Jonathan Jansen se swart-wit ding

Deel op

Donna Bryson is ‘n swart Amerikaanse joernalis wat ‘n aantal jare in Suid-Afrika gewerk het. Sy het ‘n boek geskryf wat veral oor die Universiteit Vrystaat (UV) handel: It’s a Black-White Thing (Cape Town: Tafelberg 2014, 172p, R185; Amazon Kindle $13.67). Die boektitel is ontleen aan Jonathan Jansen se karakterisering van die Reitz-voorval (Kindle 868). Die Reitz-video (2007) het as aanleiding vir die boek gedien, “making UFS [University of the Free State] an international symbol of the persistence of racism in South Africa” (39). Dié gebeure word as ‘n mikrokosmos van die land in sy geheel uitgebeeld (33, 2730). [Dalk handel Bryson se volgende boek oor die twee swart gesmeerde Tukkiestudente (Praag 5 en 6 deser).]

Jacob Rooi het ‘n resensie geskryf waarin Bryson se boek gunstig voorgestel word: “Dit is ‘n verhaal van weerstand teen verandering, ingryping en geleidelike verandering wat aangehelp is deur die ervarings en nuwe insigte van studente in die groter, wye wêreld: een van hoop. Die skrywer kom tot die gevolgtrekking te veel mense dink steeds aan die UV as ‘n Afrikaner-enklave. Eerder, soos die res van Suid-Afrika, behoort die UV aan almal wat daar woon*. Die [gedwonge] samevoeging van mense uit verskillende kulture is nie maklik nie. Die wantroue en vrees vir die verlede is altyd soos ‘n spook teenwoordig, en die verlede kan nie uitgewis word nie” (Rapport 20 Julie). [*Oorgeneem uit die ANC se vryheidsmanifes van 1955: “South Africa belongs to all who live in it.” Die land behoort dus deesdae ook aan die miljoene onwettige inkommers.]

Heel aan die begin haal Bryson ‘n gedig aan waarin die “dark past” met die hoopvolle hede gekontrasteer word. Later verwys sy na “the horrors of the past” (60). Die eerste woord in die voorwoord is “sjambok”. Die outeur verduidelik dat dit ‘n Afrikaanse woord is wat “blunt and violent” klink. Daarna word dié sweep met ‘n Vrystaatse boer, dus ‘n Afrikaner, met “khaki shorts” geassosieer. Later verwys sy na “the sjambok-wielding … Afrikaner” (1053). Sommige van hierdie mense het glo “a reputation for brutal, intractable racism” (24), “as if bred into the DNA of the farmers” (30). Sommige van hulle kinders het “Dutch Reformed Church dominees” geword (30). “No corner of South Africa has escaped the burden of apartheid’s legacy” (54). Voorspelbaar kon Bryson as ‘n Amerikaanse swarte nie die voorwoord voltooi sonder om slawerny ook by te sleep nie. Sy verduidelik dat “sjambok” as Afrikaanse woord van die Maleise slawe afkomstig is. Dan kom sy by die UV uit: “The possibility of reinvention, that determination to turn a history of hate and racism into fuel to empower those committed to change, are perhaps nowhere so apparent as on the sprawling, tree-shaded campus of UFS” (60).

Na die lees van hierdie inleiding het die keurders van Tafelberg nie die boek afgekeur nie. Nee, hierdie Naspers-uitgewery het besluit om dit te publiseer. Die gesindheid wat uit die teks straal, is oor die algemeen pro-swart en anti-blank. Soos die gewoonte in die Amerikaanse joernalistiek is, steun die teks in groot mate op onderhoude wat gevoer is. Daardie indiwidue is meesal swart en oorwegend Engelssprekend. ‘n Beperkte getal gedrukte bronne is geraadpleeg, bv Bizos, Brink, Jansen, Krog, Mandela, Pakenham en Sparks; dus boeke met ‘n linkse politieke oriëntasie.

