Die simulakrum van progressiwiteit

Deel op

deur Götterdämmerung

Ek was nog altyd onder die indruk dat vordering sou aandui dat daar ʼn verbetering is vanaf dít wat was tot dít wat nou is. So het ons vordering getoon vanaf grotte na huise, vanaf vingerprentjies teen genoemde grotmure na die geskrewe woord en pragtige stukke kuns, vanaf klippe rondsleep na die wiel (en uiteindelik die binnebrandmotor), vanaf somme op ons vingers doen na kragtige rekenaars die grote van ons mobiele telefone wat komplekse wiskundige algoritmes kan bereken. Tegnologies het ons oor die laaste paar honderd jaar baie vordering getoon. In Engels word daar verwys na “progress” wat natuurlik die direkte vertaling van die Afrikaanse woord “vordering” is.

060214hutchison2Ook op geestelike gebiede (waaronder morele waardes, sedes en etiek) het ons vordering as ʼn samelewing getoon. Sekere samelewings het meer gevorder as ander en party het glad nie gevorder in hierdie opsig nie. Deur hierdie ontwikkeling (of vordering) het ons ons weg oop gevind om te kan onderskei tussen reg en verkeerd, wat aanvaarbaar is en wat nie. Sekere optredes en aksies was taboe en sommiges was nie net taboe nie maar is so afskuwelik dat dit teen ons menslikheid indruis. Dit is hierdie eienskap van lewende denke wat ons van die diereryk onderskei.

Verkeerdelik was ek  van mening dat “vordering” en “progressief” nabye sinonieme is, maar dit wil eerder voorkom asof die term “progressief” deur Angel-Saksiese kultuurmarxisme gekoöpteer is in die taal van politieke korrektheid. Blykbaar beteken “progressief” nou iets heeltemal anders as wat ek en jy dink dit beteken – wat dit is vind ons maar daagliks uit soos diegene wat hulself as progressief bestempel die betekenis aanpas soos wat die wind waai.

Eweneens is die begrip van morele waardes, sedes en etiek ook daagliks ondergeskik aan herdefinisie soos wat progressiewe goed dink. Dermate dat dit nou esoteries van aard is. Ons gewone sterflinge is nie beskore om te verstaan nie aangesien ons nie progressief genoeg is om die hekwagte te wees van wat moreel, sedelik of eties is nie. Dit is slegs ʼn piepklein groepie beskore wat sterk herinner aan die Melvilliete van Naspers, wat dan in die bybels van die hoofstroommedia as onweerlegbare waarheid verkondig word.

Dinge is deesdae so progressief dat dit die indruk skep dat ons samelewing teen die spoed van die heilige wit Eland agteruit boer. Die vaart van die progressiewe treintjie raak al hoe doller en hoekom dit nog nie ontspoor het nie is vir my ʼn raaisel. Wat ek wel weet, is dat die progressiewe lot netjiese karikature van hulself maak.

Die gedagte dat progressiwiteit die absurde gaan probeer vermag, spook al ʼn wyle by my. Ons het alreeds ervaar hoe die normalisering van die een taboe na die ander werklikheid word. Sulke taboes moet genormaliseer word andersins kan almal nie gelyk wees nie. Gereeld word een of ander woordjie met die aanhangsel van “fobie” voor behoudende mense se koppe gegooi wanneer die “nuwe normaal” nie aanvaarbaar is nie. Tereg begin mense wonder wie is nou eintlik in beheer van die Malhuis.

Daar is egter  onaanvaarbare gedrag wat tot nou die strop vrygespring het juis omdat dit die meeste teen die morele aard van die Westerling indruis. Die samelewing vind hierdie gedrag en dade so afskuwelik dat dit wydverspreide veroordeling verdien wanneer dit plaasvind – dit is die eeue oue ontwikkeling van ons geestelikheid wat ons noodsaak om dit te veroordeel. Dit beteken nie dat pogings om hierdie afwykende en antisosiale gedrag te normaliseer deur die mees progressiewe van progressiewes nie daagliks plaasvind nie. Solank jy net nie die “misdaad” van  rassisme pleeg of jou verskuldig aan ‘n (aanhangsel)-fobie nie, is enigiets mos aanvaarbaar, normaal en regverdigbaar.

