epigone soos Desmond Tutu en Jonathan Jansen.

Die hoofrede waarom ek oor die bogenoemde koerantberig skryf, is omdat dit my dadelik aan die plaaslike mode-woord en mode-verskynsel “handevat” laat dink het. Dit is iets wat heel moontlik ook van Amerikaanse oorsprong is. Die bogenoemde navorsingsresultate help dalk om die besef tuis te bring dat handevat ‘n gevaarlike gewoonte kan wees. Hoe meer daar hande gevat word, des te afhankliker word diegene wat gestut word. Aan die anderkant is al geredeneer dat as hande vasgevat word, dit nie so maklik is om misdaad te pleeg nie. Ek het ‘n vriend wat boer en wat oor en oor van sy werkers sê: “As hulle staan dan steel hulle. As hulle lê dan teel hulle.”

Pleks van met bakhande te staan of met gevoude hande te sit, sou dit vir almal beter wees as hand aan die ploeg geslaan word. Dit laat ‘n mens ook dink aan hoe die heil van ons land soos handomkeer mandaatloos verander het. Daardie konkelaars klop mekaar egter steeds op die skouer in die waan dat hulle ‘n burgeroorlog voorkom het. Op die skouers van ander rus nou die dure verpligting om ons weer vry te maak.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.