Die outeur is nie Afrikaans magtig nie en haar kennis van hierdie land, bv geskiedenis en Afrikanerkultuur, is uiters gebrekkig. Sy beweer bv sonder meer dat die NG Kerk die Belhar-belydenis verwerp het (1484) en sy dink die Vrede van Vereeniging is in 1902 in Vereeniging (en nie in Pretoria nie) gesluit (1559). Hierna bring sy, soos verwag kon word, Sharpeville (1960) te berde: “Police opened fire on peaceful demonstrators” (1581). Sy verwys na “the low-paid black maids, gardeners and farmworkers on whom the apartheid economy had been built” (1753). Daarby is sy dermate deurweek met vooroordele dat sy nie (self)krities kan wees nie. Apartheid word beskryf as “still a fresh scar” (1945). Desnieteenstaande bied sy haar teks aan as “A story of hope in a country desperate for good news” (2733). Vir Amerika sien sy hoop in die feit dat meer as die helfte van die babas wat deesdae daar gebore word nie-wit is (1187). Die Konfederale Vlag van die Suidelike Amerikaanse State is vir haar “a reminder of slavery and an icon of racism” (1739).

Bryson gebruik die woord “racist” baie kwistig; nie net telkens wanneer sy na die Reitz-video verwys nie, maar ook bv in die geval van die “Union Buildings, long a symbol of white racist rule” (100). Oor die video skryf Bryson: “Until I watched the Reitz video, I had never had the opportunity to see the world unfiltered through the eyes of a racist” (775). Wat glo in die video kortkom is die “sjamboks” (775). “Initiation traditions” in koshuise kom ook aan die bod (342); daar is mos nou die nuwe neiging om ontgroeningspraktyke as kenmerkend van die boosheid van net Afrikanerstudente voor te hou.

Herhaaldelik word beweer hoe sleg of minderwaardig Bantoe-onderwys onder apartheid was. Selfs: “A key element of apartheid was engineering an education system wat would ensure there were few black” graduandi (487). “It seems [blacks] only yesterday could never have aspired to be more than labourers on the white-owned farms” (507). “The ANC has pledged to uplift South Africa’s black and poor majority, and take them out of the poverty and ignorance created in large part by the deliberate inequalities of apartheid” (1516). Ek wonder hoe Bryson die feit kan verduidelik dat in 1960 tydens die Verwoerd-bewind daar nuwe universiteite vir swartes by Pieterburg en in Zoeloeland en ‘n universiteit elk vir bruines (Bellville) en Asiate (Durban) gestig is, terwyl die bestaande universiteit vir swartes, Fort Hare, deur die NP-regering oorgeneem is.

Een van die swartes met wie ‘n onderhoud gevoer is, reken “universities should teach universal, not narrow, group values and that university halls of residence should be places where people can live with one another” (145). Jonathan Jansen: “If you want to study here, then you’re going to have to learn to live together” (881). Dit gaan vir hom om “a new institutional and residential culture” (884); iets wat onlangs deur Leon Wessels oor die Potchefstroom-kampus ge-eggo is. Ek het gedink ‘n universiteitskoshuis is ‘n plek waar die omstandighede sodanig moet wees dat ‘n mens daar suksesvol kan studeer. ‘n Universiteit hoef nie wêreldburgers te lewer nie. Dit is myns insiens net mense wat skaam is oor wat hulle is wat wegskram van “discussion over identity” (372). Dit sou wonderlik wees as die UV daarin kon slaag om, soos voorheen, voorbeeldige Afrikaners te help vorm. Afrikaners het ‘n historiese reg op die kampus. Deesdae is daar Sotho’s wat die UV vir hulleself opeis (218). Feminisme word ook ingespan om swart mag te bevorder (265, 275).

