Hierdie staat is so dood soos ‘n vark

Deel op

As ons eerlik is, is Verwoerdianisme of afsonderlike ontwikkeling nooit veel van ‘n kans gegee om te slaag nie. Skaars het dit in die vroeë sestigerjare beslag gekry of dit is met fanfare afgeskiet.

Suid-Afrikaners behoort dieselfde ongeduld met die huidige pseudo-demokrasie te betoon. Ná 20 jaar is dit glashelder watter klugtige mislukking dit is. Ministers, wat die staatskas leeg steel, laat diere op plase sonder kos en water vrek.

roodt_fbfotoSo pas gister het ons uitgevind dat “doktor” Pallo Jordan, ‘n grootkop in die ANC wat eens die Franse parlement toegespreek het terwyl Mbeki besig was om sy roes in ‘n hotelkamer af te slaap, oor sy PhD gelieg het. Vele senior bedryfslui, soos die hoof van die SAUK, het nie eens matriek nie en lieg dáároor ook. Leuens, grypsug, diefstal, misdaad, moord en doodslag vier hoogty.

In enige normale demokrasie sou die regering reeds lankal moes bedank het en die stelsel grondig hersien gewees het. Vanweë Suid-Afrika se sieklike pro-Britse en polities korrekte hoofstroommedia, gebeur dit egter nie. Telkens word daar net naarstig na nóg ‘n pleister gesoek om op die mislukkende stelsel te plak.

Die woord “demokrasie” is besig om in ons land dieselfde wrang smaak te ontwikkel as wat dit in die DDR (“Duitse demokratiese republiek”) of Pol Pot se “Demokratiese Kampoetsja” gehad het. Hoe gouer ‘n devolusie van mag plaasvind sodat gewone mense inspraak in regering kan verkry, hoe beter. Die etniese en talige mosaïek wat Suid-Afrika is, moet erken word.

“Nasiebou” is ‘n dooie vark wat reeds lankal sonder kos of water gevrek het. Kom ons begrawe hom nou finaal en gaan met ons lewens aan.

Geen Afrikaner behalwe Roelf Meyer het ooit tot hierdie grondwet ingestem nie. Dit is slu en ondemokraties op ons afgedwing. Afrikaners moet nou opstaan en die leiding neem om die land uit die gemors te red waarin die marxistiese oligargie van Joe Slovo, Ronnie Kasrils, Gill Marcus en ander Rooi gespuis ons gedompel het.

Indien die ou stelsel toegelaat was om voort te bestaan, sou dit natuurlikerwys tot ‘n konfederasie of kantonstelsel ontwikkel het, met die tuislande wat groter en outonome kantons sou gevorm het. Dorpe en stede sou groter magte verkry het en iets soos Pretoria en sy omliggende gebied waar die meeste Afrikaners woon, sou insgelyks tot ‘n Afrikanervolkstaat ontwikkel het waarbinne ons taal, kultuur en gewoontes bewaar sou gebly het.

Pleks daarvan het Suid-Afrika die Zimbabwe-pad van revolusie, radikalisme, grondhervorming en antiblanke rassisme gekies. Dis egter nog nie te laat nie.

Ek het min vertroue in die vorige geslag van Afrikanerleiers, asook diegene wat by die formele partypolitiek betrokke is. Hul soort ingeburgerde baantjie-vir-boeties-kultuur verhoed ons om vooruitgang te maak. Daar word baie gekla en gepraat, maar nie veel gedoen nie.

Ons eerste groot taak is om die dooie vark te begrawe. Hierdie stelsel diskrediteer homself, maar dit moet nogtans baie duidelik uitgespel word, sowel binnelands as buitelands.

Wat PRAAG betref, werk ons nou in topversnelling op sosiale media en op die internet, maar ook agter die skerms op ander gebiede, om die noodsaak van verandering te beklemtoon. Ons moet die howe, internasionale instellings, asook lydelike verset, gebruik om die “valse god” van die 1910-staat tot in die grond af te breek.

Laasgenoemde uitdrukking (die “valse god”) kom uit Koos Malan se boek, Politokrasie – ‘n Peiling van die dwanglogika van die territoriale staat en gedagtes vir ‘n antwoord daarop, waarin hy ‘n historiese blik bied op die opkoms van die Westerse sekulêre staat wat heelhuids deur die swartes van Afrika oorgeneem is, tesame met die koloniale grense! Terwyl die swartman elke dag gal braak oor rassisme, kolonialisme en blanke oorheersing, gedra hy hom in sy verknogtheid aan Westerse staatlikheid soos ‘n kinderlike na-aper van blanke gebruike en ideologieë.

Die Afrikaner is polities en strategies nie baie slim nie – vandaar ons huidige verknegting – maar ons is oorspronklik. Net gister val my oog weer op Van Wyk Louw se pleidooi vir oorspronklikheid in Maskers van die Erns.

