Is jy ‘actually’ Afrikaans?

Skoppensboer het ‘n broertjie dood aan kreoolse Afrikaans, Engfrikaans, Mengels (een Kaapse kreoolsdigter noem dit só) en ander vorme van geradbraakte taal wat daagliks ons ore pynig.

Hoewel Skoppensboer weens sy volgehoue boikot van DSTV en ander vyandelike media, geen blootstelling aan KykNET het nie, kry van die aanbieders blykbaar soms so ‘n awesome kreoolse buikloop op die kassie, volgens berigte. Op YouTube het Skoppensboer al vir die aanbiedster Elma Smit van KykNET-Dabreek-faam hoor sê dat die sing van Die Stem deur Steve Hofmeyr “nie so ‘n big deal is nie”.

As sy nie af en toe so “opslip” nie, praat Elma Smit egter nog Standaardafrikaans. Die produksiebestuurder kan haar net af en toe bietjie betig.

skoppensboer_251_150Daar is actually erger, baie erger. Nou die dag klik Skoppensboer (sy Twitter-kode is @skoppensbo3r, vir diegene wat belangstel) op ‘n skakel op Twitter en beland by ‘n potgooi waarin Casper de Vries, Marianne Thamm en nog twee ander optree. Behalwe dat geen van die deelnemers iets van belang te sê had nie, behalwe anekdotes oor hul eie saai lewetjies, praat almal deur die bank kreools. Casper de Vries vloek soos ‘n matroos, maar geen van sy gekruide taal is so aanstootlik soos sy kreools nie.

Tydens die gesprek of die dele wat Skoppensboer lukraak uitgekies het deur oor die twee uur lange klankgreep te skeer, word daar uitgewei oor mense wat Afrikaans cool en aanvaarbaar vir Engelse gemaak het. Dit spreek vanself: hoe meer Afrikaans soos Engels begin klink, hoe meer cool en aanvaarbaar raak die taal.

Marianne Thamm, wat gereeld op Daily Maverick gal braak oor Afrikaners, praat actually Afrikaans. Benewens haar half-Portugese, half-Duitse afkoms, reklameer sy ook op die program dat sy ‘n lesbiër met ‘n swart kind is. Of dalk twee swart kinders, Skoppensboer het dit nie so deeglik nagevors nie. Volgens Marianne Thamm het sy van Bob Marley se sperms by die spermbank gaan kry om haar mee te bevrug, vandaar die feit dat sy as blanke ‘n swart kind het. Blykbaar het sy dit vir haar kind ook gesê. Marianne Thamm praat nie net kreools nie, sy leef haar kreools uit.

Thamm is een van Rapport se rubriekskryfsters, wat seker vir ons vertel hoe Naspers se toekomstige utopie vir Suid-Afrika lyk: blanke vroue sal swart kinders van bekende of onbekende swart mans vanuit die spermbank baar terwyl hulle verhoudings met ander vroue kweek. Dis geen wonder Hillary Clinton dink Wladimir Poetin is ‘n Nazi nie, want dié man glo heteroseksuele gesinne is normaal! Volgens Suid-Afrikaanse norme, is elkeen van ons wat nie met ‘n persoon van ‘n ander ras of geslag of albei “in ‘n verhouding verkeer nie” of sommer net op straat met hulle paar nie, ‘n “Nazi”.

Thamm meen dat die swetsende Casperrasper, soos hy na homself verwys, Afrikaans vir haar aantreklik gemaak het, tesame met Antjie Krog, Karen Zoid en ‘n paar ander. Casper de Vries kan nie Afrikaans praat nie. Hy kan ook nie Engels praat nie. Die man – selfs dít is moontlik die verkeerde selfstandige naamwoord, “skepsel” klink beter – is ontdaan van enige vermoëns of talent behalwe ‘n soort vertraagde narsisme. “Ek is vertraag, daarom is ek cool,” is sy motto, met apologie aan Descartes.

Skoppensboer wil nog Sewendelaan, daardie ander gedrogtelike viering van kreoolse Afrikaans, hier opbring. Nee, Skoppensboer begin nie in anglisismes spreek nie, hy bedoel dit letterlik, om “‘n kat te skiet” soos Skoppensboer en sy skoolvriende altyd gesê het. Alvorens hy egter by Sewendelaan kom, nogmaals oor Thamm en kie.

Skoppensboer bespeur hier ‘n nuwe of dalk ou verskynsel: Rooinek-kreole soos Thamm (in haar eie woorde is sy ‘n “baster” of “mongrel”) is aangestel as hekwagters by Afrikaans en Afrikaners. Hulle sal bepaal wie mag praat en wie nie. Casper de Vries, Deon Maas, Piet Kopdoek en die hele bende Boerehaters wat óf kreools praat óf hul in liederlike anglisismes uitdruk, is die enigstes wat mág praat. Die res van ons verkeer onder sensuur. Ons word doodgeswyg of selfs doodgemaak deur die wandelende terreurbendes op die plase of in die voorstede.

Die model vir wat ons beleef, is uiteraard die ou Sowjetunie. Afrikaners is tot “vyande van die staat” verklaar. Slegs Engels of kreools mag oor die radio of TV gepraat word; Standaardafrikaans word as “rassisties” beskou, synde “suiwer”. Skoppensboer wens egter dat Stalin en die CHEKA of NKVD net vir een dag kan terugkom. Gee die duiwel wat hom toekom: hoewel ‘n Georgiër, het Stalin darem vir Russies omgegee.

