Oos-Kaapse regering red Mandela-beeste, óók sonder voer

Deel op

Die Oos-Kaapse regering moes verlede week ‘n “reddingsoperasie” loods by die wêreldberoemde en skatryk Mandela-familielandgoed te Qunu om te keer dat hul beeste nie ook weens verwaarlosing vrek soos Thandi Modise se diere nie.

‘n Hele span staatsveeartse, wat met behulp van regstellende aksie aan Onderstepoort afgestuurd het, het hom vergesel.

Die plaasbestuurder, Siyakudumisa Gabada, het die situasie op die plaas as “baie moeilik” beskryf aangesien sy adellike meesters verkies om op vliegtuie in die eersteklaskajuit rond te kerjakker eerder as om na hul beeste om te sien.

“Daar is nie genoeg gras vir die beeste om te vreet nie,” sê Gabada. “Die beeste het baie maer geword en is in ‘n verskriklike toestand. Een van hulle het reeds weens hongersnood gevrek.”

Hy het egter belowe “dit sal nie weer gebeur nie” nadat die staatsveeartse die diere ondersoek het.

Mandela se kleinseun, kaptein Mandla Mandela, het erken dat die beeste en plaas “nie in ‘n bevredigende toestand is nie”. Volgens hom ondersoek die Mandela-sibbe “moontlike oplossings”.

Mandla Mandela het ook verwys na “uitdagings” (challenges). “Dié tyd van die jaar verloor ons as gemeenskap baie beeste en skape as gevolg van die droogte. Soos u kan sien is daar kwalik enige gras op die plaas oor. Daar is ook ander uitdagings, soos die bestuur van oorbeweiding op die plaas.”

Heilige beeste, soos Opperman sou sê... Maar op die Mandela-plaas sonder voer gelaat
Heilige beeste, soos Opperman sou sê… Maar op die Mandela-plaas sonder voer gelaat

Die LUR vir grondhervorming, Qoboshiyane, het voortgegaan deur te sê: “By nadere ondersoek na die kudde, was daar ‘n mengsel van die goeie en die kommerwekkende. Ek is egter bekommerd dat ons as departement moes terugkom om saam met die plaasbestuurder en die Mandela-familie te werk. Die beskikbare voer en water op dié plaas is tans nogal krities.”

“Madiba” soos Mandela in die Naspers-media bekendstaan, het in sy testament verklaar:

“Dit is my hartewens dat die boerderybedrywighede en grondhervorming op Qunu ná my dood sal voortgaan en dat die Nelson Nelson Rolihlahla Mandela-familietrust sal voortgaan om die bestuurder aan te hou wat tans die bedryf bestuur en om ‘n geskikte plaasvervanger te vind indien hy nie meer vir diens beskikbaar sou wees nie.”

Die bedryfshoof van die Mandelas se agri-onderneming heet Wiseman Qingana. As ‘n Xhosa en iemand wat lank beeswagter was, het Nelson Mandela ‘n groot liefde vir beeste gehad. Volgens Wiseman Qingana het hy en Mandela dikwels vergader om die welsyn van sy kudde te bespreek.

“Madiba het by die kraal of in die veld na ons to gekom en altyd oor dieselfde dinge uitgevra: hoe dit met sy beeste gaan, of hulle gesond is, of hulle gedip is en of ons vir hulle inspuitings gegee het.”

Selfs kort voordat hy in Desember 2013 die tydelike met die ewige verwissel het, het Mandela gevra om sy vee te sien.

Vrydag het die departement die Mandela-beeste gratis ingeënt en van hulle se horings afgesny, asook 30 gekastreer om die kudde se aanwas te beperk. Sestig bale lusern is goedgunstiglik deur die departement aan die Mandelas beskikbaar gestel.

Volgens die departement wou hy ‘n herhaling van die Thandi Modise-episode voorkom, aangesien dit nie bevorderlik vir die Mandela-handelsmerk sou wees indien nog ‘n skandaal oor dieremishandeling op Qunu uitbreek nie.

Mlibo Qoboshiyane sê: “Die Thandi Modise-situasie is vir die regering en ontluikende boere ‘n les… almal met lewende hawe is daartoe geroepe om na hulle om te sien… ons wil ‘n soortgelyke situasie as dié wat ons die afgelope weke gesien het, verhoed.”

Verlede maande het die Dierbeskermingsverenging Thandi Modise se plaas van 488ha naby Potchefstroom besoek nadat inspekteurs ‘n dringende hofbevel teen die ANC se hoë dame verkry het, in ‘n poging om die diere te probeer red.Honger varke op die plaas het reeds die karkasse van hul dooie eweknieë begin vreet.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.