Die Kaapse Klopse en absolute skoonheidsnorme

Deel op

Synde ‘n blote derdeklasburger van die Aapzaniese piesangrepubliek, wat agv my gebrek aan melanien minder geskik is om ‘n pos in die formele ekonomie te beklee, sukkel ek so ‘n effe om my derdeklaskop rondom die herrie oor die twee Tukkiedames, wat hulself as ousies aangetrek het tydens ‘n partytjie, te kry.

Eerstens is dié besondere herrie ontketen deur twee dogtertjies van die DA se studentebeweging, die immer-ondepresterende DASO, wat geen verkiesing op die Tukkiekampus kan wen nie. Dié “girly-men” van DASO is geweldig ontstig deur die foto van die twee blanke studentedames wat hulself as ousies aangetrek het tydens ‘n privaatpartytjie, en het dit onmiddellik op Twitter aan die groot klok probeer hang.

delport_manfred_600Goed en wel, DASO se dogtertjies kan hulle meisiebroekies na willekeur bevuil, maar daar is een, klein probleempie vir DASO, wat die DASO-rassismegillers se ganse, histeriese geskree-huil oor sogenaamde rassisme oombliklik vernietig: Die Kaapse Klopse. Laasgenoemde se optog gaan ook onder die besonder politiek-inkorrekte naam van ‘n “coon carnival” gebuk. Elke, iedere Nuwejaar in die Kaap, ja, die einste Kaap wat deur DASO se party, die DA, beheer word, in hul einste leidster, Rooi Helen, se Weskaapprovinsie, is daar ‘n swetterjoel bruines wat hul gesiggies swart verf, en dan, begelei deur vals trompette, ‘n vals gesingery en ewe vals banjo’s, deur die strate van die eweneens DA-beheerde Kaapstad paradeer. Waarom sou die DASO-meisietjies mal raak van histeriese verontwaardiging oor twee Madeliefkoshuismeisies wat hulself as ousies aantrek, maar soos die graf swyg oor ganse troepe bruines wat hul gesigte jaarliks swart smeer in die DA se enigste metropool, Kaapstad, en dan, met die amptelike beskerming van die DA se spietkops, deur die DA-stad, Kaapstad, paradeer, moet ek myself afvra?

Sulke raaisels is egter vêr bo by vuurmaakplek, synde ‘n pigmentgebrekkige derdeklasburger. Kom ek bepaal my eerder by ‘n eenvoudiger vraagstuk: Salomo kon hom destyds verwonder oor die vlug van ‘n arend en die weë van ‘n vrou. Ek verwonder my waarom twee blanke studentemeisies, wat hulself as ousies wou aantrek op ‘n privaatpartytjie, sulke geweldige aanstoot sou kon gee?

Is dit byvoorbeeld erger om jouself as ‘n ousie aan te trek, as om ‘n bejaarde blanke te martel en om petrol in sy keel af te gooi? Laasgenoemde rassistiese haatmisdaad het immers in die afgelope paar dae plaasgevind, maar ek lees hoegenaamd niks daaroor in die linkse haatblad, die Daily Maverick, nie.  Nee, ene Pollak, van die Daily Maverick, kots eerder ‘n haatgevulde stuk PK-drek oor die Tukkiedames se kwansuise rassisme, maar swyg soos die graf oor die blanke omie wat die brandstof in die keel gekry het. Vir Pollak is die marteling ‘n bejaarde Afrikaner se lot, dus van sekondêre belang – hy skuim egter wel om die mond met kranksinnige PK-verontwaardiging agv die denkbeeldige rassistiese misdaad van twee blanke studente.