Op daardie dag sou Skoppensboer vrywillig by die CHEKA aansluit en as ywerige “chekisti” in sy voertuig spring, gewapen met iets soos ‘n pompaksiehaelgeweer of AK-47. Die eerste plek waar hy sou aandoen, sou die ateljee van Sewendelaan wees waar hy sou losbrand op al wat draaiboekskrywer, regisseur of kreoolssprekende akteur is, sonder aansien des persoons of onderskeid tusen ras of geslag, en ‘n bloedbad daar ontketen wat die huidige Gasa na ‘n vulletjie sal laat lyk.

Dan die Afrikaanse departement van Potchefstroom waar prof Wannie Carstens met sy subsidies van die Nederlandse regering fluks besig is om akademiese artikels te borduur waarin die leuen verkondig word dat Afrikaans “deur slawe geskep” en eintlik maar kreools is. Sy kollega, Hans du Plessis, skepper van die Griekwa-psalms en nog ‘n fanatiese kreolis wat Afrikaans by die Voortrekkermonument as ‘n “gemorstaal” beskryf het, sal Skoppensboer summier teen ‘n muur laat staan. Die staccato-musiek van sy Kalasjnikof sal beide “akkademici” soos stukke wasgoed wat van die draad af val, laat ineenstort en net ‘n abstrakte rooi skildery teen die wit Potch-muur agterlaat.

Daarna Bloemfontein waar die oordeelsdag vir Jonathan Jansen en die Kruiperkaners waarmee hy hom omring, sou aanbreek. Die CHEKA kom om die suiweringsveldtog voort te sit. Skoppensboer is seker die loodse van die Rooivalk-helikopters op Bloem sou hieraan wou meedoen. Gewapen met missiele en 20mm-kanonne in die neuse van hul helikopters, sou ons afswiep op die Kovsie-kampus. Op die neus van die helikopter sou, soos in die fliek Apocalypse Now, geskryf staan, dog in Afrikaans: “Die dood kom van bo.” Uiteraard daarmee saam die Walkurelied van Richard Wagner wat uit luidsprekers basuin. Soete wraak. ‘n Missiel sou die hele boonste vloer van die Administrasiegebou of waar die vieslike Jansen ook al skuilhou, uitwis en hom en sy brilletjie vir ewig hel toe stuur, waar hy hoort. Die Reitz-koshuis sou in ere herstel word en Die Stem sou verpligtend vir alle ontgroeningspraktyke op die kampus gemaak word.

Die Karoo uit ‘n voortsnellende Rooivalk-helikopter moet ‘n pragtige gesig wees. Al die pad Kaap toe. Genadiglik is Russel Botman nie meer met ons nie. Hoewel die feit dat hy sy afspraak met ‘n Kalasjnikof teen die muur misgeloop het, moet as iets van ‘n betreurenswaardige tragedie beskou word.

Soos Leon Lemmer al hier op praag aangetoon het, bestaan daar op Stellenbosch ‘n hele horde mense – een en almal polities korrekte kreoliste – wat ‘n marteldood verdien. Soos André P. Brink dit in een van sy prulboeke beskryf, waar ‘n rassistiese Kaapse boer met ‘n sambok twee kleurlinge dwing om ‘n slavin te verkrag, sal Skoppensboer en sy kamerade op pad ‘n paar veroordeelde plaasmoordterroriste uit die tronk gaan haal en hulle saamvat, om daar met sambokke te slaan dat hulle Anton van Niekerk, Amanda Gouws, Marlene van Niekerk en diverse Kruiperkaners, asook alle aanhangers van kreolisme, tot die dood toe met warm strykysters folter.

Indien ons hele geboue moet platskiet om die euwel finaal uit te wis, sal die Rooivalke weereens onder begeleiding van die Walkurelied tot dié skoonmaakaksie oorgaan.

Skoppensboer voel dat Standaardafrikaans nie net bevorder moet word nie; ons moet kreools en kreoolspraters en kreoolsaanhangers met geweld beveg. Kom ons neem ‘n blaadjie uit die linkses se boek en wis hulle almal uit.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.
  • Trippie

    Skoppensboer, eerlikwaar, ek het gisteraand aan jou gedink en gewonder, wanneer skryf jy weer vir ons. Nogmaals het jy NIE teleurgesteld nie ! Puik !

    Actually is dit nie cool om my Moedertaal in so mate te verkrag, dat dit vir baie sogenaamde Afrikaanssprendes (Blankes), awesome mag klink.

    Hiermee sluit ek soveel Afrikaanssprekende kunstenaars in – waarvan Juanita du Plessis ook ‘n sprekende voorbeeld is. Die hemel weet, ek luister na ‘n gesprek met haar ter voorbereiding van haar Londense toer – sowaar, daar was nie soveel as een sin wat sy voltooi het, wat die woord “awesome” nie “ge-feature” het nie.

    Ek skiet saam met jou ‘n hele paar katte.

    ONS TOEKOMSTIGE VOLKSLIED
    Deur C. P. Hoogenhout

    Waar Tafelberg begin tot ver in die Transvaal
    Woon één verenigd volk, één algemene taal ;
    `n Volk voorheen miskend, ‘n taal voorheen gesmoord,
    Maar nou beroemd, geëerd, in oos, wes, suid en noord.

    Die Afrikaanse taal die klink vir ons so soet ;
    Hy is ons moedertaal, sit in ons murg en bloed ;
    Ons ruil hom vir g’n taal, al is dié nog so skoon ;
    Daarvoor het ons gely veragting, smaad en hoon.

  • Alan Joseph Secrève

    Goeie stilisme, en so eg Afrikaans. Skoppensboer is wraggieswaar ‘n Afrikaanse Gunter Grass met sy heerlike sardoniese skryfstyl.
    Net gou ‘n ding: Dit lyk gepas om ‘n nuwe Afrikaanse woord te loods. Die Angelsaksers praat mos van ‘n “mudshark” om te verwys na hierdie gefrustreerde tannies wat so agter die nieblankes aanloop.
    Watter mooi Afrikaanse woord kan ons versin vir dieselfde verskynsel, sonder om dit nou al te direk oor te haal uit Engels?

