Hoe werk die kleurrewolusie?

Eva Colinger voer in ‘n artkel op 11 Oktober 2011 op Global Research aan in 1983 het ‘n strategie waarvolgens Amerika van ongemalike regerings ontslae raak genaamd “demokrasie-bevordering”, die lig gesien. Met behulp van ‘n reeks kwasi-private stigtings soos die Albert Einstein-Instituut (AEI), die National Endowment for Democracy (NED, die Internastional Republican Institute NRI), die National Democratic Institute (NDI) en Freedom House, en nog later die Center for Non-Violent Conflict CNVC), het Washington geld beskikbaar gestel en raad aan politieke partye en groepe buitelands gegee ten einde Amerika se agenda te bevorder maar terselfdertyd die betrokke lande en nasies te onderwerp.

Agter al hierdie stigtings en institute is die US Agency for International Development (USAID), die geld-arm van die Amerikaanse departement van buitelandse sake. In 2009 het die sogenaamde “Interagency Counterangency Initiative” amptelike leerstellings van Amerika geword.

Buitelandse sake se onderdepartemente is gerig op “oorgangsinisiatiewe”, heropbou (ook die SA Heropbou en Ontwikkelingsprogram, HOP), konflikbestuur, ekonomiese ontwikkeling, administrasie en demokrasie, hierdie aksies is die hoofkanale waarlangs miljoene dollar gefiltreer word na politieke organisasies, nro’s, studente-organisasies en bewegings ter wille van die wêreldwye Amerikaanse agenda.

Waar ook al ‘n staatsgreep gebeur, is daar ‘n sogenaamde kleurrewolusie of regimeverandering ten behoewe van Amerika en is USAID en ‘n stroom Amerikaanse dollars aan die werk.

Hoe werk ‘n kleurrewolusie? Die resep stem oral ooreen. Studente en jeugbewegings is aan die voorpunt, met ‘n vars gesig wat sy verskyning maak, en sodoende word volgelinge aangetrek asof ‘n mode skielik posgevat het.

Daar is altoos ‘n embleem of logo, ‘n kleur en bemarkingstrategie. In Serwië het die groep OTPOR, wat meegehelp het om Slobodan Milosvich te onttroon, die strate ingevaar met t-hemde, plakkate en vlae in swart en wit as hul simbool van verset.

In die Oekraïne was die kleur oranje, in Georgië ‘n rooskleurige vuis, in Venezuela oop hande in swart en wit om vir ‘n mate van verskeidenheid te sorg.

Kleurrewolusies gebeur in state met strategiese en natuurlike hulpbronne: Gas, olie, militêre basisse en andersins van geopolitieke belang. En hulle gebeur altyd in lande van sosialistiese, anti-imperialistiese oortuigings.

Die bewegings waaragter die Amerikaners sit is gewoonlik anti-kommunisties, anti-sosialities, pro-kapitalisties en pro-imperialsities. Verset en destabilisasie word gewoonlik rondom verkiesingsveldtogte beplan ten einde spanning te skep en vrae oor moontlike bedrog word op die voorgrond gebring ten einde die verkiesings te diskrediteer sou die opposisie verloor.

Dieselfde agentskappe is altyd teenwoordig: USAID, NED, IRI, NDI, Freedom House, AEI en ICNC. Laasgenoende twee sorg vir die opleiding en toerusting aan jeugbewegings, soos aan die ANC-jeugliga. Die strategie beoog ontwrigting van die pilare van die staatsmag, die neutralisering van regeringsmagte en die skep van ‘n gevoel van sensasie, wanorde en onveiligheid.

Kol. Robert Helvey, een van die grondleggers van die strategie en direkteur van AEI, verduidelik die oogmerk is nie die vernietiging van die gewapende magte en die polisie nie, maar eerder hul “bekering” – om hulle oor te haal om die heersende regering te verlaat en hulle aan die verstand te bring “daar is vir hulle plek in die regering van more”.