Is dit dus, in die besonder-beperkte verstand van ‘n Daily Maverick-hoernalis, meer rassisties vir ‘n witte om haar gesig swart te smeer mbv skoenpolitoer, al is dit vir ‘n partytjie, as om brandstof in ‘n bejaarde, blanke oom se keel af te forseer, tydens ‘n rassistiese haatmisdaad? Waarom gee dit sulke geweldige aanstoot wanneer ‘n witte hom as ‘n swarte voordoen, en hom- of haarself soos ‘n swarte aantrek? Is daar ‘n skaamte in sekere groepe waar dit by ‘n tiperende swart voorkoms kom? Is selfs die uitbeelding van ‘n swart gelaatskleur en ‘n dik agterstewe wat, en laat ons eerlik wees, dikwels ‘n swart kenmerk is, aanstootlik en selfs rassisties? Is daar, met ander woorde, ‘n absolute, internasionale norm van skoonheid, waaraan slegs blanke dames voldoen, en is dit gevolglik kwansuis rassisties vir die mooies, die blankes, om hulself swart te laat lyk, en die ander, die allochtone, in die proses sleg te laat voel oor hulself?

Dit lyk tog so, as die vrye mark enige aanduiding sou wees van vroulike aantreklikheid. Die Britse tydskrif, The Economist, berig hier oor die pryse wat prostitute vir hul dienste kan vra. Sonder regeringsinmengery is die prys van dienste of goedere gewoonlik ‘n goeie aanduiding van hul begeerlikheid en gewildheid; ‘n Porsche Carrera is veel meer begeerlik as ‘n Toyota Yaris, veral onder ooms wat ‘n middeljarekrisis beleef, en laasgenoemde word in dié twee se relatiewe pryse weerspieël. The Economist het gegaan en ‘n studie gedoen oor die aanlynprofiele van sowat 190 000 dames van die nag, en tot ‘n voorspelbare gevolgtrekking gekom: Vrouens wat aan Westerse norme van skoonheid voldoen, kan die hoogste pryse vra vir hul “professionele dienste”. Ek haal aan: “The customers who reported encounters to the website we analysed clearly value the stereotypical features of Western beauty: women they describe as slim but not scrawny, or as having long blonde hair or full breasts, can charge the highest hourly rates.

Blanke, slanke prostitute se pryse is dus hoog; deur die bank verdien swart prostitute in Amerikaanse stede minder as hul blanke eweknieë, in New York, Washington en ander VSA-stede. Dus is daar, ten minste onder die mans wat sulke dienste gebruik, ‘n duidelike voorkeur: Die ideale vrou is blank, met lang hare, asook met ‘n slanke liggaamsbou. Wat die stereotipiese swart vrouens wat deur die twee studente uitgebeeld is, aanbetref, wel, hulle pryse in ‘n vrye mark vir prostitusie is heelwat laer, en dus is hulle as’t ware die Yarisse, teenoor die blanke Porsches.

Indien die twee Tukkiedames se satire, of eerlikheid, rondom swart aantreklikheid dan wel rassisties was, is daar ook ander sondebokke – selfs onder swart mans. Tokyo Sexwale, die swart SEB-parasiet, is een voorbeeld hiervan. Hy was naamlik met ‘n jong, blonde, blanke, Judy Sexwale, getroud. Tans is hulle gewikkel in ‘n lelike egskeiding, maar het Sexwale nie, dmv van sy keuse van ‘n vrou, net so rassisties soos die twee blanke Tukkiestudente opgetree nie?

As dit dan voorts rassisties sou wees van die twee studentedames om hulself swart te probeer maak, wonder ek waarom miljarde rande bestee word deur swart vrouens aan produkte soos haarverlengings en velbleikmiddels, om hulself meer wit te laat lyk. Kyk byvoorbeeld na die “blonde” swart sangeres, Nicky Minaj. Sy dra meestal ‘n blonde pruik, om haar natuurlike, Afrikaanhare te probeer verdoesel. Waarom skree-huil hetsy die DASO-meisietjies, hetsy die Daily Maverick se hoernaliste nie eweneens oor haar “rassisme” nie?

Dus; nee wat, die optrede van die twee studente was onskuldige studentepret. Diegene wat hulself te na gekom voel, en wat “rassisme” skree-huil, moet eerder eerlik wees en hulself afvra of daar nie inderdaad ‘n absolute norm van vroulike skoonheid, verpersoonlik deur die Europese vrou, is nie.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.