Amerika draai geldkraan oop vir Afrika

Deel op

Suid-Afrika sal vandag die kwessie van die Israelse-Palestynse konflik direk met die Amerikaanse regering ophaal. Kabinetsministers woon vandeesweek saam met President Jacob Zuma ‘n Amerika-Afrikaberaad in Washington by, het RSG berig.

Die minister van internasionale betrekkinge, Maite Nkoana Mashabane sê die land sal in sy hoedanigheid as vriend van die Palestyne die saak aanroer.

Sy sê die VSA het ‘n verantwoordelikheid om die waansin en sinnelose sterftes te help beëindig.

Mashabane meen die res van die wêreld kan nie eenvoudig toekyk en wag vir Israel en Hamas om die vrede te bewerkstellig nie.

Intussen sal Amerika na verwagting tien miljard rand se saketransaksies, ‘n verhoging in geld vir “vredesoperasies” en nog miljarde rand vir die uitbreiding van kos- en kragprogramme in Afrika op die beraad aankondig.

Amerikaanse amptenare hoop die beraad van 50 Afrika-staatshoofde in Washington sal Amerikaanse belange in die vinnig groeiende streek onderskryf deur ‘n reeks regerings-en privaatvennootskapstransaksies om handel en beleggings te bevorder.

Amptenare het vrae oor of die beraad in reaksie op China se toenemende teenwoordigheid in Afrika is, ontwyk.

‘n Woordvoerder van die Amerikaanse agentskap vir Internasionale Ontwikkeling, Rajiv Shah sê daar sal grootskaalse aankondigings wees wat betref aansienlike verhogings in privaatsektorsteun vir Amerikaansgesteunde kos-en landbouprogramme in Afrika.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.