    • Skoppensboer

      Sal bietjie dink oor so ‘n term.

      • Johann Theron

        Wat van moddermatras?

    • Skoppensboer

      Op skool was daar so ‘n paar woorde vir meisies wat nie te vleiend was nie (ek dink dit was in die voor-feministiese tydvak :-)): skêr, stoof, ens. Nou dink ek aan iets soos “modderstoof”? My nuwe woord vir ‘n anderskleurige is: bafoer, want ek weet nie meer wat om te sê om nie rassisties te klink nie. Dus dalk: “bafoerskêr”?

      Mens mag net niks meer sê nie. In Naspersblaaie skryf hulle “swart man”, twee woorde, maar dan sien jy mos nog steeds “kleur” raak, nie waar nie? “Swartman” is ‘n generiese term soos “die swartman van Afrika is bekend om sy voorliefde vir hoendergeregte”. Blykbaar mag jy ook nie meer sê “swartman” nie, want dit impliseer klaar ‘n stereotipe. Enigiets te make met hoender is natuurlik taboe. Enigiets krasser as “Bantoe” kan jou in die hof laat beland, dus liefs te vermy. In Nelson Mandela se biografie gebruik hy (of sy spookskrywer Richard Stengel) die woord “native”, oftewel “naturel” wat ook nie meer kosjer is nie.

      “Bafoer” (enkelvoud) en “bafoere” (meervoud) het dalk ‘n toekoms? Ons kan dalk elke jaar of twee ‘n nuwe term bedink, so vinnig as wat mense begin sê dis “rassisties”. Dalk kan die Menseregtekommissie begin om gereeld ‘n register van verbode terme te publiseer?

      Nie-rassigheid is regtig ingewikkeld.

      • RSA PATRIOT

        Nie-rassigeheid is onmoontlik. Die strewe na nie-rassigheid kom daarop neer dat mense glo, of probeer glo, dat daar nie ‘n verskil is tussen die rasse nie. Dat wanneer ons ons velle aftrek, dat almal dieselfde sou lyk. Nie-rassigheid is sosiale Marxisme. Ons Suid-Afrikaanse kulture verskil soos dag en nag en nou wil politici ons tot op dieselfde sosiale vlak probeer dwing d.m.v. wetgewing. Wetgewing wat die grondwet van “nie-rassigheid” weerspreek. Neewat, Skoppensboer. Moet jou nie te veel steur aan die siek ideologie van nie-rassigheid nie. Wat sal julle sê is die teenoorgestelde van nie-rassigheid? Rassigheid? So iets bestaan nie. Die teenoorgestelde van nie-rassigheid is mensdom. En die mensdom bepaal dat daar verskillende rasse is wat kultureel en andersins verskil. Om dit te probeer ontken, soos onderwysers wat vir kinders op skool leer dat ons almal dieselfde is, is anti-mensdom. Daarom is nie-rassigheid die antoniem van mensdom en menslikheid.

    • Johann Theron

      Wat van moddermatras? Ek het vir Skoppensboer dieselfde gevra.

      • Gas

        Ons het drie top inskrywings: moddermatras, rioolbarber en bafoerskêr. Dit gaan net op voorkoms oor watter een is watter een.

  • RSA PATRIOT

    Ek wens julle kon hoor hoe erg dit onder die jongmense is! Tenmiste 3 woorde per sin in Engels met ‘n mengsel van godslaster en ander vieslike taal. Ek sal sê 90% van Afrikaanse jongmense met wie ek te doen het praat so. Dit is natuurlik erger onder seuns. Dit is die eerste teken van verval van ‘n taal – ‘n jong generasie wat nie meer omgee nie. Daar is nie meer ‘n jong generasie wie die name van helde ken en trots is om Afrikaners te wees nie. Vir hulle gaan dit nou oor wie die meeste Facebook likes kry, die “coolste” musiek kan pomp en die meeste kan suip. Dit is uiters hartseer!

    • Trippie

      Korrek ! Waar het dit begin ? Op skool, waar vermenging die “in-ding” is en dit “cool” is om saam met anderskleuriges gesien te word. Sommige Blanke-ouers laat selfs toe dat die verpestings oorslaap ! Bekotsenswaardig !

      Wat Godslastering aanbetref, ook by die skool sou ek reken, daar word mos nie meer geopen met gebed nie. Dis “cool” om die naam van die Here ydelik te gebruik, skep glo indruk. Die sterker jy jouself uitspreek (laster en vloek), die groter is die gehoor.

      • RSA PATRIOT

        Trippie – 100% korrek. Vir sommiges, wat nie hulself sterk genoeg kan uitdruk of iets noemenswaardig kan sê nie, is dit nodig om die Here se naam te gebruik sodat mense aan hulle aandag kan gee. Die Here se naam is deesdae ‘n werkwoord in die kringe waar ek beweeg en dit lyk nie asof jongmense meer omgee oor godsdiens nie. Die meeste jongmense gaan deesdae na kultes toe waar hulle allerhande goed moet doen om “hergebore” te word. By daardie byeenkomste is alles “amazing” en almal is so “blessed”.
        Een ding wat dok V altyd bepleit het, was dat ouers hul kinders die regte dinge oor hul geskiedenis moet leer. Vandag se ouers is so onkapabel noudat die strome van Madelaisme die land oorval. Vir Afrikanergeskiedenis is daar nie eers meer plek in Afrikanerhuisgesinne nie. Baie hartseer.

        • Trippie

          Jy praat my taal – dis so goed asof ek self dit geskryf het.

