Hulp aan Irak in die vorm van bomme

Deel op

Hulp in die vorm van bomme na Irak is oppad. Enkele dae nadat die VSA Rusland gekritiseer het dat hulle onder die dekmantel van “humanitêre hulp” militêre doelwitte stel, het pres. Barack Obama van die VSA Donderdagaand Amerikaanse lugaanvalle in Irak om “humanitêre” redes goedgekeur.

Die VSA wil klaarblyklik hulle totale mislukking en gru-nalatenskap in Irak met kinetiese humanitêre hulp probeer toesmeer.

Ten einde ‘n “volksmoord” deur Islamitiese ekstremiste op etniese en godsdiensminderhede te voorkom, gaan die VSA Irak verder onder bomme steek. Weens die Amerikaanse inval van 20 Maart 2003 om olie te buit, is die eens florerende land die afgelope 10 jaar in chaos gedompel.

Kospakkies en ander voorrade gaan uit die lug glo nou op ‘n klein groepie Irakkese van die Yazidi-minderheidsgroep neerreën in die jongste reklamepoging om Amerika se verslete beeld te poets.

Hulle is tans deur Isil (Islamitiese Staat in Irak en die Levant) vasgekeer. “Ons kan versigtig en verantwoordelik optree om ‘n moontlike volksmoord te voorkom,” het Obama gesê wat pas wapens aan Israel voorsien het om Palestynse burgerlikes uit te wis.

Die Veiligheidsraad van die Verenigde Nasies het intussen ‘n noodvergadering oor die krisis in Irak belê en die olieprys het op markte in Asië begin styg nadat dit bekend geword het dat Obama lugaanvalle op Isil goedgekeur het.​

“Daarom het ek gelas dat, indien nodig, lugaanvalle op spesifieke teikens uitgevoer word om magte in Irak te help om die beleg te beëindig en die landsburgers wat vasgekeer is, te beskerm.”

Obama het ook gewaarsku dat Amerikaanse vegvliegtuie Isil sal aanval as hulle dit naby die stad Irbil waag waar ‘n Amerikaanse militêre raadgewers die Irakse weermag oplei.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.