Die UV was, soos die Universiteit Stellenbosch (US), aanvanklik ‘n Engelsmedium-inrigting, maar het mettertyd onderrig uitsluitlik in Afrikaans aangebied om, soos die US, in die nuwe Suid-Afrika weens transformasie al hoe meer te verengels. Soos aan die US word Afrikanername van die geboue op die UV-kampus verwyder “to make the campus a more inclusive place, where all South Africans can feel at home” (457). Dat dit Afrikaners uitgesluit en ontheem laat voel, skeel die transformeerders skynbaar glad nie.

Ek gee vervolgens ‘n aanduiding van die menings wat deur Bryson versamel is:

  • Magon Mouton is een van Bryson se gevallestudies. Sy is ‘n bruin UV-student wat van Upington kom en beweer rassisme aan die US en op die Potchefstroom-kampus is selfs erger as aan die UV (814). Hoewel sy Afrikaanssprekend is, verkies sy om in Engels te studeer (2171). “She now enjoys traditionally black African food” (2300). Mouton probeer dus om as ‘n neo-swarte te kwalifiseer.
  • Die Afrikaanssprekende Ladine van der Walt, ‘n mediese student, sê van diegene wat vasklou aan Afrikaans: “I think it’s really selfish” (2178).
  • Bernhard Louw, ook ‘n mediese student en Afrikaanssprekend, sê: “I want education in my own language” (2181).
  • Annette de Wet, wat nagraadse kwalifikasies in Afrikaans het, is verbonde aan die UV se taalburo. Sy dink Afrikaans is ‘n kreoolse taal (2190) en dat Engels Suid-Afrikaners kan verenig, terwyl Afrikaans tot ‘n omgangstaal afgegradeer word.
  • Daar word verwys na ‘n wit NGK-teologiestudent, Mias Nortier, wat Sotho leer en so oorverlig geword het dat hy meen die UV behoort ‘n eentalige Engelse universiteit te wees. “That would bring black and white students together on a campus that is now, practically speaking, divided in two – with Afrikaans classes for whites and English classes for blacks” (1509). Rasseskeiding was ook Russel Botman se hoofbeswaar teen parallelmedium-onderrig aan die US (Pieter Kapp, Maties en Afrikaans, 2013, p 205). Botman het verseg om hom primêr deur akademiese oorwegings te laat lei.
  • Lara Brown, ‘n arbeidsterapie-student, is wit en Engelssprekend en haar ouers het twee swart kinders aangeneem. Sy sê: “My oupa is Afrikaans” (2003). Dit is die soort mense wat inpas by die “progressiewe” denke wat Bryson voorstaan.
  • Eddie de Wet is ‘n sielkunde-student wat ‘n bruin man as maat het en wie se ma sê: “I love Prof Jansen” (1668). “She describes apartheid as ‘a time of racism'” (1684).
  • ‘n Sielkunde-dosent, die bruin Willy Nel, was ‘n Afrikaans-onderwyser. As UV-koshuisvader roem hy op die volgende: “He addressed his first house meeting at Armentum in English. Nel tells me that he sees the use of Afrikaans in the reses as an attempt to impose old ways” (1800). In werklikheid is Nel veronderstel om hom te beywer vir “creating a sense of belonging for all” (2133). Nel se houding (soos dié van Magon Mouton hierbo) tipeer myns insiens die dislojaliteit teenoor Afrikaans by die oorgrote meerderheid ontwikkelde bruines. Dit is dus suiwer dwaasheid as diesulkes die septer bv in die Afrikaanse Taalraad of by die Afrikaanse Taalmuseum en -monument swaai.
  • Nthabiseng Khotseng, ‘n oud-UV-student, het jare gelede heel goed reggekom in Afrikaanse klassse omdat die handboeke in Engels was en sy toegelaat is om eksamen in Engels te skryf (2083). Sy “believes the experience has helped broaden her understanding of herself and her country … What are her thoughts on Afrikaner students who today still cling to Afrikaans? She feels it’s a shame” (2086). Bryson: “When white South Africans talked of wanting to preserve and protect their culture, black South Africans heard it as a stubborn, racist attempt to justify preserving the privileges apartheid had created for the country’s minority” (2121).

