Mbeki steun Israel-boikot

Deel op

President Thabo Mbeki het Suid-Afrikaners aangemoedig om Israeliese produkte te boikot in reaksie op die land se optrede in Gasa. Meer as 1800 mense, waarvan die meeste burgerlikes, het in die Israeli-Hamas-konflik omgekom wat drie weke gelede opnuut uitgebreek het.

Mbeki sê Suid-Afrikaners moet Israeliese produkte boikot. “Die mense van Suid-Afrika moet hierby betrokke raak. Byvoorbeeld, daar is ‘n oproep om Israeli-produkte te boikot en nie in Israeliese maatskappye te belê nie. Ek dink dis reg.

“Dit is nie die verantwoordelikheid van die regering om mense te mobiliseer nie. Mense moet hulself mobiliseer,” het hy bygevoeg.

Mbeki het gesê hy steun die regering se besluit om nie die Israeliese ambassadeur in Suid-Afrika uit te skop nie en die Suid-Afrikaanse afgevaardigde in Tel Aviv te hou.

Hy het die eerstejaar studente van Thabo Mbeki-leierskap-instituut aan die Universiteit van Suid-Afrika in Pretoria, Maandag toegespreek.

Daar is tans ‘n veldtog om die Israeliese diplomate en ambassadeur van Israel na Suid-Afrika uit die land te sit.

President Jacob Zuma het egter reeds ‘n spesiale gesant aangewys om die konflik in die Midde-Ooste te besleg. Mbeki het gesê dit is nodig om direkte skakeling met die ambassadeur te hê.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.