VSA, NAVO verhoog magsopbou teen Rusland

Deel op

Die VSA het in ‘n verdere magsopbou teen Rusland, die missielkruisboot die Vella Gulf na die Swart See gestuur om “vrede en stabiliteit” in die streek te beskerm, het die Amerikaanse vloot in ‘n persverklaring gesê.

Net in Julie, het NAVO nege oorlogskepe na die Swart See gestuur, die grootste aantal NAVO-skepe in die streek die afgelope 10 jaar.

Die VSA se korporatiewe elite probeer met die hulp van NAVO die Koue Oorlog te herloods as ‘n voorwendsel om Oos-Europa se energiebronne te monopoliseer.

“Die Vella Gulf se missie is om interoperasievaardighede te verbeter en te werk na gemeenskaplike doelwitte, om die verbintenis van die Verenigde State tot die bevordering van die gesamentlike veiligheid van NAVO-bondgenote en vennote in die streek te toon,” het die persverklaring gesê.

Die Ticonderoga-klasvaartuig het aangekom in die Swart See om by te dra tot “die maritieme veiligheid van die streek, opleidingsmissies uit te voer en NAVO bedrywighede te ondersteun”. Vella Gulf se tuishawe is Norfolk, Virginia.

Die hoof van NAVO, Anders Fogh Rasmussen, sal Donderdag die Oekraïne besoek te midde van die volgehoue Amerikaanse militêre opbou in die streek.

Rusland het ontken dat hulle ‘n inval op die Oekraïne beplan en sê daar is satellietbeelde wat as getuienis kan dien dat Rusland nie besig is om sy soldate op sy grens met die Oekraïne te groepeer nie.

Ten spyte daarvan sê NAVO Rusland het sy magte op die grens “vermeerder”.

Rusland het aangebied om direkte internetkommunikasie met Amerikaanse verdedigingspersoneel op te stel om hulle van die nodige data te voorsien.

Intussen het Admiraal John Kirby aan die media by ‘n DoD-inligtingsessie gesê hulle het nie werklik inligting oor wat aangaan op die grens tussen Rusland en die Oekraïene nie. Die inligting waaroor hulle beskik, is “onbetroubaar” het Kirby gesê. Hy weet nie of daar “swaar militêre toerusting” oor die grens geskuif word nie. Voorheen het die VSA beweer sulke toerusting word verskuif.

Rasmussen beweer daar is vrese dat Rusland op militêre gebied kan probeer ingryp onder die voorwendsel van ‘n “humanitêre of vredesoperasie” soos wat Amerika graag doen.

Daar is reeds meer as ‘n duidend mense dood in Kiëf se aanvalle op selfverdedigingsgroepe en talle soldate het gedros na Rusland omdat hulle nie meer kans sien om hul eie mense dood te maak nie, ten spyte daarvan dat die junta verpligte diensplig ingestel het.

Amerikaanse hoofstroommedia is genooi om eerstehands te berig oor die drosters, maar wou nie die nuus dek nie. Daar word vermoed dat die Amerikaanse vise-president Joe Biden – wie se seun Hunter by die oorlog vir gas in die Oekraïne betrokke is – die sensuur rig.

Die Amerikaanse Minister van Verdediging, Chuck Hagel, het verder die oorlogskoors probeer aanwakker deur te gewaarsku dat “die risiko van ‘n Russiese inval aan die toeneem is”.

Die Oekraïense weermag is tans besig om na Donetsk op te ruk, die grootste stad wat deur selfverdedigingsgroepe beset word.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.