Stef Coetzee is een van die mense met wie Bryson ‘n onderhoud gevoer het. Hy was die UV-rektor van 1997 tot 2002. Daarna het hy die uitvoerende hoof van die Afrikaanse Handelsinstituut (AHi) geword. Hy het moontlik ‘n leidende gerol gespeel in die aanstelling van Christo van der Rheede as sy opvolger by die AHi. As UV-rektor wou Coetzee “a democracy on this campus” vestig (561). Hy besef blykbaar nie dat ‘n universiteit noodwendig ‘n hiërargiese inrigting is nie; wat betref sowel studente as dosente. ‘n Eerstejaarstudent is nie die akademiese gelyke van bv ‘n nagraadse student nie; net so min as wat ‘n junior lektor die akademiese gelyke van ‘n professor is.

“Inclusivity was Coetzee’s mantra” (590). Maar sy sug na inklusiwiteit geld net vir alle swartes, want daar was “a bunch of right-wingers that I didn’t want to be there” (603). “He called for at least a third of the places in each residence to be occupied by students of a race other than the majority race in the residence” (622). Jonathan Jansen het gedwonge koshuis-integrasie in 2009 na 50/50% opgeskuif (878), maar met die verdere verskil dat swartes maar in die meerderheid mag wees; dus net solank die wittes nie in die meerderheid is nie: “Integration in residences is still an incomplete journey, notably in some historically black residences” (911). Byvoorbeeld, die koshuis Khayalami “remains predominantly black” (2268). Wanneer doen die voortvarende Jansen iets hieromtrent?

Frederick Fourie het Coetzee as rektor opgevolg, Fourie was van 2003 tot 2008 die UV-rektor. Dit is tydens sy bewind dat die naam van die Verwoerd-koshuis in 2006 na Armentum verander is (1718). Fourie het uitgetree weens die buitensporige reaksie wat deur die Reitz-video opgesweep is (788, 2334). Sowel Coetzee as Fourie is ekonome en het hulle as oorverlig en liberaal aan Bryson voorgestel. Fourie sê bv van Jansen se F1-indoktrinasieprogram (kyk hieronder): “I think such student leadership development is a brilliant idea” (2317). Sowel Coetzee as Fourie kom, soos Willie Esterhuyse en Leon Wessels, uit Sap-huisgesinne. Dit het natuurlik nie verhoed dat minstens sommige van hulle (sekerlik Esterhuyse en Wessels) Broeders geword het toe dit lonend en in die mode was nie. Fourie beweer dat hy nie ‘n Broeder was nie (661). Die rol wat histories Sap-gesindes gespeel het om die eens Europese Suid-Afrika te vernietig, kan ‘n interessante navorsingsonderwerp wees.

Wat was Fourie se beleid? “For him, the key element was to create the foundations for the growth of a culture in which no group would dominate. He was inspired, he says, by the spirit of a speech Nelson Mandela had made in 1964 to the court that would sentence him to imprisonment on Robben Island: ‘I have fought againt white domination, and I have fought against black domination'” (705). Ek kan my kwalik ‘n naïewer standpunt as dié van Fourie voorstel. Mandela het sekerlik misdadig en geweldadig teen wit dominansie geveg, maar hy lieg onbeskroomd as hy beweer dat hy teen swart oorheersing geveg het. Sy ideaal was dominante swart mag en hy het sy ideaal verwesenlik weens die ruggraatloosheid van ‘n klein groepie blankes, te wete FW de Klerk en sy meelopers.

Fourie beweer “he wanted to create a university at which no one would feel he or she was an outsider. ‘Nobody must dominate. There shouldn’t be a dominant group or culture or style'” (712). Sy woorde, soos die bogenoemde van Mandela, vind deesdae geen weerklank op die UV-kampus of in Suid-Afrika nie. Swartes, Engels en Afrikanisering domineer. Terwyl Coetzee die koshuise op die skaal van derde/tweederdes wou integreer, was Fourie se ideaal 30/70% teen 2008 en 50/50% teen 2010 (725). Ons groot era van vryheid, wat in 1994 aangebreek het, word dus gekenmerk deur gedwonge integrasie; dus verpligte onvryheid.