          • RSA PATRIOT

            Ek wens meer mense daar buite wil dié taal leer – voordat ek mal raak!

      • Andy

        TV, EN SELFOON TAAL HET AANDEEL HIERTOE..MOENIE DIE REKENAAR VERGEET.

        • Rifrug

          Andy …. moenie die “caps lock” vergeet …

          • Trippie

            Nou gewonder wat die Afrikaans is daarvoor – hoofletterslot.

          • Andy

            Wat van “aanhalings tekens”.

          • Trippie

            Andy, wou jy gehad het ek moet die “hoofletterslot” in aanhalingstekens plaas (ek is nou bietjie S. T. A. D. I. G.)

          • Andy

            O griet ek lag nou dat die trane loop. Lekker manier om die dag so af te sluit, sou ek sê, niewaar!

          • Trippie

            Absoluut Andy – ek lief julle.

            Hier is vir oulaas nog so ietsie …

          • Andy

            Hê Hê .Lekker doeks.
            Wonder waar is Willy, in die lewe in.
            “So skaars soos hoender tande”

          • Trippie

            Geseende en veilige nagrus vir jou en jou gade.

            Ek mis Dolk, Riempies, Javvies, Eric en StalinX vanaand.

          • Andy

            Dankie. Ja ,jy is reg. Ek dink ons is nogal n oulike span saam. Veral as dit kom by “draak stekery”.
            Kom ons wens hulle almal , in hulle afwesigheid, ook n geseënde nagrus toe nê.
            Bi for now.

          • Trippie

            “Actually” moes jy sê, “ciao 4 now” – dis “coooool” 😉

          • Andy

            Hoe het ou “Staal Burger ” altyd gesê!
            “Dis my Doedie daai.” Hê Hê.
            Nee griet ek gaan nou doeks.
            Cheers

          • Hanna-Jo

            Weet ok nie hoekom moet ons so “suffer” nie.

          • Hanna-Jo

            Ag nee man Andy julle, en nou net toe ek uiteindelik by jou Trippie en die res kan aansluit verkas julle so wrintie om te gaan slaap. Sug..dan se ek ook maar “good night sleep tight, don’t let the bedbugs bite”.

          • Rooikop

            Mens moet soms werk ook 🙂

          • Riempies

            Dit is so Rooikop maar soms moet n mens net alles om jou
            afsluit en vir jouself n rustige oomblik van niksdoen ook gun 😉

          • Rooikop

            Dis juis van te veel “niksdoen” op ander tye wat ek moes werk 🙂

        • Rooikop

          Dit is die moeite werd om te skree hieroor.

      • “Bekotsingswaardig” !! 😀 Dankie, daardie woord gaan in my persoonlike woordeboek in. Hopelik nie om dieselfde ding ‘n byvoeglike naamwoord by te snou nie, maar vir algemene gebruik vir negatiewe dinge.

  • Ratel

    Ek moet tot my erge skaamte herken dat ek een van daai is wat soms ‘n Engelse woord ingooi wanneer ek nie aan ‘n gepaste Afrikaanse woord kan dink nie. Dit is soms asof ek brainfreeze kry. Sien?
    Maar ek stem saam met Skoppensboer, dit is ‘n onding wat ons maar gerus kan probeer beveg. Ek wil ook inval by Joseph Secreve (Skies, ek weet na al die jare nognie hoe om dotjies en kappies op die woorde te kry as ek nie in Microsoft Word tik nie.) en dit is dat ons gerus nuwe, gepaste en oorspronklike woorde kan maak vir Engelse uitdrukkings, want dit is hoe ‘n taal groei. Nie deur woorde te verangliseer nie.
    Ek hoor soms sulke mooi en beskrywende nuwe Afrikaanse woorde, soos om na ‘n vark as ‘n modderbok of ‘n wielneus te verwys, of ‘n landhaai vir ‘n bullterrier. Of iemand wat nie veel het om te doen nie en net rondhang soos ‘n boesmanskrotum.
    Ek het in Namakwaland grootgeword en na al die jare nogsteeds kom van my vriende met woorde uit wat so beskrywend en oorspronklik is dat dit ek wonder of hulle dit opset doen, om tyd af te knyp om woorde te probeer opmaak. Ek kan aan enige-iemand aanbeveel om die boek “Baai van Diamante” te gaan lees om die byname wat Namakwalanders kan uitdink, te gaan ondervind. Hulle woordeskat is vol humor en ironie. En die rede daarvoor is dat hulle nie Engelse woorde ken om iets te beskryf wat ons ‘n Engelse woord voor sou gebruik het nie. Soos iemand eendag gese het, hulle praat net Engels uit selfverdediging uit.
    Ons taal is besig om saam met ons te Verengels en ek wil ons sogenaamde Afrikaanse kunstenaars, die media (Naspers het ‘n spesiale bylaag wat spesifiek daarop konsentreer om die Afrikaanse jeug te breinspoel) en die sogenaamde “intellektuele elite” hiervoor blameer. Want dit is so cool en slim om te wys dat jy mediumgrootte Engelse woorde ook ken, en dat jy dit nogal in konteks in ‘n Afrikaanse sin kan gebruik.
    Verder is ander, soos ek soms, net te lui om ‘n ordentlike Afrikaanse woord te probeer vind. Maar ek moet ook toegee, om partykeer iets in my brein te gaan probeer soek is soos om deur ‘n tiener se kamer na ‘n skoon t-hemp te gaan probeer soek. Dit vat net te lank. En daar is ook geen waarborg dat dit na ure se soek enigsins suksesvol gaan wees nie.
    “Mudshark” is wonderlik beskrywend; soos iemand wat op die modderras prooimaak op soek na ‘n dikwels onwillige en onwetende slagoffer wat oorval kan word. Iets soos ‘n rioolbarber.

