Amnestie Internasionaal (AI) het ‘n ondersoek gevra na die misbruik van mag deur pro-Kiëf vigilantes soos die Oekraïense ultra-radikale LP Oleg Lyashko. Die organisasie het getuienis van gevalle van ontvoering en fisiese geweld teen slagoffers.
Lyashko se sogenaamde “ondervragings” is op sy amptelike YouTube bladsy te siene. Die menseregtewaghond het ‘n verslag uitgereik wat eis dat die wetgewer aanspreeklik vir sy dade gehou moet word.
Amnesty International het sy kommer met die Oekraïense owerhede gedeel oor die ontvoerings en mishandeling van individue in die hele streek, luidens ‘n verklaring.
Lyashenko is ‘n voormalige presidensiële kandidaat wat berug is vir sy anti-Russiese uitsprake.
“Oleg Lyashko is veronderstel om ‘n wetgewer te wees, maar hy het die wet in sy eie hande geneem,” het die verklaring gesê. “Eer aan die Oekraïne, dood aan die teenstanders is sy strydkreet.”
Die wetgewer word altyd vergesel deur gewapende jong mans in militêre klere as hy reis en rekords van sy ontvoerings en mishandeling opneem vir Facebook om daarmee te spog.
Die video’s wys mishandeling wat in stryd is met “die reg op ‘n billike verhoor, vryheid en veiligheid van die persoon, en die reg om nie aan marteling of ander soort mishandeling onderwerp te word nie,” sê AI.