Amerikaanse vise-president dink Afrika is een land

Deel op

Vise-president Joe Biden het tydens sy toespraak by die Verenigde State-Afrika-beraad Dinsdag, verwys na Afrika as ‘n “nasie”.

Afrika is, natuurlik, ‘n kontinent met 54 lande. Met verwysing na Afrika en die mees winsgewende nasies in die wêreld, het vise-president Biden gesê: “Daar is geen rede hoekom die nasie van Afrika nie kan behoort tot die geledere van die wêreld se mees welvarende lande in die nabye toekoms nie, in die dekades wat voorlê.”

Gaste by die beraad het president Zuma vroeër staande toegejuig.

Biden se seun Hunter het ook reeds vir groot omstredenheid gesorg. Hy is op die direksie van Burisma aangestel, ‘n gasmaatskappy in die Oekraïene wat nie deel van Rusland wil wees nie en vermoedelik agter die onrus sit.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.