Spanning in Kaapstad laai op oor Gasa

Deel op

Pro-Palestynse betogers in Kaapstad het die SAPD daarvan beskuldig dat hulle partydig optree en kant kies vir Israel. Twee stelle pro-Palestynse betogers is in hegtenis geneem Sondag om te verhoed dat hulle naby ‘n pro-Israel saamtrek kom.

Kaapstad se Joodse gemeenskap het ‘n saamtrek gehou by die Joodse Museum Sondag ter ondersteuning van Israel.

Sekuriteit by die byeenkoms was besonder streng.

Shaheed Mohammed, van die Aksie Forum ter ondersteuning van Palestina, het bevestig dat die groep in hegtenis geneem is toe hulle dit naby die gebied gewaag het.

Vyf mense is in hegtenis geneem omdat hulle glo saamgesweer het om ’n misdaad te pleeg, het die Wes-Kaapse polisie Maandag bekend gemaak.

Kol. Tembinkosi Kinana het in verklaring gesê dat sowat 200 mense die naweek by Seepunt vergader het en toe na die Pavilion-winkelsentrum geloop het met plakkate en luidsprekers.

Die groep, wat betoog het ten gunste van die Palestyne in Gasa, is meegedeel dat hul optog onwettig is.

Hulle het aanbeweeg en op pad na Buitekant-straat is hul weer deur die polisie gewaarsku. Hulle is daarna deur die polisie in hegtenis geneem.

Hulle sal na verwagting Maandag in die landdroshof verskyn.

Ben Levitas, voorsitter van die Sioniste Federasie van die Kaap, het gesê as die Suid-Afrikaanse regering bande met Israel verbreek, “sal dit ‘n ramp wees”.

Pastoor Barry Isaacs, die bruin stigter van Transformation Africa, het gesê Christene ondersteun almal vir Israel.

Hy het nogtans Suid-Afrikaanse Christene gekritiseer dat hul leiers nie oproepe doen vir die beskerming van Christene in Nigerië nie.

“Ons leiers het nie gepraat toe Boko Haram 200 Nigeriese Christenmeisies ontvoer het nie, om op te staan ​​vir hulself nie, maar as Israel opstaan, dan praat hulle. Die stilte is heeltemal gebreek. God se doel is om die wêreld te seën deur Israel,” het Barry gesê.

Intussen het pro-Palestina ondersteuners in Seepunt ‘n motoris wat moedswillig ‘n Israeliese vlag vir hulle gewaai het, se vlag uit protes gegeryp.

Polisie het ingegryp om die vlag aan die motoris terug te besorg.

Een van die leiers van die protes het gesê “Dit is ‘n duidelike taktiek van die SAPD om ons te ondermyn. As jy in hegtenis geneem wil word, moet jy hier bly. Hulle steun die Sioniste.”

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.