Daar word na “brainwashing” tydens die vorige politieke bedeling verwys (451). Op die UV-kampus sou indoktrinasie myns insiens egter sy hoogtepunt tydens die bewind van Jonathan Jansen, die eerste “swart” UV-rektor, bereik. “Jansen identifies himself as black” (930). Hy is Fourie se opvolger. In minstens een opsig is hy kenmerkend swart: “His staff complain about how difficult it is to start meetings on time” (891). “He’s like a favourite uncle with a very big brain” [ego?] (839). Bryson skryf: “Jansen took the bold step of forgiving the white students who had humiliated the black cleaning staff with the Reitz video, announcing the move in his inaugural address” (802). Desmond Tutu het hom hierin gesteun en gesê: “Foregiveness is not for sissies” (862); woorde wat op die voorkant van die boek herhaal word.

Jansen het sy intreerede as rektor, gelewer in 2009, aan die kommunis Bram Fischer (1908-1975) opgedra (894), wat duidelik toon tot watter uittartende uiterstes Jansen bereid is om te gaan. Jansen sê in sy intreerede: “I apologise to every black person on this campus and in this province for our long history of exclusion and marginalisation of black people within this institution. I apologise to every decent [!] white citizen of our university that you were shamed by the Reitz incident” (846). [Volgens Russel Botman aan die US kon wittes nooit genoeg verskoning vir apartheid vra nie (Praag 23 Junie).]

Jansen spesialiseer daarin om heeltemal oorboord te gaan met dinge waaroor hy sterk voel. In die plek van die Reitz-koshuis het die UV deesdae ‘n Institute for Reconciliation and Social Justice, “an attempt to forge new traditions at UFS” (2022). “The mandate of the institute is to research how to heal a nation torn apart by apartheid” (2025). Die instituut wil by voorkeur Engels wees. Aan die hoof is ‘n Afrikaanssprekende oud-onderwyser met ‘n UWK-agtergrond, André Keet, wat (soos bv Henry Jeffreys) graag Afrika-hempies dra (hy is ook lief vir rooi) om hom te help om van bruin tot swart te transformeer. Keet dien as een van Blade Nzimande se verteenwoordigers in die US-raad, waar hy verdere skade kan aanrig. Lees gerus oor hierdie instituut op die UV-webwerf. Mense soos Desmond Tutu, Allan Boesak en Leon Wessels is daar bedrywig. Pas het die instituut begin met die aanbieding van ‘n magisterleergang in Reconciliation and Social Cohesion. Die instituut vervul aan die UV ‘n funksie soortgelyk aan dié van die Sentrum vir Inklusiwiteit aan die US, naamlik om as stormram te dien vir die ideogiese voorkeure of vooroordele van hulle onderskeied rektore, Jansen en tot onlangs Botman.

Een van Jansen se vernaamste ideologiese skuiwe is die instelling van die “F1 (for first year) [dus ‘n Engelse benaming] … an overseas-study programme for first-year students, also known as Leadership for Change. Its goal is to broaden students’ knowledge, to influence them for good” (808). Dít is Jansen se doel as rektor: “Influencing students for good” (961) – “goed” volgens Jansen se verwronge, ideologie-deurdrenkte siening. Blykbaar beskou hy sy rol as rektor as dié van indoktrinasie. “Jansen knew that change was about more than enforcing … He wanted to implement change from the youngest, the newest, upwards” (968).