Die jeug word ingespan ten einde die magte te verswak en dit moelik te maak vir die vasvat van oproer. Sordja Popovic, stigter van OTPOR, het onthul dat Helvey hulle geleer het “. . . om mense soos polisielede in die steslel te kies en aan hulle ‘n boodskap te stuur dat almal slagoffers is, hulle en ‘ons’, deurdat dit nie die werk van ‘n polisieman is om `13-jarige in hegtenis te neem deurdat hy ‘n versetter is nie, byvoorbeeld’…”

In 2003 het AEI hom in Venezuela gevestig. Helvey self het ‘n negedaagse intensiewe kursus aan die Venezuela se opposisie aangebied oor hoe om “demokrasie” in die land “herstel”. Volgens AEI se jaarverslag, het opposisie politieke partye, nie-regeringsorganisasies, aktiviste en vakbonde deelgeneem aan die werkswinkel, om te leer van die tegnieke om ‘n “diktator omver te werp”.

Dit was ‘n jaar ná die mislukte staatsgreep, waar straatgeweld, konstante destabiliseringpogings en ​​’n herroeping van die referendum plaasgevind het. Die opposisie het 60-40 verloor, maar gehuil oor bedrog. Die poging was nie suksesvol nie aangesien honderde internasionale waarnemers, insluitend die Carter Center en die OAS, die proses deursigtig, wettig en bedrog-vry verklaar het.

In Maart 2005 het die opposisie en AEI weer kragte saamgesnoer, maar hierdie keer is die ou politieke partye en leiers vervang deur ‘n uitgesoekte groep studente en jeugdiges. Twee voormalige leiers van OTPOR het gekom van Belgrado, Slobodan Dinovic en Ivan Marovic, om Venezuela se studente in te lig oor hoe om ‘n beweging te bou om hul president omver te werp.

Terselfdertyd, het USAID en NED se befondsing vir die groepe in Venezuela die hoogte ingeskiet tot sowat $9 miljoen. Freedom House het vir die eerste keer ooit aangeland, om saam met USAID en NED te help om die opposisie te konsolideer en voor te berei vir die 2006 presidensiële verkiesings.

ICNC, gelei deur die voormalige Freedom House president Peter Ackerman, het ook begin om die jeug opposisie beweging op te lei, in intensiewe kursusse en seminare in regimeveranderingtegnieke.

Daardie jaar, die nuut-opgeleide studente hul beweging geloods. Die doel was om die verkiesingsproses te belemmer deur ‘n scenario van bedrog, maar dit het misluk. Chavez het die verkiesings met 64% van die stemme ingepalm, ‘n groot oorwinning.

In 2007 is die beweging hervat in reaksie op die regering se besluit om nie die uitsaailisensie van ‘n private TV-stasie, RCTV en ‘n stem van die opposisie, te hernu nie. Die studente het die strate met hul logo ingevaar en saam met die hulp van die hoofstroommedia, internasionale aandag getrek.

Verskeie is deur die Amerikaanse agentskappe gekies en gestuur vir opleiding in Belgrado in Oktober 2007. ‘n Studenteleier Yon Goicochea het selfs ‘n halfmiljoen dollar ontvang vir opposisie-opleiding van die Cato-instituut.

Vandag, is dieselfde studente die gesigte van die opposisie politieke partye, ‘n bewys van die bedrieëry om plaaslike bewegings te gebruik vir ander doeleindes. Die gekleurde revolusies in Georgië en die Oekraïne vervaag en die ontnugterdes se oë begin oopgaan. Die oënskynlike “outonome” bewegings se agenda is ontbloot en hulle besef hulle is geflous.

Die gekleurde revolusies is niks meer nie as die rooi, wit en blou van Amerikaanse agentskappe, wat nuwe en innoverende maniere probeer vind om die Anglo-Amerikaanse Ryk af te dwing.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.