Klagtes van intimidasie, ontvoering, aanranding teen Thandi Modise

Deel op

Aanklagte van intimidasie, aanranding en ontvoering is ingedien teen twee mense op die plaas van die voorsitter van die Nasionale Raad van Provinsies, Thandi Modise, het RSG berig.

Die uitvoerende direkteur van die Nasionale Dierebeskermingsvereniging, Marcelle Meredith sê die aanklagte is gelê teen Modise se woordvoerder en ‘n persoon wat die plaas in Noordwes bestuur.

Dit hou verband met ‘n voorval op 29 Julie toe DBV-inspekteurs die plaasdiere wou inspekteer.

Modise se woordvoerder, Neo Moepi het na bewering die plaasbestuurder beveel om die inspekteur se voertuigsleutels weg te neem.

Meredith sê Moepi het hulle ook op die eiendom toegesluit en wou hulle nie uitlaat nie.

Die polisie en DBV-inspekteurs het verlede maand op dooie en verwaarloosde diere op Modise se plaas naby Potchefstroom afgekom.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.