Suid-Afrika tref voorsorg teen Ebola

Deel op

Soos in die meeste gevalle waar ‘n Ebola-epidemie uitbreek, is dit maklik om die oorsprong van die siekte vas te stel.

Die VSA se Centre for Disease Control, CDC sê op hul inligtinstukke oor die oorsprong van die virus dat Ebola van hospitale en inentings kom.

Die CDC feiteblad beweer ook dat Ebolasterftes in 1976 veroorsaak is deur “… [noue persoonlike kontak en deur gebruik te maak van besmette naalde en spuite in] hospitale/klinieke”.

In die tweede Ebola-uitbreking in 1976 in Soedan het 151 mense omgekom, en is die siekte “hoofsaaklik deur noue persoonlike kontak binne hospitale versprei,” sê die CDC.

Suid-Afrika het glo intussen voorsorgmaatreëls getref by lughawens. Volgens die Verenigde Nasies is meer as 887 mense reeds daaraan dood sedert die epidemie uitgebreek het.

In Nigerië is ‘n tweede geval dié week bevestig bevestig. Die dokter wat die eerste geval behandel het, het nou die siekte onderlede. Nog agt van die mediese personeellede wat die pasiënt behandel het, is onder kwarantyn geplaas.

Die departement van gesondheid sê daar is reeds by OR Tambo-lughawe temperatuurskandeerders en isolasiekamers ingerig om passasiers met ‘n hoë temperatuur uit te wys.

Die departement en die burgerlugvaartowerheid sal ook die week met bewusmakingsveldtog vir alle lughawepersoneel by Lanseria begin.

Die oorsprong van die huidige Ebola-epidemie is klaarblyklik die Kenema-staatshospitaal in Sierra Leone.

Die hospitaal huisves ‘n Amerikaanse navorsingslaboratorium wat onder meer deur die Bill en Melinda Gates-stigting asook die Soros Stigting geborg word.

Wetenskaplikes by die laboratorium doen glo sedert 2011 navorsing oor virale koors soos Ebola.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.