    • Trippie

      Ratel, ek het so paar Namakwalandse vriende, moet erken, wanneer hulle ‘n gesprek voer, verloor ek eintlik die draad van die gesprek en luister eerder na hul beskrywende woorde en uitspraak. Moet verder erken, as ek weer die draad “opgetel” het – lag ek heerlik saam. Oulike mense, die Namakwalanders.

      • Andy

        Nee Trippie hier MOET ek van jou verskil. Regtig die Manakwalaners is ….Dierbare, opregte, eerlike mense. Help waar hulle kan en is reguit met hulle sienswyses oor dinge.

        • Trippie

          Ek stem “actually” saam met jou Andy, daarom “tune” ek mos vir Ratel, “oulike mense, die Namakwalanders”. Jy is net so “awesome” mens 😉

          • Andy

            OEPS, DANKIE MENS.. DIT IS WEDERKERIG.

          • Ek dink die woord is “Manakwalanners”.

    • Skoppensboer

      Ek dink dis net oefening, soos enigiets anders. Daar is soveel woorde in Afrikaans om allerlei mee te beskryf. Hier en daar aan die universiteite is daar nog dosente wat hul kursusse in rekenaarwetenskap en ander vakke volledig in Afrikaans aanbied. Trouens, is “rekenaar” nie ‘n pragtige woord wat omtrent almal gebruik nie? In vele tale het hulle nie eens so ‘n woord nie.

      Maar ‘n groot probleem is al die polities korrekte skrywers wat gewone mense nie meer wil lees nie, want hulle skryf eintlik vir die buiteland of akademici of iets. Ons kan Afrikaans aanlyn ontgin en probeer om weer die standaard te verhoog.

      Hier is wat Jaap Steyn vandag in Rapport skryf:

      Te maklik om Engels te praat

      J.C. Steyn sê ons verloor toenemend die vermoë om goeie en suiwer Afrikaans te kan praat.

      Die vooraanstaande sosioloog en demograaf prof. Law­rence Schlemmer het in 2012 ’n interessante studie onderneem na die “uitkringende gebruik” van Engels in die taalgebruik van Afrikaanssprekendes.

      Schlemmer (wat dieselfde jaar oorlede is) het in dié ondersoek gevind dat Engels in 2003 in 30,1% van die wit Afrikaanse huishoudings gebruik is.

      Vyf jaar later, in 2008, was dié syfer 50,4%. In bruin Afrikaanse huishoudings het die gebruik van Engels toegeneem van 36,9% in 2003 tot 45,4% in 2008. Binne vyf jaar het taalvermenging in wit Afrikaanse huishoudings dus nie net bruin mense se vermenging ingehaal nie, maar verbygesteek. Die mate waarin dit gebeur, wissel baie: van ’n Engelse woord hier en daar, tot die invoeging van hele sinne.

      Schlemmer het destyds gesê dit lyk of Afrikaners dalk besig is om terug te keer na die situasie van vroeg in die 20ste eeu toe baie Afrikaners Nederlands of Engels gebruik het vir formele of tegniese kommunikasie en selfs liefdesbriewe. Hy het gesê dis “moontlik ’n gevaarteken vir Afrikaans”.

      ’n Gevaarteken is dit beslis. Die gebruik van Engels as die enigste voertaal in die meeste groot werkplekke en op byeenkomste dra by tot ’n gebrek­kige kennis van die Afrikaanse vaktaal. Afrikaanssprekendes met wie onderhoude oor die radio en op televisie gevoer word, sukkel soms om alles in Afrikaans te sê, en neem dan hul toevlug tot “soos die Engelsman sê”.

      By uitvoerende kunstenaars het een of meer Engelse woorde per sin byna ’n ritueel geword in radio- en TV-onderhoude. Die meeste Afrikaanssprekendes wat DStv kan bekostig, is dankbaar dat daar ’n Afrikaanse kanaal is, maar kykers protesteer soms teen die mengtaal in ligte programme.

      ’n Koerantleser wat (in 2012) skryf sy is nie danig gesteld op suiwer taal nie, is ontevrede omdat daar op dié kanaal “sommer grootskaals met Afrikaans gemors word”.

      “Ek weet daar word altyd gesê dis hoe mense praat, maar mense sou nie so gepraat het as dit nie in die media as normaal voorgehou word nie.”

      Hoewel taalkundiges nooit beweer het daar is iets soos ’n “suiwer” taal, en ook nie gekant is teen noodsaaklike oornames uit Engels nie, was hulle dit aan die begin van die 20ste eeu eens dat Afrikaans bedreig is deur die talle Engelse woorde waarmee Afrikaanssprekendes destyds hul spreektaal deurspek het. Dit is veral teëgegaan op skool en in die media.

      Toonaangewende persone het ’n voorbeeld gestel. N.P. Van Wyk Louw, wat van die einde van die 1920’s as dosent verbonde was aan die tweetalige fakulteit van opvoedkunde aan die Universiteit van Kaapstad, sê dit was vir hom as dosent “ ’n saak van eer” dat hy die kennis wat hy uit Engels, Duits en Nederlands opgedoen het, “in suiwer Afrikaans moes probeer voordra; as ek nie kon vertaal nie, my eie woorde vorm”.

      Terwyl gesprekke deesdae vol Engels is, vergeet sommige Afrikaanssprekendes doodgewone woorde. Volgens een Gautengse dosent kla studente oor “onbekende groot woorde” soos register en sneuwel! ’n Groepie lesers van Volksblad was kwaad oor die opskrif “Chameleon ontkom in woeste veldbrand”, want hulle het ontkom aangesien vir omkom, en een het op Facebook geskryf dis ’n “mislydende” (sic) opskrif.

