Zuma kry staande applous in Washington

Deel op

President Jacob Zuma het ‘n staande applous in Washington ontvang nadat hy voorgestel het dat Israel en Palestina Suid-Afrika se voorbeeld moet volg om hul gewelddadige geskille op te los.

Zuma het by die Nasionale Persklub in die stad gepraat, waar die VSA-Afrika Leiersberaad aan die gang is.

Hy het gesê dat Suid-Afrika nie van Israel se ambassadeur Arthur Lenk ontslae sal raak nie, ten spyte van die aandrang daarop.

Zuma het gesê hy glo Suid-Afrika is ‘n voorbeeld van hoe om versoening na te streef.

Hy het gesê: “Ons kom van ‘n konflik wat niemand gedink het ooit opgelos sou word nie, [naamlik] geïnstitusionaliseerde rassisme in Suid-Afrika.”

Zuma het ook die US Chamber of Commerce toegespreek tydens ‘n ontbytsessie.

Zuma het in beide toesprake gevra dat die Africa Growth and Opportunity Act (Agoa) verleng word vir nog 15 jaar.

Sommige lede van die Amerikaanse Kongres sê Suid-Afrika as ‘n middel-inkomste land en behoort uit die vrye-handelsooreenkoms uitgesluit te word.

Intussen het Israel en Hamas ingestem tot `n nuwe skietstilstand van 72 uur. Die skietstilstand het Dinsdagoggend om 7:00 Suid-Afrikaanse tyd begin. Dit is die jongste van vele vrugtelose pogings om die geweld in Gasa te beëindig.

Samesprekings in Kaïro in Egipte het tot die deurbraak gelei. Die samesprekings is deur Hamas en verskeie ander groepe van Palestina bygewoon, maar nie deur Israel nie.

Die Egiptiese regering het die Palestynse eise Maandagaand aan Israel voorgelê. Byna 2000 Palestyne is reeds in die geweld dood.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.