Kort-kort lees mens dinge wat die hare in jou nek laat opstaan en daardie olierige gevoel op jou maag veroorsaak. Jy seg onmiddellik vir jouself: “Hier kom moeilikheid, nie vandag nie, dalk nie more nie maar binnekort.” En so was dit ook onlangs vir die uwe – verskeie artikels, berigte, gespreksforums en blogs het die nekhare laat regop staan, daai Sondagoggendbabelasgevoel op die maag gegee en ek seg vir myself: “Gaan ons dit rêrig toelaat?”

Ons almal weet dat daar verskeie afskuwelike dade is wat indruis teen alles wat die mens as goed en reg vind. In my boek is daar twee antisosiale dade wat kop bo water staan. Misdade teenoor vroue en kinders. Meer spesifiek, seksuele misdade teenoor vrouens en kinders. Jare se ondervinding in wetstoepassing het my geleer dat daar weinig ander misdade is wat so bytend en vernietigend is. Dit ontneem menslikheid, dit breek die psige en laat littekens na wat bitter min, indien ooit, genees. Dit tas hele gemeenskappe aan.

Pedofilie (seksuele misdade teenoor kinders) lê my naby aan my hart. Miskien omdat ek self jong kindertjies het en ys by die blote gedagte dat een of ander roofdier daar buite my kinders iets sal aandoen of miskien is dit omdat die wêreld so ʼn siniese plek is en kinders se onskuld dit weerspreek. Kinders is ons kosbaarste geskenk en indien ʼn mens dit nie kan insien nie, het hy of sy niks in die samelewing verloor nie. Selfsug is nie ʼn verskoning om nie kinders as ʼn gawe te erken nie.

My reis om te verstaan dat die normalisering en aanvaarding van pedofilie nie net moontlik is nie maar wel waarskynlik is, het vroeg verlede jaar begin toe ek gelees het van Allen Ginsburg – erkende leier van die homoseksuele beweging in Amerika in die 1960s wat gesê het: “Naked kids have been a staple of delight for centuries, for both parents and onlookers. So to label pedophilia as criminal is ridiculous.” Skokkend en walglik. Maar hierdie karakter staan nie op sy eie nie – hy het baie hulp om hierdie sienswyse die wêreld in te stuur

Die American Psychiatry Association (APA) het homoseksualiteit herklassifiseer vanaf ‘n afwyking na seksuele oriëntasie. Hierdie selfde  organisasie het nie te lank gelede nie gepoog om dieselfde te doen met pedofilie maar is goddank deur wydverspreide teenkanting gekeer. Ek glo vir geen oomblik dat dit die laaste keer is dat hierdie linkse organisasie sal probeer nie.

Nie lank nadat ek bewus geword het van hierdie verwikkelinge nie, verskyn ‘n berig rakende die Pedophile Information Exchange (PIE) en die Britse Arbeidersparty se huidige leierskap wat gekonkel het in die 1970s en vroeë 80s om die instemmingsouderdom te verlaag.

Skielik begin berigte van soortgelyke agteraf gekonkelry tussen pedofiliegroepe, homoseksuele drukgroepe, politici, joernaliste en meningsvormers die lig sien. Veral Brittanje blyk onderhewig aan die plaag te wees waar selfs die Konserwatiewe Party vrot van progressiewe liberalisme is. En ons weet hoe graag ons plaaslike oes van progressiewe liberale, met hulle erge aanvalle van anglofilie, enigiets verorber wat vanuit die kwien se land afkomstig is. In die Europese Unie beveg ‘n georganiseerde pedofiliegroep hul verbanning in die hoogste howe – met bystand van progressiewe liberale regskenners.