      Dit is moeilik om taalvermenging teen te gaan. Behalwe in gesinne is daar immers geen beheer moontlik oor hoe mense praat nie. Beperkte beheer is moontlik oor die skriftelike en voorbereide gesproke taalgebruik soos dié van mense wat in die openbaar praat, preek en spreek.

      Taalvermenging kan dus teëgegaan word as byvoorbeeld skrywers van radioverhale of draaiboekskrywers vir televisie sou besluit om die getal Engelse woorde in hul produksies ietwat te verminder. Daar lê die knoop, want soms lyk dit of party draaiboekskrywers en die vervaardigers van ligte TV-programme die gemengde taal eerder wil propageer as beperk.

      Sedert die vroeë 1990’s oefen sommige skrywers, taalpraktisyns en selfs taal- en letterkundiges kritiek uit op die veelvuldige gebruik van Engfrikaans.

      ’n Taalpraktisyn, Tom McLachlan, gewese voorsitter van die Akademie se taalkommissie, het in 2009 in die RSG-program Die tale wat ons praat gesê dat die meeste kinders nóg op skool nóg in hul ouerhuise en gemeenskappe korrekte Afrikaans geleer word.

      “Selfs in die kerke – behoed ons! – is daar predikante wat dink hulle bereik meer deur gemengde taal te gebruik! Die gevolg is dat die jong mense, wanneer hulle meer volwasse word en nie meer Engels en Afrikaans op groot skaal vermeng nie, nie die korrekte, suiwer idiomatiese Afrikaanse ekwivalent van daardie Engelse woorde en uitdrukkings ken nie. Mense sit dan Engelse woorde en uitdrukkings sonder meer in Afrikaans om, en meen hulle praat Afrikaans.”

      Fritz Ponelis, een van die mees vooraanstaande Afrikaanse taalkundiges, het in 2009 in sy laaste gepubliseerde artikel voor sy dood daarop gewys dat dié soort Afrikaans ook in die literatuur en in meer saaklike skryffunksies begin voorkom. Om Afrikaans deur dié soort taal te vervang, is ’n sinlose oefening.

      Hy voer aan dat dit twyfelagtig is of die soort Afrikaans wat so deur Engels beïnvloed word, hom teenoor Engels sal kan handhaaf. Ponelis meen, soos McLach­lan, dat die onderwys, die kerk en geloofsorganisasies, die media en die skrywers almal hul deel moet doen.

      J.C. Steyn is ’n voormalige professor in Afrikaans en Nederlands aan die Universiteit van die Vrystaat.

    • Gas

      Hahaha! Ons het ‘n wenner! Rioolbarber

    • Ek is Skuldig, skuldig skuldig, your honour!

  • Hanna-Jo

    Skoppensboer, hoe voel ek dan nou ook so half oor die vingers getik vandag. Actually ‘n awesome stukkie werk van jou hierdie. Dan weer…self onse eie Steve Hofmeyer LOVE sy Afrikaans. In die kerke hoor jy hoe cool die predikant vandag gelyk het terwyl hulle ook praat van die awesome oggend diens. Skole nie uitgesluit nie. Die onderwysers praat van amazing events wat gaan plaasvind. Die motor se clutch plaat gly nogsteeds en die brakekpads moet nogsteeds gechange word. Actually hoor ons bitter min Afrikaanses wat nog suiwer Afrikaans praat.

    • Trippie

      Jy het my nou lekker laat lag – dankie.
      Hierdie enetjie plaas ek spesiaal vir jou !

      • Hanna-Jo

        Nou so lekker gelag Trippie. Soos Ratel se, ek praat ook net engels uit selfverdediging.

    • Andy

      More Hanna-Jo,
      Actual stem ek nie saam metr jou nie. HIE HIE. Wag voor ek n dwars klap kry, terg jou bietjie.
      Jy is tot n groot mate reg. Ek wil egter darem vir ons Praag lesers en kommentaar skrywers n lansie breek.
      Die taal wat hier gebruik word is deurgaans mooi afrikaans, en selfs wanneer daar engelse kommentaar is, is dit baie goed, veral wanneer hulle my “kruisig”, dan kom daar absoluut n woordeboek van engelse woorde uit.
      Dit is natuurlik vir my uiters stimulerend want so hou ek my engels op datum.

  • Trippie

    Terwyl ons nou oor ons pragtige Afrikaanse taal praat, my opregte dank aan die volgende persone (in geen spesifieke volgorde), vir die uitstekende rubrieke en suiwer Afrikaanse taalgebruik.

    Dr Dan Roodt
    Leon Lemmer
    Joseph Secreve
    Johann Theron
    Manfred Delport
    Skoppensboer (ook vir sy humorsin)
    Johan de Wet

    en meer onlangse skrywers :

    Gotterdammerung
    Karel Combrinck
    Riempies

    Dankie – trots Afrikaans, trotse Praagleser.

  • Trippie

    Watter ander taal as Afrikaans, is so ryk aan idiome – ek was verstom toe ek onlangs tydens ‘n gesprek met studente ‘n spesifieke idioom gebruik het, ten minste twee van hulle het geen idee gehad wat die betekenis daarvan is nie. Sover ek kon aflei, het hulle dit nooit op skool geleer nie ! Ek wonder as ‘n paar van julle ouers en grootouers onderstaande idiome voorlees aan skoolgaande kinders, en toets of hulle kennis daarvan het. Gee asseblief terugvoer.

    • Johan

      Trippie, al die idiome wat jy hier weergee was std 3 – 5 se werk – dit is darem nou ‘n rukkie terug.
      My pa het my, soos die oumense se gewoonte was, gereeld en goed gefoeter. As ek met kort paaie halwe werk gedoen het, het die pak saamgegaan met, “Johan, slim van sy baas!”
      en die plak hou van ‘n sitvlak.