Wat in die praktyk gebeur, is dat beïnvloedbare eerstejaars aangemoedig word om aansoek te doen vir ‘n twee weke lange oorsese besoek. Die wat vatbaar vir breinspoeling is, word goedgekeur nadat hulle opstelle geskryf het en aan onderhoude onderwerp is. Hulle word veral na Amerika gestuur. Jansen beskou homself as ‘n navolgenswaardige toonbeeld: “His own activism developed when he travelled to the US to pursue his postgraduate studies” (946). Jansen wil klaarblyklik veral wit Afrikaanssprekendes eerder as ander studente verander: “Jansen devised a plan [F1] aimed at ‘complicating their cultural and linguistic and political lives'” (977). Wat swart F1-gangers myns insiens as “voorheen benadeeldes” ervaar, is bevestiging van ANC-ideologie, terwyl wittes as “onbillik bevoordeeldes” gekonfonteer word met verandering/transformasie van hulle “rassistiese” gesindheid.

In 2010 is 75 F1-studente na Amerika gestuur. Teen 2013 was dit 150. Enkeles is toe ook na Asië (bv Japan), Wes-Afrika en Europa gestuur. Maar buite Amerika is daar nie dieselfde entoesiasme om voorheen benadeelde swartes asook wittes met ‘n “aaklige rassistiese verlede” te ontvang nie. Wat ook nie deur Bryson genoem word nie maar wat ek elders gelees het, is dat dit omtrent net wit Amerikaners is wat bereid is om UV-studente (wit en swart) te huisves; nie swart Amerikaners nie. Dit is maar hoe ubuntu in die praktyk werk.

Bryson gee vir ons ‘n kykie in wat met F1-gangers aan Texas A&M University (TAMU) gebeur het.
[A&M verwys na die oorspronklike naam: Agricultural and Mechanical College.] Hulle moes bv ‘n lesing bywoon. “The lecture was given by A&M’s first African American prof. And it was some motivation very applicable to our programme on not only tolerance, but finally celebrating diversity and being able to [live] in an open society, as more diversity equals better success” (1100). “The students attended classes on African history, religion in the Middle East and Arabs in America” (1106). Daar was laatnag-sessies oor bv “race and gender discrimination” (1106). Nkosi Sikelel’iAfrika is by geleentheid gesing (1376). Stephanie Curs se lesing oor “global social-justice issues in agriculture” is ook bygewoon (1132). “The topic turned to parallels between the South African anti-apartheid and US civil-rights movements” (1138).

Van die dinge wat die F1-gangers ingegee word, is “the use of race as one of many ‘plus factors’ in an admissions program that considered the overall individual contribution of each candidate” (1213). ‘n Student verdien bv ‘n aantal toelatingspunte as sy reeds geboorte gegee het. Daar is ook na swart studente se stories geluister, soos die een wat redeneer: “Why would someone hate me, when, in fact, I should be hating them” [“them” = die wittes]. (1268). Daar word verwys na die “violence from racist whites” (1311), maar nie na iets soortgelyks by swartes nie. “How many of the black students would grow up unable to see whites as anything but violent and selfish?” (1350).

Jansen se eie opsomming van die temas wat UV-studente in Texas ervaar is: “racism, slavery, oppression. And, then, hope” (1340). Let op die blatante eensydigheid. Bryson: “The F1 leadership programme strives to teach students exactly this” (1340). Dit blyk dat die hele F1-program aan TAMU deur ‘n swarte, Danielle Harris, ontwerp is (1360). Dit gaan om blootstelling aan “liberal and progressive thinkers” (1446). Die F1-gangers word veral aan swartes (dosente en studente) blootgestel, terwyl tweederdes van TAMU se studente wit is (1911).

Terug in Suid-Afrika word daar van die F1-gangers verwag om hulle nuwe insigte en gesindhede soos ‘n virus op die kampus te versprei: “Attendance at monthly leadership forums is required, as is mentoring first-year students once the F1 students reach their second year” (990). Van hulle word ook verwag “to come up with at least two campus-wide projects designed to pass on what they have learnt. The F1 programme is at the heart of Jansen’s efforts to transform his university” (993). “He says that F1 students have become the political and intellectual centre of the campus” (2345). “They would complain about their professors” (2356). Jansen se doel met die F1-program is selfs “to change South Africa” (1094). Myns insiens is dit ‘n deurtrapte en slu-uitgedinkte indoktrinasieprogram wat die Nazi Joseph Goebbels (1897-1945) se suksesvolste pogings in die skadu kon stel.

