Gedokter Pallo Jordan

Die Sunday Times berig dat senior lid van die ANC, die LP Pallo Jordan nie die akademiese kwalifikasies het wat hy beweer hy behaal het nie.

Volgens die publikasie, kon verder geen bewyse gevind word dat die kêrel, wat na homself as “Dr” verwys, al ooit ‘n eredoktorsgraad ontvang het nie.

Jordan het geen grade of diplomas aan die Universiteit van Wisconsin-Madison of die London School of Economics (LSE), die twee instellings aangehaal op sy CV, ontvang nie.

Hy het geen formele tersiêre akademiese kwalifikasies hoegenaamd nie, het die publikasie berig.

Die kantoor van die registrateur by LSE het gesê: “Ons kan geen rekord van Zwelidinga Pallo Jordan vind wat ‘n PhD van die instelling verwerf het nie.”

Die koerant het gesê hulle het probeer om die man te kry om sy kwalifikasies te bevestig, maar sonder sukses.

Die kantoor van die studentdiensteregistrateur van die Universiteit van Wisconsin-Madison het bevestig dat Jordan daar was, maar hy kon net 97 krediete tussen 16 September 1963 en 24 Februarie 1964 behaal en het nog nooit sy graad voltooi nie, volgens die koerant.

Die Sunday Times het ‘n lang uitruiling van sms-boodskappe tussen Jordan en die betrokke joernalis geplaas.

In een boodskap, het Jordan beloof om die nodige dokumentasie gereed te hê, maar dit het nie gerealiseer nie.

Jordan het later aangedui dat die joernalis sy amptelike biograaf kan wees in ruil daarvoor om nie die storie te publiseer nie.

Aan die einde van die teksboodskappe, het Jordan die joernalis gedreig dat hy Times Media (eienaars van die Sunday Times) gaan dagvaar.

“Vertel my, is Tokyo (Sexwale) steeds die eienaar van Times Media? Ek sal nie ‘n ou vriend hof toe vat nie, maar ek sal jou kaal uittrek, na die droogskoonmakers plus die wassery! So doen wat jy wil!”

Die Regering se Kommunikasie-en Inligtingsdiens het gesê hulle kan nie kommentaar lewer nie.

Jordan, ‘n eersterangse Boerehater is ‘n voormalige minister van kuns en kultuur, minister van omgewingsake, en die minister van pos, telekommunikasie en uitsaaiwese.

Jordan was net vier of vyf tree links agter die terroris Ruth First, Joe Slovo se vrou, toe sy die ewigheid ingestuur is met ‘n briefbom. In teenstelling met Ruth, het Jordan die aanslag danksy haar oorleef.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.