Pallo Jordan is soek

Deel op

Pallo Jordan is skoonveld. Die ANC kon nie onmiddellik bevestig waar Jordan is nie.

Die ANC-LP is uitgevang dat hy sy akademiese kwalifikasies versin het.

‘n Engelstalige Sondagkoerant het verlede week berig dat geen bewyse gevind kon word van Jordan se doktorsgraad nie.

Jordan het geen grade of diplomas aan die Universiteit van Wisconsin-Madison of die London School of Economics (LSE), behaal nie, maar gee voor dat hy het.

Hy het geen formele tersiêre akademiese kwalifikasies hoegenaamd nie, het die koerant berig. Hy beskik ook nie oor ‘n ere-doktorsgraad nie.

Volgens die koerant is Jordan hierdie week as ‘n Business Day rubriekskrywer afgedank omdat hy versuim het om sy weeklikse rubriek vir publikasie voor te lê.

Goeie vriende, kamerade en die bure het ook na bewering nie gesien of gehoor van die bedrieër nie. Sommige het gesê hulle is bekommerd.

‘n Verslaggewer wat sy huis besoek het, sê dit lyk asof dit leegstaan.

Intussen het die Daily Maverick se ‘intelligensia’ dit op hulleself geneem om Jordan se reputasie te verdedig. Hulle sê ‘n gebrek aan ‘n graad neem nie weg van sy breinkrag nie.

Prof. Steven Friedman het Jordan beskryf as “een van ons uitnemende intellektuele”.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.