Gegewe die gebrek aan kritiek op Islam waar kinderbruide nie net goedgekeur word nie, maar ook verkieslik is en die storm wat losbars wanneer enigiemand behoudend dui op inheemse Afrikagebruike van geforseerde kinderbruide en Vigs-genesing– selfs om sover te gaan om mense wat dit uitlig onthef te kry van hul poste – dui daarop dat daar alreeds ʼn stille goedkeuring is vir hierdie afskuwelike afwyking.

Binnekort is dit volskaalse normalisering en gedwonge aanvaarding. Verwag die neologisme pedofobie om binnekort sy verskyning te maak.

Feministe is vinnig om te praat van die “oorlog” teen vroue, die patriargale houding van mans jeens vrouens, die “verkragtingskultuur” wat onder mans “heers”. Absurde terme soos “mondelingse verkragting” en “visuele verkragting” doen wyd die rondte. Dit maak ʼn bespotting van ʼn ernstige aangeleentheid.

Ek onthou ʼn insident verlede jaar op Twitter waar ʼn feministiese joernalis aangevoer het sy is deur haar vriendin se vorige kêrel verkrag. Dat sy blykbaar onder die invloed van alkohol was, dat sy die aantyging gemaak het maande ná die insident en dat die horisontale rumba wedersydse goedkeuring gehad het op daardie tydstip – tot sy die volgende oggend wakker geword het en getref is deur spyt en ʼn intense skuldgevoel – was blykbaar nie van toepassing nie . Toe is dit verkragting, sy kon die arme man na hartelus beswadder en wee enigiemand wat haar weergawe in twyfel trek. Feministe het rondom haar gekoek soos bye om hul koningin – en om dieselfde rede ook.

Suid-Afrika is die verkragtingshoofstad van die wêreld, Islam vind dit heel aanvaarbaar dat mans vroue verkrag (soms is dit selfs geregverdig want die vrou het een of ander obskure reël van Mohammed oortree) en bitter min sal enigiemand ʼn haan daaroor hoor kraai. Maar boetie jy moet sien as ʼn sleg blanke werfbobbejaan ʼn vrou verkrag – die gifpyle vlieg hoog en suiwer. Selektiewe moraliteit op sy beste.

En toe lees ek van Richard Dawkins, doyen van militante ateïsme,  progressiewe liberaal en algemene aangename persoon om mee ʼn gesprek te voer – veral as jou sienswyse net 100% lynreg met syne ooreenstem. Meneer Dawkins probeer toe mos onderskei tussen verskillende soorte verkragting – dat een minder ernstig as ʼn ander is. Die absurditeit van sy uitsprake het my sprakeloos gelaat.

Ek was sprakeloos maar nie gedagteloos daaromtrent nie. Veertig jaar gelede was die blote gedagte aan homoseksualisme as aanvaarbaar absurd, dertig jaar gelede was die gedagte aan homoseksuele huwelike die dwalinge van ʼn geestesversteurde. Vandag is beide nie net aanvaarbaar nie, die normalisering daarvan is voltrokke. Hemele behoed enigiemand wat durf om daarteen uitspraak lewer. Sien julle waarheen ek gaan hiermee? Die normalisering en aanvaarding van verkragting – maar net vir sekere kleure en geure omdat dit deel van hul kultuur en geloof uitmaak. Morele en sedelike waardes geherdefinieer, baie dankie!

Hierin lê die simulakrum  van die progressiewe. Daar is geen progressiwiteit te bespeur nie, geen vordering om ‘n beter toekoms na te laat nie. Eerder word ons deur ‘n klein groepie sosiopatiese en psigopatiese bullebakke geforseer om agteruit te beweeg, regressief terug te gaan na vergane tye. Selfsug en nihilisme laat dit toe. Om dít wat deur ons voorouers – deur eeue se ontwikkeling – as afskuwelik en onaanvaarbaar verklaar is te omhels, te aanvaar, te normaliseer. Wat is dan volgende? Nekrofilie? Bestialiteit? Bloedskande? Waar eindig die krans en waar begin die afgrond?

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.