Pallo Jordan bedank as ANC-LP

Deel op

Die ANC het die bedanking van sy senior LP en voormalige minister, Pallo Jordan, as Parlementslid aanvaar.

Gwede Mantashe het namens die party gesê die ANC het ‘n gedetailleerde verduideliking ontvang. “Getrou aan sy karakter, het hy om verskoning gevra aan die ANC, en Suid-Afrika as ‘n geheel,” het Mantashe gesê.

Jordan het aangebied om uit die parlement te bedank, sowel as die NUK van die ANC en van die party, het Mantashe gesê.

“Die ANC se nasionale amptenare [top ses ampsdraers van die Party] aanvaar hierdie bedankings uit die parlement,” maar Jordan se lidmaatskap van die NUK en die ANC “is eers na die strukture van die organisasie verwys”, het hy gesê.

Sy besluit om die politiek vaarwel toe te roep, volg na onthullings dat hy glo oor sy akademiese kwalifikasies gelieg het.

Die Sunday Times het vroeër berig dat nie een van die universiteite wat op sy CV gemeld word, kon bevestig dat hy enige grade by hulle verwerf het nie en hy kan ook nie aanspraak maak op ‘n doktorsgraad nie.

Die ANC se Sekretaris-Generaal, Gwede Mantashe, sê Jordan moet tyd gegun word om die kwessie te verwerk. Die voorbarige Jordan is jare lank te koop geloop met sy “titel” as een van die groot intellektuele van die ANC.

Hy het wittes dikwels daaraan herinner dat hy betitel is en daarop aangedring dat hy so aangespreek word. Hy het selfs mense op openbare platforms betig as hulle hom nie as “doktor” aangespreek het nie.

Die luukse huis waarin hy in Kaapstad se voorstad van Oranjezicht woon, staan verlate, met die posbus wat oorloop.

Maandag was ‘n dag van hoë politieke drama vir die vermeende bedrieër wat glo vroeër erken het dat hy ‘n “Faustiaanse” ooreenkoms aangegaan het. Dit is egter nie duidelik wie die duiwel was met wie hy die ooreenkoms aangegaan het nie.

Die ANC-hoofsweep Stone Sizani het gesê die kwessie het niks te doen met die Parlement nie. Hy het aangesluit by die groep Joodse intellektuele by die Daily Maverick wat Jordan verdedig het as ‘n uitnemende “intellektueel” wat nie kwalifikasies nodig het nie.

Vroeër het Sizani gesê publisiteitsoekers het die oproep vir Jordan se bedanking gedoen omdat hy die Parlement mislei het oor sy kwalifikasies.

“Akademiese kwalifikasies is nie onder die grondwetlike vereistes om vir lidmaatskap van die parlement te kwalifiseer nie,” het Sizani gesê.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.