      • Johan

        jammer, “slim vang sy baas”

      • Trippie

        Ja Johan, goeie herinneringe, goeie ou dae. Vandag mag kinders mos nie meer lyfstraf kry nie. Tsk !

    • RSA PATRIOT

      Trippie – weereens dieselfde storie geld hier. Dit is nie vir jongmense “cool” genoeg om idiome te gebruik nie. Spek skiet, met ‘n bietjie godslaster by wen dus hierdie een ook.

    • Andy

      Ek het n man raakgeloop wat Durbanville in die kaap woon. Hy het n boekie saamgestel met meer as 500 spreekwoorde en hul verduidelikkings, waar dit vandaan kom en hul betekenis.
      Ek dink dit is n uitstekende bron van n skat vir afrikaans wat jy gerus op jou boekrak kan kry.
      Hy is Johan Nothnagel, en sy foon no’s is ; 0219760340 / 0825461409.Ek het ongelukkig nie n e-pos adres van hom nie jammer.

      • Trippie

        Baie dankie Andy !

    • Vra bietjie wie weet wat die woord “verwesenlik” beteken. Uit my ondervinding weet mense van 25 en jonger nie meer wat dit beteken nie.

  • RSA PATRIOT

    Haha Alida – laat jy my nou lag! Ek is definitief nie een van die “ou mense” nie – ek is nog op hoërskool en praat dus uit ervaring. Ek is baie bly dat jy nog só voel oor Afrikaans, want in die kringe waarin ek beweeg, is daar slegs enkeles wat nog enigsins omgee oor die taal. Ongeag of iemand nou more sou aankondig dat Afrikaans nie meer as amptelike taal aanvaar word nie nie, solank hulle die naweek kan gaan partytjie hou en dagga rook, is hulle tevrede. Dit is vir my hartseer om te erken dat jou generasie, die bo 20’s, die laaste goeie Afrikanergenerasie is. Of enige bevolkingsgroep s’n. 5 jaar gelede sou geen kind eers kon droom dat woorde gebruik sal word, wat daar vandag in skole gebruik word nie, of dat die meerderheid kinders in die skool sal erken dat hulle gereeld dwelms gebruik. Of dat die woord “God” as ‘n werkwoord gebruik sou word as ‘n sinoniem vir “bliksem”. Dit is die realiteit van vandag se jong generasie. Ek is bevrees dat dit te laat is vir my generasie. En jy sal nou seker dink dat ek erens in ‘n agteraf skool is waar dit gebeur, maar ek is in een van Suid-Afrika se top hoërskole op sport en akademiese gebied. Soos ek dinge sien, gebruik kinders minstens 2 Engelse woorde per Afrikaanse sin, met ‘n mengsel van vloektaal en godslaster. Dus is daar nie veel plek oor vir Afrikaans nie. Jy sal beslis nie jou ore glo as jy moet hoor hoe dit klink nie. Ek ken baie mense in die ouderdoms groep 20-30 en hulle verskil soos dag en nag van die ouderdomsgroep 14-19. ‘n Nuwe kultuur het ontstaan vir die jong Afrikaner en as dit nie beeïndig word nie, en ek sal eendag skaam wees om te sê dat ek ‘n Afrikaner is. Ek is werklik bekommerd. Geen maar geen van my vriende, weet wie Langenhoven of Pierneef was nie. En dan praat ek nie eers van Hertzog, Smuts en Verwoerd nie. Dit is lagwekkend hoe min hulle weet van ons geskiedenis. Al wat hulle het is die ANC-geskiedenisboek wat hulle hartelik opneem. Ek wens iets gebeur met my jeuggroep – iets drasties – sodat hulle kan besef hoe buitensporig hulle gedrag is in vergelyking met hul ouers s’n toe hul jonk was, of selfs in vergelyking met jou 25-jarige generasie. Natuurlik verander ons kultuur, en dit is reg, maar dit beteken nie dat moraliteit en basiese beskaafdheid moet waai nie.

  • Gas

    Ons sal raad van ‘n meerderwaardige Kaas vat, wat boggerol van taalkunde weet. Kreoolnederlands? Ja aap

    • Guest

      Why are Dutch proxies allowed to kill, maim and torture whites in South Africa if they are Afrikaners? So you can deliver your fcukwitted sermon about creoles no doubt. BTW you are not an Empire. You might want to remember that if you wake from your Joo-ish-induced stupor

  • Rifrug

    Aartappel, jy is toe gladnie so elegant soos jy gedink het nie! Twee spelfoute in jou eerste sin… jy probeer Trippie van iets beskuldig wat jy nie eers KAN SPEL NIE!

    • Beeshaas

      Moes eerder wees, blomkool, sou ek reken met sy onsmaaklike kommentaar. Skerp Rifrug!

  • Rifrug

    Lou …

    Openbaring 3:16 Maar nou, omdat jy LOU is en nie koud of warm nie, sal Ek jou uit my mond spuug.

    “ek sal hom eerder in ons huis laat slaap as iemand met ‘n siening soos joune.” Doen dit gerus Lou – niemand keer jou nie … maar moet asb. nie hier kom kla as jou kosbare ‘betroubare’ barbaar jou gesin in die nag kom folter of uitmoor nie. Terloops, meeste van die vermoorde plaasboere het ook jou siening gehad.

