Geslagsneutrale toilette ontstel studente by UK

Deel op

Die Universiteit van Kaapstad sal ablusiegeriewe inrig met die internasionale geslagsneutrale teken asook ‘n ander teken wat verklaar “die toilette is vir almal, ongeag van geslag, identiteit of uitdrukking”.

Dié stap is met ontsteltenis begroet by dames- en swart studente.

Soortgelyke fasiliteite is beskikbaar by verskeie universiteite in die VSA en het onlangs aan die Rhodes Universiteit in Grahamstad ook goedkeuring ontvang.

Jessica Breakey, die transformasieverteenwoordiger op die studenteraad, het gesê:. “Daar is baie fokus op transformasie op UK, met ons toelatingsbeleid, maar ons wou iets tasbaar doen. Transformasie is byna altyd oor ras, skaars oor geslag of oor seksualiteit.”

Drie afskortings in die Sosiale Wetenskappe-gebou is aangewys vir die geslagsneutrale toilette.

Breakey sê die moeilikste deel is die hantering van die gemengde reaksie van studente.

“Sommige mense dink dit is die beste nuus ooit, maar ander het gekla [dit is] geldmors en pas nie by Afrika nie”.

Een Twitter gebruiker het ontsteld geskryf sy sal liewer koshuis toe hardloop en sulke geriewe op die kampus vermy.neutral

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.