Oproeriges in Mosselbaai uiteengejaag

Deel op

Geweld het nog plek-plek in die nag by die Kwanonqaba-township in Mosselbaai voorgekom, het RSG berig.

Oproermakers het Sondag begin betoog deur die ingang na die gebied met brandende bande te versper.

Hulle is ontevrede oor swak dienslewering. Die polisie het gister die betogers met rubberkoeëls en skokgranate uiteen gejaag. ‘n Polisiewoordvoerder, Wollie Fourie sê die situasie is gespanne maar onder beheer.

Intussen sal die dertien mense wat gister in hegtenis geneem is in verband met gewelddadige betogings by Kwanonqaba vanoggend in die hof op Mosselbaai verskyn.

Hulle word aangekla van ‘n onwettige byeenkoms en opsetlike saakbeskadiging.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.