SA en Chile verdiep handel en belegging

Deel op

Suid-Afrika en Chile het ooreengekom oor ‘n reeks nuwe maatreëls om handels- en beleggingsbande tussen dié twee lande te verbeter, het RSG berig.

President Jacob Zuma en sy Chileense ampsgenoot, Michelle Bachelet het samesprekings by die Uniegebou gehou. Suid-Afrika en Chile wil in sektore inbeweeg soos energie, verdediging, wetenskap en tegnologie en minerale hulpbronne om die handels-en beleggingsgeleenthede te verbreed.

Zuma sê Suid-Afrika is gretig om met Chile saam te werk in ruil vir kundigheid oor maritieme veiligheid en die benutting van hernubare energiebronne.

Hy sê hulle voorsien ook samewerking tussen die twee lande se Vlote in die lig van die uitgebreide kuslyne en uitdagings soos seerowery en dwelm-en mensehandel.

Suid-Afrika is ‘n groot belegger in Chile se mynsektor en daar is groot moontlikhede vir die uitruil van tegnologie om ‘n veiliger myn-omgewing te bevorder.

Bachelet het toegegee dat baie nog gedoen moet word om handels-en beleggingsbetrekkinge tussen die twee lande te versterk. Sy het gesê haar besoek is deel van die pogings om sterker momentum aan die talle ooreenkomste te gee wat onderteken is.

Daar is ook ooreengekom om ‘n gesamentlike kommissie op die been te bring om die proses te bespoedig.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.