  • Thabo

    Dit verstom my hoe graag sekere mense hulle self aanstel as die wagters op die torings sodra hulle voel dat die vyand die laer omsingel. Dan word daar vanuit die hoogte of van “bo” gepreek of geskiet na alles wat beweeg, vriend of vyand ongesiens. Wat dit nog meer belaglik maak is al die Anglisimes wat inkruip in sulke preke. Snaaks hoe sulke glipsies meer aanvaarbaar word wanneer dit toegerol word in hoogdrawene akademiese snert.
    Oppas dat die balk in jou eie oog jou nie verblind wanneer jy reik om die splinter uit myne te haal nie. As jy ‘n taal wil sterk hou en laat groei, gaan dit nie help om dit te versmoor of dit soos die Dooie See geskrifte te begrawe onder reels en vooroordele nie. Julle predikers laat my baie dink aan die Bybelse Farisseurs. Almal weet wat met hulle gebeur het!
    Aan Skoppensboer en sy groupies………… wys tog meer durf en minder bek. Julle verse en vooroordele hang uit soos ‘n vuil onderrok.

    • Rifrug

      ” laat my baie dink aan die Bybelse Farisseurs. Almal weet wat met hulle gebeur het!”

      Jy bedoel seker Fariseërs – wat HET met hulle gebeur?

      • Kaylee van Yken

        Help my asseblief, wat beteken onderstaande woorde uit Thabo se relaas ?

        Anglisimes
        hoogdrawene

        • Rifrug

          Kaylee

          As ons Thabo se kommentaar aan Skoppensboer lees … “…so ‘n onbuigsame houding…” – dan wil “Anglisimes en hoogdrawene” vir my tekens wees van Thabo se buigbaarheid… of dat hy wel reeds buig voor die boewe wat aan bewind is “…nuwe land met nuwe reels…binne die reels ons ding doen.”

          Ek sien ook duidelik dat Thabo “aan ‘n identiteits krisus lei” … want aan die een kant sê hy “Ek is ‘n trotse Afrikaner, wit van kleur en kultuur en stel gladnie belang om te “verbaster” …” maar dan kies hy die skuilnaam ‘Thabo’!

          • Dolk

            ((Thabo) se buigbaarheid = ) Self-oortuigde, gretige aanpasbaarheid.

            ‘n Mens laat my baie keer aan (verskillende soorte) gom dink… Party heg dadelik – sonder veel voorwaardes… Ander? Ander raak eenvoudig aan niks verkleef – tensy jy tot op die letter, die voorwaardes nakom nie. Dan is daar die soort wat nie met bloed aangemaak word nie. Die “voeg water by” tipe… Helaas…

          • Anita

            Thabo is n ‘anagram’ vir Botha. Ja, jammer, ek weet nie wat die Afrikaanse woord vir ‘anagram’ is nie. Sal nou loop soek!

          • Anita
        • Rifrug

          Hulp met die woorde:

          Anglisimes
          Die Anglisi is ‘n stam in Peru, Suid-Amerika. Hulle is bekend vir hul hoë kwaliteit mes, dolk en swaard vervaardiging. Bekendes wat Anglisimesse besit (of besit het) sluit in Adolf Hitler, Hendrik Verwoerd en Leonardo DiCaprio. Onlangs is ‘n Anglisimes vir meer as R5 000 000 gekoop – maar die koper wou anoniem bly.*

          hoogdrawene
          (lees meer oor die term by die volgende skakel)
          http://www.letsrun.com/forum/flat_read.php?thread=3361049
          ‘n hoogdrawene is dus iemand wat hoog draf… of draf terwyl hy hoog is.

          *Die inligting oor die Anglisi kom uit die boek ‘Drie Dekades van Duimsuig’ deur Dominic Droll

          • Dolk

            LMAA! Ek moes twee keer kyk wie dit geskryf het! (Dis die aard van ‘n vlooi… Hy laat jou selfs krap – waar hy nie gebyt het nie! :))

          • Kaylee van Yken

            Het jy al ooit so lekker gelag dat jy nie omgee wie hoor jou kliphard skaterlag nie ? ‘n Lekker uit die maag lag dat dit eintlik pyn ?

            Dankie RR, stertswaaiende BB groete.

          • Rifrug

            Dankie BB, RR groete.

          • Kaylee van Yken

            Kyk die spiere, hulle is PRAGTIG. Jy kan my gerus eendag laat weet wat hul name is.

            Duidelik waarneembaar, hulle eienaar versorg hulle baie goed.

  • Thabo

    So ‘n bek moet jam kry! Ek is ook een van die ouer garde maar definitief nie so verkramp soos die ander spulletjie hier nie! Jong mense soos jy, gee my baie hoop.

    • Riempies

      Thabo dit laat my goed voel dat jy ook belangstel in Kaapse Afrikaans en graag Kaaps wil help uitbou. Jy moet egter nie Kaaps met Afrikaans
      verwar nie Kaaps is n dialek van Afrikaans n splinternuwe taal wat oor baie ruimte
      beskik vir uitbreiding. Afrikaans daarteenoor is n gevestigde taal wat hom al oor en oor self bewys het.

      Waar jy kan help bou aan Kaaps is bv. Die Burger en die Beeld en Rapport. Weereens dankie vir jou belangstelling ek hoop jy het nou duidelikheid met jou taalkwessie.

    • Dolk

      Kram jou entoesiasme…

  • Dolk

    Waarom is jou naam “Thabo” Is dit jou regte naam? Indien wel, interessant… – indien nie – waarom dalk asb.?

    Baie dankie en ‘n aangename dag.

  • Rifrug

    “Die jeug van vandag is julle myle vooruit.”

    Wat help “myle vooruit”, as jy op heeltemal die verkeerde pad is?

  • Hierdie vraag gaan seker simpel klink, maar wat is kreoolse Afrikaans?

  • “Tee vee”?

    My jikkel is afkortings. Daar is net al te veel afkortings wat oormekaar span.

    Ek hou van woorde soos televisie. Partykeer vir die grap, “beeldradio”.