Dosente word op dieselfde linkse ideologiese grondslag gewerf. Die doel is bv “to poach top professors from more liberal institutions” (1002). Jansen “brought world-famous black researchers to teach at the university. ‘You will not believe how [academic excellence] undermines racism and racial thinking'” (1005). Hou gerus die UV-webwerf dop om ‘n idee te vorm van die stroom swart en ander linkse elemente wat deesdae op ‘n deurlopende grondslag na die kampus gelok word om hulle linkse oortuigings op die studente en dosente los te laat. Geen poging tot ewewig of ideologiese neutraliteit is aan die Jansen-UV te bespeur nie. Die UV moet ‘n “African university” (1008) na die beeld van Jansen wees. Dit gaan nie primêr om objektiewe, wetenskaplike kennis en geleerdheid nie, maar om “engaged scholarship” (1011), dus inligting wat met bv ANC-ideologie deurweek is. [Plaaslik het “engaged”/betrokkenheid ‘n sterk, verderflike ANC-assosiasie. Kyk bv wat Hein Willemse pas uit sy militante hibriede-oogpunt geskryf het (LitNet 7 deser).]

Bryson geniet die staaltjies wat Jansen vertel. “Jansen found that black students at one residence were forced to take part in a decades-old tradition of honouring the bust of an Afrikaner founding father. ‘There you have black students bowing to a white guy they have no connection to. It’s racist,’ he says. ‘What has meaning for you doesn’t have meaning for the other guy. I’m trying to change the things that are borderline criminal and barbaric'” (1706). Sou dit vir Jansen aanvaarbaar wees as Mandela-verering deur wittes rassisties, feitlik krimineel en barbaars genoem word?

Jansen het vir haatpraak deur blankes, soos vir skynbaar enigiets anders, ‘n verduideliking. “He’s seen that fear in the faces of white South Africans in a class he teaches for first-year students. The topic is how to deal with a shared, violent past” (2032). “One text that Jansen sets is a letter that Martin Luther King Jr wrote from a jail” (2431). “Often, he [Jansen] says, white students write that going over the past just leaves them feeling shame and remorse” (2441). Daar word hier waarskynlik verwys na die verpligte indoktrinasiekursus wat Jansen vir alle UV-eerstejaars ingestel het. Nêrens is daar sprake dat swartes verleë moet voel oor hulle verlede van stamoorloë, leeglê, buitensporig aanteel, terrorisme, misdaad, roofbou met dongas, ens, nie.

In sy intreerede as rektor het Jansen gesê: “I am deeply committed to the promotion of Afrikaans and Sesotho … We will respect the history of this institution and its founding language” (2136). Daardie “founding language” is in werklikheid Engels. Let op hoe hy sy versekering oor Afrikaans verwater deur dit in dieselfde asem as Sotho te noem. Hierbo is ook aangedui hoe die essensie van Jansen se bewind juis die radikale verandering van die UV se institusionele kultuur is; van Afrikaans na Afrikaan. Volgens sy intreerede sou Jansen iedere swart student verplig het om Afrikaans te leer (2145). In werklikheid is dit Jansen wat outoritêr besluit het dat as daar Engelssprekendes by ‘n byeenkoms op die kampus teenwoordig is die voertaal net Engels mag wees. Jansen dink die onderrigtaal-kwessie “will ultimately be resolved in favour of English, as a matter of practicality” (2171). Dit behoort duidelik te wees waarom Chris (Boetman) Louw in 2009 Jansen ‘n wolf in skaapsklere genoem het.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.