Etiese debat woed oor Ebola

Deel op

Agt Chinese mediese werkers wat ebola-pasiënte behandel het, is onder kwarantyn in Sierra Leone geplaas.

Eksperimentele medikasie kan glo gebruik word om die virus te bestry.

Verskeie entstowwe word tans getoets, en “belowende resultate” is glo verkry, maar die gebruik van die eksperimentele middel het aanleiding gegee tot ‘n etiese debat oor of dit regverdigbaar is om ongetoetsde middels te gebruik, en indien wel, wie behandel moet word.

Intussen sal die Wêreldgesondheidsorganisasie die riglyne opstel vir die gebruik van eksperimentele medikasie wat hulle meen teen 2015 beskikbaar sal wees. Die WGO het reeds die ebola-uitbreking in Wes-Afrika as ’n internasionale openbare gesondheidsnoodtoestand bestempel.

Die WGO het kritiek gekry vir die wyse waarop hulle tydens die H1N1-pandemie in 2009, “behulpsaam” was om haastig ‘n entstof te bemark. Dit het tot aansienlike winste vir farmaseutiese maatskappye gelei.

Die ebola-epidemie het net meer as 1 000 lewens geëis.

Liberië het intussen ʼn eksperimentele serum aangevra van die VSA. Daar is drie laboratoriums wat sulke middels vervaardig met befondsing van die Amerikaanse Departement van Verdediging.

Dis nie bekend of die Chinese dokters en een verpleegster wat onder kwarantyn geplaas is, wel ebola onder lede het nie.

Nog 24 verpleegsters, die meeste van hulle werksaam in ʼn militêre hospitaal, is ook onder kwarantyn geplaas.

Suid-Afrika kort dringend ’n praktykkode vir gesondheidsbeamptes om enige moontlike uitbreking van die ebola-virus te hanteer, het die DA Maandag gesê.

“Sonder ’n praktykkode sal gesondheidsbeamptes landwyd nie nasionale riglyne hê om ’n moontlike mediese noodgeval wat met ebola verband hou te bedwing nie,” het Wilmot James, DA-LP, in ’n verklaring gesê.

Hy het ’n beroep op dr. Aaron Motsoaledi, minister van gesondheid, gedoen om dringend só ’n kode in die Staatskoerant te publiseer.

Volgens James moet die kode onder meer insluit hoe ebola-lyke hanteer moet word en hoe hospitaalsale onder kwarantyn geplaas moet word.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.