Selfs Einstein het gesê dat “verbeelding kragtiger as intelligensie is”. Uit die Afrikaner se oorspronklikheid en skeppingsdrang het Afrikaans, die Boererepublieke, asook ons eens voortreflike eerstewêreldstaat met sy onderwys, weermag, kunsterade, wetenskaplike navorsing, ens., ontstaan.

In elke stereotipe uitdrukking skuil ‘n greintjie waarheid. Só is dit ook met “‘n Boer maak ‘n plan”. Die huidige onsekerheid in die land is ons vriend, nie ons vyand nie. ‘n Mens skep uit chaos, nie uit orde nie. Soos NP van Wyk Louw dit stel:

“Op gebiede waar ons sekerheid kan hê, is verdere oorspronklikheid uitgesluit.”

Die Engelsman in Suid-Afrika het dít in gemeen met die swartman dat hy iets van elders wil kopieer, selfs plagiariseer. Vandaar sy slagspreuk, “Brits is beter”, waarmee een mislukte Britse resep ná die ander op ons Suid-Afrikaanse situasie toegepas word. Die Engelse is ten minste ewe skuldig aan die huidige stelsel as die korrupte swart elite, indien nie meer nie.

Deel van PRAAG se strategie is om Engelse denke in Suid-Afrika op elke moontlike gebied te lyf te gaan. Die Engelse raak onseker, dis waarom hulle tjank as Steve Hofmeyr Die Stem sing. Dis nóú die tyd om hulle meedoënloos te kritiseer, selfs te bespot, soos dit laas in die 1930s en 1940s onder Afrikaners gedoen is.

Net soos die Engelsman in sy voortvarendheid en grootheidswaan die etiket van “apartheid” op die Afrikaner geplak het, moet ons nou die skande van dié “demokratiese mislukking” op hom plak. Elke hoender wat vrek, elke plaas wat verval, elke gat in die pad, elke sent wat gesteel word, moet aan die adres van die Engelse beterweters gerig word. Jare lank het hulle ons belowe dat die utopie sou aanbreek as daar net ‘n Westminster-stelsel van “een-mens-een-stem” ingestel sou word. Wel, ons beleef nou die fameuse Rooinek-utopie in sy skitterende glorie. Net soos hulle ons nooit van apartheid gaan laat vergeet nie, moet ons hulle tot in aller ewigheid aan die Groot Gemors van 1994-2014 herinner. Ons kinders moet in die skole daarvan leer en ons kleinkinders moet dit nog ontleed as ‘n waarskuwing van wat gebeur as jy jou ore aan Engelse uitleen.

Ons sal ‘n oorspronklike nuwe stelsel moet bedink. Maar eers sal dié een geheel en al in duie moet stort. Ons moet hom nie red nie. Net soos wat die swartman oor ‘n groepstrategie beskik om slegs sy eie ras te bevoordeel, en die Engelsman insgelyks na sy Angel-Saksiese Ryk en sy eie sak omsien, moet ons eie groepstrategie wees om na Afrikaners om te sien.

Afrikanerkapitaal sal gemobiliseer moet word om grootliks ‘n eie ekonomie en infrastruktuur op te rig, naas die Suid-Afrikaanse wat gedoem is om tot op die vlak van Zimbabwe s’n te verval.

Ons kán dit doen. Ná die verwoesting van verskroeide aarde in 1902 het ons weer opgestaan. Ons het die droogte en Groot Depressie van die 1930s oorkom. Ons sal die huidige ineenstorting ook oorleef en beter en sterker anderkant uitkom.

Daar is lankal vanuit Londen, asook die ryk Engelse voorstede van Johannesburg en Kaapstad, ‘n semantiese oorlog teen die Afrikaner verklaar. Kom ons begin nou antwoord met grofgeskut, op hierdie webblad, op Twitter, Facebook en oral waar ons kan.

Hierdie staat is nie so dood soos ‘n mossie nie. Hy is so dood soos ‘n vark. En geen kwotaveearts van Onderstepoort gaan weer lewe in hom kan blaas nie. Ook nie Naspers se Koos Bekker met sy miljarde vanuit die suide van Frankryk of waarhy ook al partytjie hou nie.

Kom ons begin dit net sê. Ons kort “spraakhandelinge” soos een of ander Amerikaanse filosoof dit genoem het. Sommer baie daarvan. En voor ons oë sal die klug van die Ruwe Suid-Afrika wegkwyn. Meer presies: wegvrot. Soos Thandi Modise se varke, hoenders en bokke. Of Pallo Jordan se doktorale graadsertifikaat.

Laat die Britse Interhamwe in ons land die hasepad begin kies soos laas toe hulle mekaar vertrap het om voor De la Rey en sy manne by Magersfontein weg te kom!

Kom ons looi die bliksems.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.